Newsflash (with isiZulu Translations): Moving Forward in 2025!
October 18, 2024
Newsflash (with isiZulu Translations): Prayer Days for Children & AFM Welfare Weekend – Faith in Action
November 1, 2024
Newsflash (with isiZulu Translations): Moving Forward in 2025!
October 18, 2024
Newsflash (with isiZulu Translations): Prayer Days for Children & AFM Welfare Weekend – Faith in Action
November 1, 2024

Hulpbronne

GEBEDSDAE VIR KINDERS: 2-3 NOVEMBER

Gebed vir ons kinders is noodsaaklik omdat dit God se beskerming, leiding, en seëninge in hul lewens innooi. In ’n wêreld vol uitdagings en versoekings het ons kinders die krag en beskerming nodig wat net God kan bied. Ons moet vir hulle bid en hulle lei om God lief te hê en te eer. Psalm 103:17 (NLV) “...Die liefde van die Here is altyd daar vir hulle wat Hom dien. Sy trou geld vir geslag na geslag...”. Deur te bid, vra ons die Here om oor hulle te waak, om hulle te help om wyse keuses te maak en in geloof te groei.

Die Bybel moedig ons aan om God se wysheid en beskerming vir ons geliefdes te soek. Filippense 4:6 sê: "Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking, met danksegging, aan God bekend." Hierdie vers herinner ons daaraan dat ons oor alles moet bid, insluitend ons kinders se welsyn en toekoms. Ons gebede kan hulle help om sterk, liefdevolle en gelowige individue te word wat ferm in hul oortuigings kan staan.

Gereelde gebede vir ons kinders en kleinkinders is ’n kragtige manier om liefde en vertroue in God se beloftes vir hul lewens te toon. 

Laat ons ook BID vir ons matrikulante en elke ander leerder wat hul eindjaar eksamens skryf. Bid vir kalmte en helder gedagtes – waar daar vrees is, laat dit vervang word met moed en selfvertroue. Ons weet dat ons kinders tot alles in staat is deur Christus wat hulle versterk!

AGS WELSYN NAWEEK: GELOOF IN AKSIE!

Beplanning is onderweg vir die 2024 AGS Welsyn Naweek wat jaarliks op die AGS Kalender voorkom en vanjaar plaasvind van Vrydag, 29 November tot Sondag, 1 Desember. Die tema is: “Geloof in Aksie”.

Vroeër vanjaar, toe ons die AGS se 116de verjaardag gevier het, het ons ons “Missionale Kerk Aksies” weer bekendgestel (https://afm-ags.org/afm-missional-plan/) – een van hierdie aksies is “Sorg vir jou Gemeenskap”. Ons as AGS Familie stel belang in ander en reik uit na dié wat lewensuitdagings in die oë staar. Ons is ‘n Kerk wat betrokke is by die mense van ons plaaslike gemeenskappe en die uitdagings wat ervaar word. Ons is ‘n Kerk wat omgee en intree – baie van ons AGS Gemeentes doen reeds wonderlike werk op hierdie gebied van ons Kerk se missionale aksies.

Vanjaar moedig die AGS Welsyn ons Gemeentes aan om drie aksies uit te voer wat onmiddellik gemeenskapsbetrokkenheid sal versterk. Vir meer inligting oor hoe jou AGS Gemeente kan belyn met die nasionale AGS Welsyn Naweek, verwys na die jongste Omsendbrief van die Hoofsekretaris:

https://afm-ags.org/media-articles/

Vriendelike Groete!
Henri Weideman