Vrydag, 1 Maart

Laai die PDF weergawe hier af:

 1 MAR AFR 2019

Kollega,

Ek vertrou dat dit met jou goed gaan! Neem asseblief kennis van die volgende belangrike persverklaring wat vandag deur die AGS uitgereik is:

AFM MEDIA STATEMENT
REGARDING THE FAKE RESURRECTION DISPLAYED ALL OVER THE MEDIA

Om hierdie persverklaring af te laai, besoek gerus die onderstaande skakel op die AGS webblad:
http://afm-ags.org/category/media/

In vandag se Nuusflits deel ek graag met jou ‘n paar strategiese kwessies vanuit die Nasionale Ampsdraers se vergaderings. Ek herinner jou weer aan die nuwe datums vir die AGS Nasionale Konferensie in September. Verder verloop die NOB Bemagtigingsbesoeke uiters goed en ons wil jou aanmoedig om by ons aan te sluit op een van die oorblywende datums.

1. STRATEGIESE KWESSIES VANUIT DIE NASIONALE AMPSDRAERS VERGADERINGS

  • Studente Bediening by Hoër Onderwys Instellings

Die Nasionale Ampsdraers van die kerk is tans besig met gesprekvoering oor die belangrikheid van die AGS se fokus op en belegging in die befondsing van kampus bedieninge op die verskeie kampusse in ons land en om AGS Studente verenigings te ondersteun. ‘n Hele paar AGS studente verenigings is alreeds geregistreer en bedien studente op verskeie kampusse. ‘n Ontmoeting tussen die leiers van kampus bedieninge en die Ampsdraers word beplan vir Junie 2019.

  • Krimpende gemeentes

Die Ampsdraers is bewus van verskeie gemeentes in veral plattelandse gebiede wat om verskeie redes krimp.  ‘n Ad hoc kommittee is deur die Nasionale Leiers Forum (NLF) aangewys om die saak te ondersoek. Die welstand van gemeentes is ‘n baie belangrike saak en verdien die voortdurende aandag van plaaslike, streek en nasionale leierskap. Die Nasionale Ampsdraers oorweeg tans verskeie moontlikhede.

  • Multikulturele dienste en -gemeentes

Die ampsdraers het onlangs gesprek gevoer met pastore en rolspelers met kennis en ervaring ten opsigte van multikulturele dienste en -gemeentes. Die deelnemers het hulle ervaringe in die oorgang van ‘n mono- na ‘n multikulturele benadering, en die lesse wat hulle geleer het gedeel. ‘n Opvolg byeenkoms met meer rolspelers en met die oog daarop om ‘n praktiese strategie ten opsigte hiervan te ontwikkel, word beplan.

  • Kerkplanting

Die Ampsdraers voer gesprek oor en is in konsultasie met verskillende rolspelers ten opsigte van die ontwikkeling van ‘n kerkplanting en -groei strategie vir die AGS.

2.  2019 AGS NASIONALE KONFERENSIE

Let asseblief daarop dat daar ‘n verandering in die datum van die 2019 Nasionale Konferensie is. Weens die beskikbaarheid van die lokaal is die datum een ​​week vroeër en die konferensie begin nou met die aanddiens op Sondag 15 September en eindig met die aanddiens op Woensdag 18 September 2019. Die konferensie word aangebied by:

Lighthouse Ministries, Voortrekkerstraat 275, Parow, Kaapstad.

Daar sal PCD sessies wees van 10:30 tot 12:30 en 14:00 tot 15:30 op Maandag 16 en Dinsdag 17 September 2019. Bywoners van die sesses kan 5 PCD-krediete per dag verdien, altesaam 10 krediete vir die twee dae.

3. NOB BEMAGTIGINGSBESOEKE 2019: ‘N SPESIALE UITNODIGING

Hiermee rig ons ‘n spesiale uitnodiging aan al ons pastore, lede van die beheerliggame, ons nasionale jeug asook leiers in die kerk om vanjaar se NOB (Nasionale Ampsdraers) bemagtigingsbesoeke by te woon. Die formaat is ‘n kombinasie van video materiaal, NOB aanbiedings, interaktiewe dialoog sessies en geleenthede vir netwerk en verhoudingsbou. Hierdie jaar is ons tema:
Facing the Future with Lessons from the Past

Om die program vir beide Vrydag en Saterdag af te laai, besoek gerus die onderstaande skakel:
http://afm-ags.org/category/events/ . Die volgende datums en plekke is bevestig:


Seën!
M.G. Mahlobo

Spread the word...