Pastorale Brief: 4de Kwartaal

Laai die PDF weergawe hier af:

AFM Newsltr 4th Qrt 2019 AFR

Liewe AGS Kollega,

2019 is stadig maar seker om tot ‘n einde te kom. Dit is ‘n voorreg en seën vir my om met jou te gesels in hierdie laaste Pastorale Brief vir die jaar. Ons kyk na die strategiese rigting en die pad vorentoe vir 2020, ons beskou die belangrikste resultate van die Pastorale Welstand vraelys, ons neem kennis van die AGS Welsyn se voorneme om AGS gemeentes te bemagtig en in staat te stel om gemeenskapsbetrokkenheid prakties te implementeer. Laastens vier ons Past. Frank Chikane se bydrae tot leierskap in die AGS.

AGS SE STRATEGIESE RIGTING – “ONE AFM GAME PLAN”
Past. M.G. Mahlobo (President van die AGS van SA) – mmahlobo@afm-ags.org

Die strategie of plan is om alle kerkstrukture met die Groot Opdrag te belyn (Matteus 28:18-20). Uiteindelik wil ons graag sien dat ons lidmate dissipels word wat ander mense na Christus toe lei en ons kerkgeboue Missionale-gerigte sentrums. Ons pastore en lidmate is krities in die proses om die AGS te transformeer vanaf tradisionele kerkwees na ‘n missionale beweging.

 “…wil ons graag sien dat ons lidmate dissipels word wat ander mense na Christus toe lei en ons kerkgeboue Missionale-gerigte sentrums.”
Belangrikheid van Doelwitte
Baie energie en hulpbronne is gespandeer om ons begrip van ons missionale roeping te ontwikkel en te konseptualiseer. Ons het ‘n implementeringsfase bereik. Sonder doelwitte loop ons die risiko: (i) om te bly op ‘n vlak van inligting, (ii) om opleiding in ons streke aan te bied wat nie relevant is nie of ons nie nader bring om meer missionaal te wees nie en (iii) om onverantwoordbaar (accountable) te bly vir ons vordering. Indien ons nie aktief ons missie of roeping nastreef nie loop ons ‘n risiko vir skade aan ons reputasie. Vertroue in die kerk om te doen wat hulle sê hulle doen, is noodsaaklik.

Ons het die Nasionale Leierskapsforum (NLF) versoek om implementeringsdoelwitte vir elk van die vyf “Game Plan” drywers vas te stel. Die terugvoer wat ons ontvang het help ons om fokus areas and doelwitte vir die toekoms te identifiseer:

Dissipelskap: Ons het praktiese modelle nodig om plaaslike gemeentes in dissipelskap op te lei. So ‘n model moet gelowiges in staat stel om te groei deur die verskillende stadiums van geestelike ontwikkeling. Dit moet hulle ook help verstaan dat hulle sendelinge is met die verantwoordelikheid om die evangelie te deel met ander. Ons wil graag sien dat elke lidmaat na ‘n Christus-lewenstyl beweeg. Vir 2020 is die doel dat ons gemeentes en departemente moet kom met ‘n goeie en doeltreffende model vir dissipelskap opleiding.

Bemagtiging:  Die mees algemene doel hiervan is om lidmate te onderrig, toe te rus en op te lei om hul Groot Opdrag of roeping te omhels. In die meeste gevalle fokus onderrig, toerusting en opleiding te veel op die “wat” gedoen moet word met onvoldoende klem op die praktiese vraag van “hoe om” dit te doen. Streeks-, netwerk- en departementele komitees wil graag weet watter opleidingsprogramme tans deur plaaslike gemeentes en departemente gebruik word.

Goeie Bestuur: Op ‘n gemeente vlak is die hoofdoel om uitnemendheid in administrasie en volle nakoming van die kerk se Grondwet te sien. Onder leierskap is die doel om meer aanspreeklikheid en sterker kommunikasie van die visie te sien. Dit behoort minder onbeheerbare skuld en meer betroubaarheid mee te bring. Ons wil graag sien dat ons lidmate goeie rentmeesters word van alle hulpbronne wat God toevertrou het in hulle persoonlike sorg (finansies, huwelik en kinders).

Gemeenskapsbetrokkenheid: Ons benodig 2-3-modelle wat effektief is om plaaslike gemeenskappe se behoeftes aan te spreek. Armoede & werkloosheid is groot bekommernisse. Ons wil graag sien dat AGS Gemeentes verteenwoordigers van verandering in hulle gemeenskappe word.  Ons wil graag sien dat ons lidmate die sout van die aarde en die lig van die wêreld word (soos beskryf in Mattheus 5:13-14) deur betrokke te raak by hul gemeenskappe se strukture om transformasie moontlik te maak.

Die AGS Welsyn se doel is om AGS Gemeentes te bemagtig en toe te rus met praktiese kennis en programme om sosiale ontwikkelingsaksies te implementeer. Die doel is om ‘n positiewe impak op die lewens van mense in plaaslike gemeenskappe te hê. (Verwys ook na die AFM Welfare se artikel in hierdie brief.)

Ekumeniese Betrokkenheid: Dit is nodig dat ons verhoudings met ander Christeninstellings bou om ons eenheid te demonstreer. Ons doelwit is om te sien dat ons eie pastore forums begin of betrokke raak by bestaande forums in hul gemeenskappe. Ons wil graag sien dat ons gemeentes ekumeniese aktiwiteite initieer of betrokke raak by bestaande initiatiewe, byvoorbeeld gebede vir reën of ‘n openbare demonstrasie van Christelike kerke om sosiale euwels te konfronteer. Op nasionale vlak is die AGS van SA deel van ekumeniese liggame soos die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (met Provinsiale sub-strukture) en die Evangeliese Alliansie van Suid-Afrika.

Die Belangrikheid van Toerekenbaarheid (Accountability)
Toerekenbaarheid word vandag toenemend belangrik. Wanneer ‘n AGS lidmaat of enige lid van die publiek die AGS van SA se “logo” sien, moet hulle saamstem dat dit vir iets staan – ‘n kerk wat passievol is oor die wen van siele vir Jesus, ‘n kerk waar die lidmate aktiewe Koninkrykswerkers is, ‘n kerk wat passievol is oor sy plaaslike gemeenskap en altyd sigbaar is in hul plaaslike gemeenskappe. Ons kan nie bekostig om die naam en “logo” van die AGS te dra wanneer ons nie een honderd persent gewy en verbind is tot hierdie missionale roeping nie.

PASTORALE WELSTAND OPNAME: RESULTATE
Past. M.G. Mahlobo (President of the AFM of SA) – mmahlobo@afm-ags.org
Tradisioneel is “welstand” gebruik om die teenoorgestelde van siekte en die afwesigheid van siekte en gestremdheid te beteken.  Meer onlangs word dit algemeen gebruik om die beste moontlike lewe wat ‘n mens kan leef, ongeag sy/haar mediese toestand, te beskryf. Welstand is nie net verwant aan fisiese gesondheid nie, maar dit sluit geestelike welstand, sosiale welstand, verstandelike welstand en emosionele welstand in.

“Welstand is nie net verwant aan fisiese gesondheid nie, maar dit sluit geestelike welstand, sosiale welstand, verstandelike welstand en emosionele welstand in.”

Pastore se welstand is ook ‘n Bybelse mandaat. In die eerste deel van Handelinge 20:28 word kerkleiers opdrag gegee “om te waak oor hulself“. Tydens vanjaar se NOB Bemagtigingbesoeke het ons ‘n opname oor AGS pastore se welstand gedoen. Die belangrikste resultate is as volg:

  • In terme van die welstand van gemeentes, dui resultate daarop dat hulle meer intern gefokus is. Dieselfde aandag word nie gegee aan ‘n eksterne fokus nie, m.a.w. om die kerk “te wees” buite die mure van die kerkgebou. Tans is daar gebiede wat nie dieselfde aandag as ander ontvang nie, insluitend: (i) samewerking met ander AGS kerke, (ii) samewerking met ander nie-AGS kerke, (iii) hulp aan die plaaslike gemeenskap in terme van spesifieke probleme, (iv) lidmate as siele wenners en voltydse Koningkrykwerkers en (v) opleiding en toerustings geleenthede/kursusse vir lidmate. Al hierdie gebiede ontvang nie die aandag wat dit in ons gemeentes moet ontvang nie.
  • Wanneer dit kom by die funksionering tussen die Pastoor en sy/haar kerkraad (of Governing Body), is daar geen duidelike begrip van rolle nie.
  • Pastore wys huiwering in hul begrip van hoe die bediening hul kinders beïnvloed, asook die maniere waarop ‘n gemeente hierdie kinders kan ondersteun.

Die volledige verslag kan van die AGS webtuiste afgelaai word: http://afm-ags.org/category/media/. Al die bogenoemde onderwerpe sal aangespreek word tydens die 2020 NOB Bemagtigingsbesoeke – hetsy deur ‘n aanbieding of ‘n voorafopgeneemde video. Ons moedig ons pastore aan om by ons aan te sluit tydens hierdie byeenkomste:

Vir meer inligting oor die 2020 NOB Bemagtigingsbesoeke en om die program af te laai, besoek asseblief die volgende skakel: http://afm-ags.org/category/events/.

AGS WELSYN: MET EN DEUR GEMEENTES VIR ‘N HOëR IMPAK OP GEMEENSKAPPE
Ashley Theron 
(Waarnemende Hoof van die Uitvoerende Welsynsraad van die AGS van SA)
theron.ashley@gmail.com

Beweeg na Volle Integrasie
Die Uitvoerende Welsynsraad van die AGS van SA (ook bekend as EWC of AGS Welsyn) is die Welsynsdepartement van die kerk – die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika. Die AGS Welsyn het vir die meeste van die afgelope 81 jaar hoofsaaklik gefokus op die voorsiening van institusionele versorging van kwesbare kinders en ouer persone. Meer onlangs is gemeenskapsontwikkeling as ‘n fokusgebied bygevoeg – waar daar gewerk word met en deur gemeentes om maatskaplike ontwikkelingsaksies tot voordeel van plaaslike gemeenskappe te implementeer.

In die beginjare was die kerk betrokke. Op ‘n stadium in die geskiedenis het die AGS Welsyn stelselmatig begin om weg te beweeg en om nie meer ‘n integrale deel van die kerk te wees nie – tot so ‘n mate dat sommige AGS Gemeentes vandag nie eens bewus is van welsynsprojekte in hul geografiese gebied nie. Ietwat geïsoleerd van die kerk en met finansiële uitdagings is die AGS Welsyn in ‘n kwesbare posisie gelaat. Gelukkig het die NLF (Nasionale Leierskapsforum) ingegryp, en deur die visionêre leierskap van die huidige Uitvoerende Welsynsraad, is ‘n nuwe strategiese plan voorgelê om toekomstige volhoubaarheid te verseker: Die beweging na volle integrasie van die AGS Welsyn met die AGS van SA.

Tans word AGS gemeentes uitgedaag met die praktiese implementering van die “One AFM Game Plan” waarvan gemeenskapsbetrokkenheid een van die drywers is. Daar is ‘n groot sinergie wat gerealiseer kan word deur die volle integrasie van die AGS Welsyn en die kerk. Terwyl AGS gemeentes gefokus is op die implementering van gemeenskapsbetrokkenheid – kan die AGS Welsyn gemeentes toerus en bemagtig met praktiese kennis en programme. Spesifiek om sosiale ontwikkelingsaksies binne hul plaaslike gemeenskappe te implementeer. Die AGS Welsyn werk dan saam met en deur gemeentes om gemeenskappe te bereik, gemeentes by te staan en om dienspunte, en latere dienssentrums, in die gemeenskap te word.

“Daar is ‘n groot sinergie wat gerealiseer kan word deur die volle integrasie van die AGS Welsyn en die kerk.”

Gemeenskapsbetrokkenheid Vraelys
Die AGS Welsyn het onlangs ‘n vraelys begin sirkuleer om te bepaal watter tipe maatskaplike ontwikkelingsdienste of projekte tans deur die onderskeie gemeentes gelewer of beplan word. Ons moedig dus elke gemeente aan om die vraelys te voltooi en dit terug te stuur aan ons. Die vraelys kan by die volgende skakel afgelaai word: http://afm-ags.org/leading-the-afm/one-afm-game-plan/. Ons beplan ook ‘n opvolgvraelys om die impak van die kerk te meet om sosiale uitdagings aan te spreek.

Hoofkategorieë van Gemeenskapsbetrokkenheid
Die AGS Welsyn sien sosiale ontwikkeling in die breedste sin en kan gemeentes bemagtig en toerus om gemeenskapsbetrokkenheid deur die volgende strategieë te implementeer:

Strategie 1: Kinderbeskerming en Gesinsversterking 
Familie-ondersteuning
Voorbeelde van dienste/projekte: Ouerskapvaardighede Opleiding, Slagoffer Bemagtiging Sentrums, Ondersteunings Groepe vir Ouers en Huwelik Verrykingsprogramme.
Dienste of ondersteuning aan kwesbare kinders
Voorbeelde van dienste/projekte: Bewustheid van die belangrikheid van kinderbeskerming en kinderveiligheid, skuilings vir kinders wat op die strate woon, kinder- en jeug versorgingsentrums, Pleeghuise en “Drop in” sentrums.

Strategie 2: Versorging en Beskerming van Ouer Persone en Persone met Gestremdhede 
Sorg en beskermingsdienste aan Ouer Persone
Voorbeelde van dienste/projekte: Tuisgebaseerde sorg, Ouetehuise of Dienssentrums.
Sorg en beskermingsdienste aan Persone met Gestremdhede
Voorbeelde van dienste/projekte: Tuisgebaseerde sorg, Residensiële Sorggeriewe of Dagsorgsentrums.

Strategie 3: Socio-Gesondheidsdienste 
Dienste aan persone wat geraak word of besmet is met Vigs
Voorbeelde van dienste/projekte: Voorkoming/verhoging van bewustheid of ondersteuning van pasiënte deur langtermyn-versorgingsprogramme.
Dienste of projekte wat met middel-/dwelmmisbruik verband hou
Voorbeelde van dienste/projekte: Ondersteuningsgroepe, Skool Uitreikingsprogramme en Rehabilitasie of Buite-pasiëntdienste (Dagbehandelingsprogram).

Strategie 4: Sosio-Onderwys Dienste 
Voorbeelde van dienste/projekte: Skole, Early Childhood Development (ECD), Geletterdheidsprojekte, na-skool sentrums.

Strategie 5: Sosio-Ekonomiese Dienste 
Armoedeverligting-dienste
Voorbeelde van dienste/projekte: Sopkombuise, Sosiale Verligting, Kospakkies, Klereverspreiding, Kleinskaalse boerdery.
Dienste wat verband hou met werkskepping of indiensneming voorbereiding
Voorbeelde van dienste/projekte: Slyping van vaardighede, hulp met “Curriculum Vitae” of voorbereiding vir werksonderhoude.
Bemagtigingsprogramme om ongelykheid aan te spreek
Voorbeelde van dienste/projekte: Vrouebemagtiging, Jeugontwikkeling.

Ons sien uit daarna om met pastore, kerkrade en ander leiers in die kerk te gesels tydens die 2020 NOB Bemagtigingbesoeke. Ek wil jou aanmoedig om by ons aan te sluit vir die Welsynssessie wat geskeduleer is vir die Saterdag middag 14:00-16:00. Tydens hierdie sessie sal ons meer op verskillende strategieë uitbrei waardeur gemeenskapsbetrokkenheid geïmplementeer kan word en hoe die AGS Welsyn in hierdie verband gemeentes kan bystaan.

PAST. FRANK CHIKANE: SELDSAME LEIERSKAP IN AFRIKA
Met erkenning aan die AGS Internasionale Facebook bladsy:    
https://www.facebook.com/AFMIntl/

“In a time in Africa where many leaders want to continue to hold on to power long after their strength is gone, we want to honour our former AFM International President who decided to step down when he still had the strength to go on. Pastor Frank Chikane announced during the August 2019 AFM International Conference held in Nairobi (Kenya) that he was not going to stand again for election after being at the helm of AFMI for 23 years.

In his Presidential report he stated that he wanted to retire in 2016 but the AFM International prevailed on him to give them another three years. “I do not want to cause people to think that no one else can lead the church besides me. I also don’t want a scenario where the church crumbles because of my overstaying on the leadership position,” he said. Past. Chikane has led AFM International as a servant leader who sacrificed a lot of himself and his family for the sake of the church.

He had a powerful vision for AFM. It was under his leadership that AFM grew worldwide. Today we have the AFM’s presence in more than 35 countries of the world and in all continents. It was him who pushed that the church must be visible online in the different platforms and for the establishment of the AFM International Business Forum which is intended to link AFM businesses across the globe. It is worth noting that he has not only retired as President of the AFM International, but he has also retired as Presiding Pastor of the AFM of SA Naledi Assembly (Soweto) in South Africa.

We also know that he had worked for the South African Government as the Director General in the Office of the Presidency for many years and that he took retirement after he felt that he had played his part. This is a good example to follow for all leaders whose time to retire has come.

May God Bless Rev. Chikane, his spouse Mme Chikane and their Children.” 

SLOT

Ons is byna aan die einde van 2019. Van die onvergeetlike gebeure in 2019 sluit in: die SA Nasionale verkiesings en die Springbok-rugbyspan wat die Wêreldkampioene word vir die derde keer sedert die begin van die demokrasie in SA. Ons sal onsself ook herinner aan die herlewing van die geslagsgebaseerde geweld, xenofobiese aanvalle, beurtkrag en die verhoging van die werkloosheidskoers in die land.  As ons besin oor hierdie oomblikke en baie ander uitdagings, laat ons nie ophou hoop nie. Mag die God van hoop julle vul met alle blydskap en vrede soos julle op Hom vertrou, sodat julle met hoop kan oorloop deur die krag van die Heilige Gees (Romeine 5:13). Laat my toe om jou ‘n vreedsame en Geseënde Kersfees toe te wens. Mag 2020 jou ywer en passie vernuwe om voort te gaan om met opregtheid ons Verlosser en Here te dien, Jesus Christus.

“Mag 2020 jou ywer en passie vernuwe om voort te gaan om met opregtheid ons Verlosser en Here te dien, Jesus Christus.”

Seën! Past. M.G. Mahlobo

Spread the word...