Pastorale Brief 4de Kwartaal

Laai die PDF weergawe hier af:

 Pastorale Brief 4de Kwartaal 2018 WEB

Liewe Kollega,

Die einde van 2018 is besig om nader te kom en ons kyk na die nuwe jaar met hoop en vars verwagtinge.  2019 dui op ‘n belangrike jaar vir die Suid-Afrikaanse nasie omdat dit ‘n algemene verkiesingsjaar is. Ons sien ‘n sterk beweging in Suid-Afrika na korporatiewe of verenigde gebedsvergaderings en byeenkomste. Up4SA is so ‘n inisiatief met die doel om eenheid in ons plaaslike gemeenskappe te bring deur gebed.  Dit is ‘n aksie wat deur ons plaaslike AGS gemeentes geneem kan word wat direk die implementering van missionale kerk bevorder – soos beskryf in ons One AFM Game Plan.

Dit is ‘n aksie wat deur ons plaaslike AGS gemeentes geneem kan word wat direk die implementering van missionale kerk bevorder – soos beskryf in ons One AFM Game Plan.”

My vraag aan jou is:  Het jy ‘n gebedspunt in jou plaaslike gemeenskap?  Ek vra al ons pastore en gemeenskapsleiers om biddend te oorweeg om vrywillig ‘n gebedspunt in jou plaaslike gemeenskap te koördineer.  Elke leier of vrywilliger ontvang ook ‘n hulpbronpakket en sal toegerus word om die gebedspunt te koördineer.  Kom ons bedek ons nasie met gebed deur die Up4SA gebeds-inisiatief gedurende 2019 (22-24 Februarie).  Informasie is beskikbaar vanaf:

http://afm-ags.org/category/media/
https://www.facebook.com/Up4SA/
Past. Robbie Black 082 462 1540

LAAT ONS BID!

Past. M.G. Mahlobo – President van die AGS van SA

Januarie maand word spesifiek opsy gesit vir gebed en vas in die AGS van SA.  (Laai die AGS se nasionale kalender af by:  http://afm-ags.org/category/media/.)  Elke plaaslike gemeente se leierskap besluit op die aanvang, die wyse en duur van gebed en vas.  Ek versoek alle AGS pastore en lidmate om hulle te verbind tot gebed en vas gedurende die maand van Januarie 2019.  Alhoewel elke gemeente self sal besluit op die fokus van gebed is my versoek dat die volgende gebedsitems ingesluit sal word:

Suid-Afrika se algemene verkiesings sal bepaal wie die volgende President van ons land sal word.  Die datum van die komende verkiesings moet nog aangekondig word deur die Staatspresident.  Ons moet bid vir vredevolle en suksesvolle verkiesings.

Die AGS Internasionaal (The AFM International) sal hulle Driejaarlikse Konferensie in Nairobi (Kenya) aanbied op 19-24 Augustus 2019.  Hierdie konferensie sal onder andere besprekings insluit oor die status van AGS kerke in al die lande waar die AGS voorkom.  Die AGS se lede lande is in verskillende fases van groei op hulle pad na selfonderhoud, selfbestuur en selfvoorplanting.  In menige van hierdie lede kerke is daar ‘n behoefte na leierskapsontwikkeling en die vestiging van bestuurstrukture.  My versoek is dat jy bid vir die suksesvolle Driejaarlikse Konferensie in Kenia en vir die groei van al die lede kerke.

Meeste van julle is bewus dat die 25ste Wêreld Pinkster Konferensie wat plaasvind in Calgary (Kanada) op 27-30 Augustus 2019, een van die globale gebeurtenisse is wat ek bevorder.  Die AGS is ‘n aktiewe lid van die Wêreld Pinkstergemeenskap wat hierdie Konferensie saamroep.  Dit sal bygewoon word deur verteenwoordigers van Pinksterkerke van regoor die wêreld en aangebied word onder die tema:  “Spirit Now!”  Sonder gebed mag ons planne dalk nie slaag nie.  Ek beroep my op ons pastore en lidmate om te bid vir die 25ste Wêreld Konferensie in Kanada.

“…laat ons bid vir ‘n groot oes van siele gedurende 2019 en vir die transformasie van ons gemeenskappe deur die krag en teenwoordigheid van die Heilige Gees.”

GAME PLAN IMPLEMENTASIE: ‘n INSPIRERENDE STORY

Past. Johan Brits – Fokus Deo Gemeente (Modimolle Limpopo)

Tydens die Algemene Besigheidsvergadering (General Business Meeting – GBM) wat gehou is in September was daar een aanbieding wat gefokus het op die suksesvolle implementasie van die “One AFM Game Plan” drywers.  Hierdie aanbieding is nou beskikbaar in artikel formaat en wys hoe die “Game Plan” drywers geimplementeer kan word op ‘n praktiese wyse.  Past. Johan Brits van die Fokus Deo gemeente vertel ons hulle inspirerende verhaal:

PAS AAN BY VERANDERING:  OP ‘n MISSIE VIR N NUWE ENGELSE DIENS

“Ons is die AGS/AFM in Modimolle, Limpopo (geleë in die middel van die dorp) en is deel van die Familia Dei Netwerk.  Ons het opgemerk dat menige families dorp toe trek vanaf die “township” wat ons met die volgende vraag gelaat het: Waar sal hulle kerk toe gaan? Ons het gesien dat hulle nie teruggaan na die kerk in die “township” nie en het besef dat ons ‘n tuiste vir hulle kan word!  Hierdie gedagte verskuiwing het gekom nadat die leierskap die “Walk Thru the Bible:  High Impact Church”-kursus gedoen het.  Daar het ons besef dat dit nie saak maak wat die grootte van jou kerk is nie, maar wel wat die impak van jou kerk op die gemeenskap is.  Die leierskap het die besluit geneem om ‘n Engelse diens aan die begin van 2017 te vestig en het die volgende beginsels aanvaar:

“…dat dit nie saak maak wat die grootte van jou kerk is nie, maar wel wat die impak van jou kerk op die gemeenskap is.”

  • Ons fokus op die middelkas persoon in die dorp. Ons fokus nie op die “township” nie, want daar is reeds ‘n AGS kerk wat ‘n geestelike tuiste is vir menige gelowiges.
  • Ons voorsien nie vervoer van veraf plekke nie – ons fokus is op ons onmiddellike gemeenskap.
  • Dit is nie ‘n multi-kulturele diens nie. Ons sien dit is ‘n moderne Engelse diens waar alle kleure en kulture die diens bywoon (daar is selfs Duitsers wat ver ry om die diens by te woon).
  • Ons is ‘n moderne gemeenskap en het ‘n moderne diens met multi-media.  Dienste is nie langer as 1 uur en 15 minute nie.
  • Ons het nog nie ‘n orkes nie, maar ons sien dit nie as ‘n struikelblok nie. Ons gebruik video om ons liedere aan te bied (en die mense is gaande daaroor!).
  • Die pastore werk doelbewus daaraan om enige rassekwessies uit die weg te ruim en praat openlik daaroor met die gemeente.
  • “Fellowship” is baie belangrik. Ons maak kontak en bou verhoudige oor ‘n koffie/tee/beskuit na en tussen die dienste.

Ons kerk se leierskap het besluit:  Dit is nie “ons” en “hulle” nie, maar net ONS, dieselfde gemeente, net ‘n ander diens presies soos die res maar in Engels.  Ons preek dieselfde boodskap in hierdie Engelse diens as wat in die Afrikaanse dienste gepreek word.
“Ons preek dieselfde boodskap in hierdie Engelse diens as wat in die Afrikaanse dienste gepreek word.”
Om hierdie Engelse diens in ons gemeenskap te begin was dit nodig om veelvuldige aksies en strategieë te beplan. Ons het begin deur pamflette te druk en dit oral moontlik uit te deel – by skole en op straat. Ons het selfs ons huidge gemeentelede gevra om hierdie pamflette na hulle werksplekke te neem. Ons het ‘n straat-braai in die hoofstraat van ons dorp gehou en het 1,000 worsrolletjies gratis weggegee! Ons het mense vertel van ons nuwe diens, hulle die pamlfette gegee en vir hulle gebid. Ek het baie keer gegaan (en ek doen dit steeds) na die hoofstrate op ‘n Saterdagmôre met my Bybel in my hand. Ek het met mense gepraat, saam met hulle gebid en hulle uitgenooi na ons kerk – so het ek mense na Jesus gelei, nuwe lidmate bekom en hulle gedoop! Ons doen kerk veldtogte (vanuit Walk Thru the Bible) gedurende ons dienste – dit veroorsaak dat die gemeente groei deur bywoning en selgroepe. Jy kan hulle webtuiste besoek by:  www.bible.org.za.  Ons doen projekte wat uitreik na skole en besighede – met die intensie om hulle bekend te stel aan die kerk.


Met die hulp van ‘n goeie vriend, Pastoor Elvis Mvulane het ons die Engelse diens begin met 20 mense.  Die gemiddelde bywoning van ons Engelse diens is nou 120 mense per Sondag.  Dit het in so ‘n mate ontwikkel dat ons ‘n pastoor het (wat in Alberton woon) wat 180km elke Sondag ry om te help met die prediking en huisbesoeke. Vier maande nadat die Engelse dienste begin is het ons die behoefte raakgesien vir ‘n Engelse Sondagskool – en huidiglik bedien ons 60 kinders op ‘n Sondag.  Ons het ook nou iemand in diens geneem wat in beheer staan van ons Sondagskool. Ons droom is om 5,000 mense in ons Engelse diens te hê!  Met 80,000 mense in die omgewing glo ons dat dit ‘n realistiese teiken is.

“Ons droom is om 5,000 mense in ons Engelse diens te hê!  Met 80,000 mense in die omgewing glo ons dat dit ‘n realistiese teiken is.”
Indien jy belang stel in die direkte verband tussen hierdie verhaal en die “One AFM Game Plan” drywers vertrou ek dat die GBM aanbieding dit duidelik sal wys en demonstreer:

PASTORALE WELSTAND: DIE VOLLE PRENTJIE

Dr. Vincent Atterbury   (‘n Opvolg artikel vanuit die Pastorale Brief 3de Kwartaal)

God roep en bemagtig mense met die Heilige Gees om deel te wees van die uitbreiding en voortsetting van die bediening van Sy Seun, Jesus Christus se bediening op aarde.  Alhoewel dit ‘n eer is om geroep te wees deur God sluit dit ook ‘n persoonlike verantwoordelikheid in – om die ywer van die oorspronklike roeping in stand te hou sonder om te kort te skiet as gevolg van uitbranding.  God se roeping is nooit ten koste van enigeiets binne die totaliteit van enige een se menslike bestaan nie.

“God se roeping is nooit ten koste van enigeiets binne die totaliteit van enige een se menslike bestaan nie.”

Aloewel groot vordering gemaak is in die pogings om die totale bestaan van mense te verstaan het hierdie pogings slegs die oppervlak gedek.  Elke persoon is geskep deur Hom op ‘n unieke wyse wanneer Hy hulle aanmekaar weef vir Sy glorie en doel (Psalm 139:13-14).  Op ‘n manier is dit vir mense ‘n uitdaging om presies te verstaan hoe wonderlik en kompleks God hulle gemaak het.

Die welstand van ‘n persoon word vasgestel nie net deur een area of faset nie, maar wel deur ‘n kombinasie van verskillende areas en fasette van die lewe. By die oorweging van die welstand van pastore word ten minste 7 areas, wat geintegreer en verweef met mekaar is, toegepas en moet daarop gefokus word wanneer gestreef word na pastorale welstand.

  1. Geestelik: Die kern van enige mens se welstand is hulle persoonlike verhouding met God.  Om binne ‘n regte verhouding met God te leef deur middel van sy Seun, Jesus Christus, en gelei te word deur Sy Gees.  Vanaf so ‘n verhouding sal ‘n persoon ‘n diepe besef van doel (roeping) en betekenis van die lewe beleef.  Die waardes, beginsels en gedrag van individue word vasgestel deur hulle persoonlike verhouding met God.  Om sterker te groei in jou verhouding met God is van allerbelang vir enige pastoor se welstand.
  2. Emosioneel: Elke mens het die inherente vermoë om ‘n verskeidenheid emosies te ervaar, bv. geluk, hartseer, vreugde, hoop, spanning, vrees, woede ens.  Menige gevoelens is gekoppel aan teenoorgesteldes wat skommelinge in buie, effektiwiteit, produktiwiteit, perspektiewe, gedrag en hantering van uitdagings veroorsaak.  Om te groei in emosionele intelligensie (die vermoë om onsself te verstaan) en die hantering van die lewe se uitdagings is noodsaaklik vir pastorale welstand.
  3. Intellektueel: Elke persoon is geskep met ‘n intellektuele vermoë wat ontwikkel moet word deur ‘n lewenslange proses van die bekoming van kennis en vaardighede. Dit is ‘n onophoudende proses soos wat die wêreld, kennis en die lewe self konstant verander. Nuwe idees en probleemoplossingsvermoëns word benodig om relevant te bly en suksesvol te leef. Pastore moet lewenslange leerders wees om ten einde by te dra tot hulle eie welstand.
  4. Fisies: God gee vir die mens een liggaam wat dien as a voertuig waardeur Hy die meesterstuk ten toon stel wat Hy geskep het in daardie persoon.  Die liggaam is soos ‘n voertuig, hoe beter daarna gekyk word, hoe langer dien dit die persoon met uitnemendheid.  Pastorale welstand kan bevorder word deur gesonde gewoontes te kweek, aan te neem en in stand te hou (bv. gereelde mediese ondersoeke, ‘n gebalanseerde dieët, oefening, rus, ens).  Vernietigende leefstylpatrone moet vermy word ten alle koste.
  5. Sosiaal: God skep elke individu om interafhanklik te wees van ander mense. Verhoudings met gades, kinders, ander familie, ens is baie belangrik vir die pastoor se welstand. Groei in die skep en instandhouding van positiewe verhoudings bevorder pastorale welstand. Dit sluit ook in beroeps- en institusionele verhoudings, bv. met kollegas, vrywilligers, gemeentelede, die beheerliggaam, streeksforum, nasionale leierskap en kantoor.
  6. Beroepsgesondheid: God het ons geskep vir ‘n spesifieke doel (roeping). Die welstand van pastore word beìnvloed deur die vlak van persoonlike vervulling wat hulle ondervind in dit wat hulle doen, wat hulle toegelaat word om te doen en wat hulle bemagtig word om te doen.  Pastorale welstand kan bevorder word deur betrokkenheid in bediening te bepaal volgens die individu se God-gegewe talente en gawes, dus in ooreenstemming met ‘n geskikte werksomgewing.
  7. Finansieël: Ons verhouding met aardse besittings, geld en die bestuur van hulpbronne is ‘n belangrike onderwerp in die Bybel.  Die Bybel verduidelik die effek daarvan op die welstand van die mens.  Groei in Bybelse begrip van God se voorsiening, ons verhouding daarmee asook ons verantwoordelikheid om God se voorsiening te bestuur, sal pastorale welstand bevorder.

Pastorale welstand is kompleks en daar is geen kitsoplossing, enkele sleutel of geheim wat pastorale welstand sal verseker nie.  Elke pastoor moet pertinent bewus wees van die feit dat hy/sy veelsydig is.  Alle areas vereis aandag en bepaal welstand.

Die gebed van Johannes vir Gaius benadruk dat pastore nie net slegs geestelik wel moet wees nie, maar ook in ander areas van hulle lewens (3 Joh 1:2).  In Spreuke 4:23 benadruk Salomo dat ons na alle areas in ons lewens moet kyk omdat die totaliteit en kwaliteit van ons lewens en bediening daardeur geaffekteer word.  Dit is dan, en slegs dan dat pastore in staat sal wees om God se roeping vir hulle lewens te vervul deur volhoubare vrugbaarheid, seisoen na seisoen.

“Dit is dan, en slegs dan dat pastore in staat sal wees om God se roeping vir hulle lewens te vervul deur volhoubare vrugbaarheid, seisoen na seisoen.”

LEIERSKAP VANUIT DIE HART: HELENA JACKSON
Past. M.G. Mahlobo – President van die AGS van SA

Die AGS se Welsyn Departement is ‘n uitstekende voorbeeld van die AGS se sosiale verantwoordelikheid sedert die eenwording van die AGS in 1996. Helena Jackson het Past. Eben Muller opgevolg as die Direkteur van hierdie Departement. Dit is een van die Departemente wat wysheid en ‘n hoë vlak van rentmeesterskap vereis. Helena het hierdie Welsynsskip gestuur totdat dit ‘n finansiële ysberg geslaan het. Sy het nie die skip verlaat nie. Sy het voortgegaan om haar beste te doen om die skip op die water te hou. In die tussentyd het die Nasionale Leierskap ingegryp met die doel om te red en die Departement om te keer. Helena het optimisties gebly dat hierdie bediening sal bly voortbestaan. Sy het sedertdien bedank as die Direkteur van die AGS Welsyn Departement. Ons sal verseker haar passie en toewyding om die behoeftiges te bedien, mis.  Nieteenstaande is ek oortuig daarvan dat sy nie net terug sal sit en haar arms sal vou in die aangesig van die vele sosiale uitdagings wat ons land in die gesig staar nie. Sy sal ‘n weg vind om haar begeerte om om te sien na mense wat seer het, uit te druk.

Namens die AGS van SA wil ek haar bedank vir haar waardevolle insette in die Kerk se Welsyn Departement. Ek bid dat God voort sal gaan om Sy glorie op haar te laat skyn. Baie dankie Helena.

Wat het jou aanvanklik aangespoor om betrokke te raak by die werk van die AGS Welsynsraad?
Ek kom vanuit ‘n Nederduitse Gereformeerde Kerk agtergrond. Tydens my studies vir my Maatskaplikewerk graad in Wellington in die Wes-Kaap het ek begin om dienste van die AGS kerk by te woon – waar ek tot bekering gekom het in 1977, gedoop is en gedoop is met die Heilige Gees.  Ek het my man ontmoet gedurende dieselfde tyd en hy was ‘n lidmaat van die AGS kerk.  Ek het gegradueer as ‘n geregistreerde Maatskaplike werker in 1978 en soos alle studente aansoek gedoen vir soveel vakante poste as moontlik.  Onder ander suksesvolle aansoeke was die AGS uitvoerende welsynsposisie – wat ek aanvaar het omdat ek geweet het my toekoms saam met my man sal in die AGS kerk wees.

Wat is die mees opwindende ontwikkeling wat  jy nooit sal vergeet nie?
Die desentralisasie van die Kinderafdeling sedert 1999, wat weereens baanbrekerswerk in kindersorg was.  Dit was hierdie ontwikkeling wat die meeste waarde tot die lewens van ons kinders toegevoeg het asook tot die stand van die AGS Uitvoerende Welsynsraad in die welsynsektor.

Wat van jou rol sal jy mis?
Die geleentheid om ‘n verskil te maak in die lewens van die begunstigdes waarmee ek gewerk het vir 39 jaar en 6 maande, asook die geleentheid om die personeel te bemagtig – oor die hele spektrum van die werk van die AGS Uitvoerende Welsynsraad.

Wat glo jy is die kritiese sukses faktore vir die toekoms van die AGS Welsynsraad?
Twee baie belangrike faktore WAS die dryfkrag van veral die laaste 20 jaar.  Die een was vir seker die inkoop van die AGS gemeentes wat mede-verantwoordelikheid geneem het vir projekte sedert die desentralisasie proses.  Asook die passie, getrouheid en harde werk van die personeel.

Wat is jou finale wens vir die AGS Welsynsraad?
Dat dit die huidige onsekerheid in terme van rigting sal oorleef en die missie en visie sal vervul wat van die begin af vasgestel is.

Wat beplan jy om na aftrede te doen?
Ek sal daarvan hou om aan te hou om betrokke te wees in gemeenskapsprojekte en het reeds begin deelneem.  Ek is ‘n mense-mens en wil van nut wees vir diegene wat in nood verkeer.  Buiten dit wil ek graag reis, tuin maak en soveel tyd moontlik met my familie spandeer.

Enige finale advies aan die AGS gemeentes in verband met Gemeenskapsbetrokkenheid? 
Dit is ons verantwoordelikheid as kerk om om te gee vir ons gemeenskappe soos wat ons geleer word in die boek van Handelinge. Ons het geen keuse nie en ek wil graag gemeentes aanmoedig om die behoeftes in hulle gemeenskappe te bepaal en te vervul, vind die seer en genees dit.  Word betrokke en dien diegene wat nie vir hulle self kan sorg nie.

“…vind die seer en genees dit.  Word betrokke en dien diegene wat nie vir hulle self kan sorg nie.”

SLOT

Ons nader die einde van 2018. Dit sal onthou word as die jaar waarin die AGS se 110de herdenking gevier is. Ons is dankbaar teenoor God vir Sy voorsiening. Ons het ook ‘n waterskeiding Algemene Besigheidsvergadering in 2018 gehad waar belangrike besluite aangaande die opvolgingsplan vir die Nasionale Ampsdraers deurgevoer is.

Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om jou te bedank vir jou bediening insette gedurende die jaar.  Jou bediening het bygedra tot die groei van die kerk. Ek wens jou ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2019 toe.

Past. M.G. Mahlobo

Spread the word...