Spesiale Opdatering: Vanaf die 60ste Nasionale Leierskaps Forum
Vrydag, 15 November
Geagte Kollegas,
Die 60ste Nasionale Leierskaps Forum (NLF) sedert die kerk se eenheid, is die afgelope week vanaf 11 tot 14 November 2019 in Gauteng gehou. In hierdie spesiale nuusflits deel ons drie belangrike sake.
1. DIE PROSES VIR VERKIESING
Tydens hierdie vergadering is wysigings aan die Reëls van Orde rakende die verkiesing van die Nasionale Ampsdraers vanaf 2020, afgekondig. Meer inligting oor die proses, insluitend die datums vir 2020, is aan Streekleiers beskikbaar gestel en sal ook tydens die NOB se Bemagtigingsbesoeke aan die streke gedurende die eerste paar maande van 2020 bespreek word.
Election of National Office Bearers
2. PASTORALE WELSTAND: RESULTATE
Die vergadering het ook kennis geneem van die resultate van die Pastorale Welstand-opname wat gedurende hierdie jaar onder ons pastore gedoen is. Jy kan op die onderstaande skakel toegang tot die resultate van die opname verkry. Die verslag deel interessante statistieke en belangrike inligting rakende die bediening, fisieke, finansiële en persoonlike lewe van ons pastore en gemeentes. Neem kennis van die belangrikste fokus areas wat Pastorale Welstand moontlik kan verbeter.
Survey Results NOB Visits PASTORAL WELLNESS
3. NOB BEMAGTIGINGSBESOEKE AAN STREKE 2020
Let op die datum van die 2020 NOB-bemagtigingsbesoek in jou streek (soos aangedui op die nasionale AGS-kalender). Maak seker dat jy dit bywoon, aangesien dit ‘n hele paar onderwerpe van belang vir die kerk sal dek, soos:
1. Die rol en funksie van ‘n Pastoor binne ‘n Missionale kerk.
2. Vroue in leierskap.
3. Die impak van die bediening op die kinders van pastore.
4. Kerk te wees in die markplein.
5. Die nominasieproses en datums vir die verkiesing van die Nasionale Ampsdraers in 2020.
Seën!
MG Mahlobo