Laai die PDF weergawe van die Spesiale Nuusflits hier af:
SPESIALE NUUSLFITS!
VERBREDING VAN DIE AGS SE EKUMENIESE BETROKKENHEID EN ‘N OPROEP VIR NOODVERLIGTING VIR DIE SKADE VAN SIKLOON IDAI
Liewe Kollega,
Die Nasionale Ampsdraers (NOB) van die AGS van SA wil graag die bostaande aangeleenthede onder die aandag bring van ons lidmate, pastore en ekumeniese vennote.
1. Verbreding Van Die AGS se Ekumeniese Betrokkenheid
Een van die drywers van die AGS se strategiese plan, die “One AFM Game Plan” (http://afm-ags.org/leading-the-afm/one-afm-game-plan/), is Ekumeniese Verhoudinge. Die AGS erken die liggaam van Christus as kerke en organisasies wat in die Drie-eenheid glo en glo dat die Skrif deur die Heilige Gees geïnspireer is, en waar moontlik werk die AGS met hulle saam.
Die AGS van SA is in ekumeniese verhoudinge met die volgende organisasies: The Pentecostal World Fellowship (PWF), The Evangelical Alliance of South Africa (TEASA), Empower 21 en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK).
Daar is gemeen dat indien die AGS se globale impak verbreed wil word moet ‘n aansoek om lidmaatskap van die Wêreldraad van Kerke (WRK) ondersoek word. Die adjunkpresident van die kerk, Dr. J.J. La Poorta was versoek om ‘n dokument in hierdie verband op te stel, wat deur die NOB sowel as die Nasionale Leierskapsforum (NLF) van November 2018 oorweeg is. Die vergadering het besluit dat die dokument aan alle lede van die NLF beskikbaar gestel word vir hul oorweging en insette. Tydens die NLF-vergadering van Maart 2019 is die dokument oorweeg en aanvaar.
Die volgende hoofafdelings van die dokument het die NLF gelei in sy besluit om aansoek te doen om lidmaatskap van die WRK (Wêreldraad van Kerke), naamlik die teologiese en Bybelse rasionaal van ekumenisme, eenheid en “fellowship” soos uitgedruk in die werk van die WRK vandag.
2. Oproep Om Noodverligting In Die Skade Van Sikloon Idai
Die president van die AGS van SA, Past. George Mahlobo, het reeds gevra vir noodverligting om ons lidmate en ander individue in nood in veral Mosambiek, Malawi en Zimbabwe te help. In Mosambiek alleen word meer as 900 000 kinders geraak met sommiges wat van hulle families geskei is. Ons susterkerk in Zimbabwe, die AGS in Zimbabwe, koördineer noodverligting vir die geaffekteerde gebiede in Zimbabwe. Om hulp in Zimbabwe te verleen, kontak asseblief die AGS-leierskap in Zimbabwe.
In die lig van die Cholera-uitbraak in en om Beira, fokus ons op Mosambiek en Malawi.
Skenkings in die vorm van kontant, nie-bederfbare voedsel, mielies, klere, komberse en enigiets wat gesinne kan help om hul huise op te rig, is welkom. Die Nasionale Leierskapsforum (NLF), asook sommige van die streekstrukture van die AFM, het reeds ‘n aansienlike bedrag van R240,000.00 in hierdie verband geskenk, maar meer is nodig.
BYSTAND VIR MOSAMBIEK
Word deur Middel van AFRICAN MISSIONS gestuur.
Materiaal en kosvoorrade kan afgelewer word te:
PLOT 147, Hebronstraat, HAAKDOORNBOOM, PRETORIA.
Donasies kan in die volgende rekening inbetaal word:
ABSA, Africa Missions, Rekeningnommer: 60174970
Tak: Pretoria Noord (Gebruik universele takkode)
*Spesifeer asseblief wie die deposito maak.
*Gebruik asseblief die volgende kodes:
Dakmateriaal vir Mosambiek en Malawi – Moz/Mal A
Vir voedsel, vervoer ens. vir Mosambiek en Malawi – Moz/Mal B
Vir enige verdere inligting kontak:
Projek Bestuurder (Mosambiek/Malawi Verligtingswerk): Drienie Jacobs 079 622 4053
Admin: Gary Gilmore 071 986 2270
Kantoor: 012 642 2965 / 012 542 2998
BYSTAND VIR MALAWI
Waar nege (9) AGS-kerkgeboue beskadig is en ongeveer 600 AGS lidmate geraak word. Dit moet deur die AGS Mpumalanga Hoëveldstreek gestuur word wat noodhulp daar koördineer.
Finansiële donasies kan in die volgende bankrekening inbetaal word:
AGS Mpumalanga Hoëveld Streek, Absa Bank, Rekeningnommer: 4054151766
Tak: Middelburg, Verwysing: Malawi Projek
Vir verdere inligting:
Past Victor Sibiya (Streeksleier): 082 744 4505
Laat ons voortgaan om te bid vir almal wat geraak is deur hierdie natuurlike ramp, vir diegene wat geliefdes en huise verloor het. Ons harte gaan uit na elke persoon tydens hierdie moeilike tyd.
Seënwense
AGS van SA Ampsdraers