Newsflash (with isiZulu Translations): Prayer Days for Children & AFM Welfare Weekend – Faith in Action
November 1, 2024Newsflash (with isiZulu Translations): Navigating Times of Crisis & Opportunity
November 22, 2024Newsflash (with isiZulu Translations): Prayer Days for Children & AFM Welfare Weekend – Faith in Action
November 1, 2024Newsflash (with isiZulu Translations): Navigating Times of Crisis & Opportunity
November 22, 2024Hulpbronne
BESTUUR TYE VAN KRISIS EN GELEENTHEDE
As Christene en leiers is ons nie net toeskouers nie, maar aktiewe deelnemers aan die vorming van die wêreld. Dit is belangrik om positief te praat oor en te bid vir ons land se stabiliteit en groei. Kom ons tree in gebed vir Suid-Afrika en vra vir wysheid, vrede, beter dienste, 'n sterk ekonomie en eenheid.
Vandag se wêreld staar baie uitdagings in die gesig. Polities sukkel verskeie nasies met onstabiliteit, interne konflikte en toenemende wêreldwye spanning. Ekonomies het mense te doen met inflasie, werk onsekerheid, hoër lewenskoste en die voortslepende gevolge van oorlog en die pandemie. Klimaatsverandering bring uiterste weer mee - vloede, droogtes en veldbrande - wat dringende optrede vereis.
Geestelik soek mense na hoop en betekenis, sommige vind vertroosting in hul geloof, terwyl ander verlore of geïsoleerd voel. Dit is moeilike tye, maar dit is ook oomblikke wat geleenthede bied -geleenthede om oplossings te soek, hoop te bied en 'n positiewe verskil te maak in 'n onsekere wêreld. Mag God ons help om die geleenthede wat aan ons gebied word, te sien en te benut om die lewens van mense aan te raak en Sy Koninkryk te bou.
AGS Welsyn Naweek: Geloof in Aksie
eplanning is onderweg vir die 2024 AGS Welsyn Naweek wat jaarliks op die AGS Kalender voorkom en vanjaar plaasvind van Vrydag, 29 November tot Sondag, 1 Desember. Die tema is: “Geloof in Aksie”.
Vroeër vanjaar, toe ons die AGS se 116de verjaardag gevier het, het ons ons “Missionale Kerk Aksies” weer bekendgestel (https://afm-ags.org/afm-missional-plan/) – een van hierdie aksies is “Sorg vir jou Gemeenskap”. Ons as AGS Familie stel belang in ander en reik uit na dié wat lewensuitdagings in die oë staar. Ons is ‘n Kerk wat betrokke is by die mense van ons plaaslike gemeenskappe en die uitdagings wat ervaar word. Ons is ‘n Kerk wat omgee en intree – baie van ons AGS Gemeentes doen reeds wonderlike werk op hierdie gebied van ons Kerk se missionale aksies.
Vanjaar moedig die AFM Welfare ons Gemeentes aan om drie aksies uit te voer wat onmiddellik gemeenskapsbetrokkenheid sal versterk. Vir meer inligting oor hoe jou AGS Gemeente kan belyn met die nasionale AGS Welsyn Naweek, verwys na:
https://afm-ags.org/afm-welfare-weekend-2930-nov-1-dec-2024/
Vriendelike Groete!
Henri Weideman