
Newsflash (with isiZulu Translations): A Special Message on Women’s Day
August 8, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): The AFM of SA’s Response to the CRL’s Call to Regulate Religion
October 10, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): A Special Message on Women’s Day
August 8, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): The AFM of SA’s Response to the CRL’s Call to Regulate Religion
October 10, 2025
AGS Kollega,
AANMOEDIGING VIR GR 12’S EN STUDENTE
Terwyl ons matriekleerders vir hul eindeksamen voorberei, moet hulle daaraan herinner word dat hierdie seisoen nie net oor toetse op papier gaan nie, maar ook oor groei in geloof, dissipline en deursettingsvermoë. Dieselfde geld vir studente in hulle onderskeie studiejare.
Maak asseblief tyd om vir die Graad 12's en studente in u gemeente byeenkoms te bid. Herinner hulle daaraan dat God hulle die vermoë gegee het om te leer, te verstaan en om sukses te behaal. Hulle moet kalm bly, hul bes doen en Hom vertrou met die res. Die Bybel herinner ons in Filippense 4:13 (AFR’83) "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee." Dit beteken dat dit nie saak maak hoe uitdagend die eksamen mag lyk nie, leerders en studente is nie alleen nie: God se krag is elke tree van die pad beskikbaar, maar hulle moet ook hul deel doen.
Berei ywerig voor, rus wanneer nodig, en bid vir gemoedsrus en helderheid van gedagtes. Onthou, jou waarde word nie deur jou punte bepaal nie, maar deur wie jy in Christus is. As jy by elke eksamenlokaal instap, dra selfvertroue, nie vrees nie – want dieselfde God wat jou so ver gebring het, sal jou tot sukses dra.
Spreuke 16:3 (AFR’33/53) herinner ons ook, "Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk." So, vertrou jou studies en jou toekoms aan Hom, doen die beste wat jy kan ter voorbereiding en glo dat Sy planne vir jou goed is. Hou geloof, bly gefokus en eindig sterk - jy is gemaak vir hierdie oomblik!
WAARDERING VAN ONS SENIOR LIDMATE
Vandag wil ek ook ons pastore daaraan herinner om tyd af te staan om ons senior lidmate te eer en te waardeer wat getrou met God gewandel het en Sy mense oor die jare gedien het. Hulle reis van geloof, gebed en deursettingsvermoë is 'n lewende getuienis van God se genade en goedheid. Hulle het 'n fondament wat vir die volgende geslag gebou is deur hul voorbeeld van standvastige liefde, integriteit en toewyding aan Christus. Die wysheid wat hulle deel en die opofferings wat hulle gemaak het, inspireer ons steeds om getrou in ons eie roeping te wandel. Die Bybel sê in Spreuke 16:31 (AFR ’83) “Ouderdom is 'n sierlike kroon; dit word bereik deur die wat reg lewe.”
Die ouderdom van ons seniors is 'n kroon wat 'n lewe in geloof en diens weerspieël. Soos die apostel Paulus, kan hulle waarlik sê, “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou.” - 2 Timoteus 4:7 (AFR’83).
Kom ons bedank ons seniors dat hulle ons gewys het en steeds wys, wat dit beteken om getrou te bly in elke seisoen van die lewe. Kom ons bid God se voortdurende krag en seëninge op hulle, sodat hulle met vrede en vreugde kan lewe, omring deur die liefde en dankbaarheid van diegene wie se lewens hulle geraak het. Ons seniors moet weet dat hulle diep gewaardeer word, innig geliefd is en dat hul nalatenskap vir die komende geslagte vrugte sal afwerp.

LAAI DIE VOLGENDE DOKUMENTE AF

Ek herinner jou graag om die volgende belangrike dokumente af te laai vanaf die AGS van SA webblad:
- Die Nuutste AGS-omsendbrief: Pastore Waarderings Maand – Oktober 2025
- Die 2026 AGS van SA Nasionale Kalender (Opgedateer: Oktober 2025)
- Die AGS van SA se Reaksie op die CRL se Oproep om Godsdiens te Reguleer
Al hierdie dokumente is beskikbaar op die AGS van SA se webtuiste by die volgende skakel: https://afm-ags.org/media-articles/.
Vriendelike Groete!
Henri Weideman


