Nuusflits: Woensdag, 23 September 2020

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos en uit te druk):

AGS Nuusflits Woensdag 23 SEPT 2020 

HULPBRONNE:

1. Pastorale Brief: 3de Kwartaal

https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2019/

2. Laaste Geleentheid! Gee vir ons jou terugvoer rondom AGS Kommunikasie 

https://www.surveymonkey.com/r/7THPWNS 

3. Die 2020 NOB Bemagtigingsbesoeke Materiaal

https://afm-ags.org/category/events/ 

4. Die 2021 AGS Kalender 

https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/08/AFM-Calender-2021-2.pdf-FINAL-28.08.2020.pdf 

Mede-Kollegas,

1. AGS VLAK 1 RIGLYNE: BYEENKOMSTE & BEGRAFNISSE
Byeenkomste. Die Nasionale Ampsdraers stel hiermee opgedateerde riglyne vry wat bepaal is deur die diversiteit van die AGS sowel as mediese advies. Die riglyne is daarop gerig om Pastore en hul plaaslike gemeentes te lei in hul voorbereidings om gereed te wees vir in-persoon kerkdienste – waar dit so verkies word en waar dit moontlik is. Alle AGS-riglyne is onderhewig aan die Covid-19 regulasies soos deur die Regering bepaal in die Staatskoerant van 10 September 2020 (VOL. 663, NO. 43725). Daar moet ook beklemtoon word dat die besluit om in-persoon kerkdienste te open, onder die diskresie van die plaaslike beheerliggame bly, en dat hierdie besluit gebaseer moet wees op die beheerliggaam se bereidheid om voorkomende maatreëls effektief te implementeer.

Laai gerus die AGS Riglyne vir Vlak 1 Byeenkomste hier af:

https://afm-ags.org/category/media/

Begrafnisse. Covid-19 het ‘n invloed op die manier waarop ons rou en die herinneringe van oorledenes eer. Dit het ook die manier waarop ons begrafnisse uitvoer beïnvloed – veral as dit gaan oor diegene wat weens die pandemie oorlede is. Alhoewel ons nuwe maniere vind om rou te hanteer, moet ons die uiters aansteeklike aard van die koronavirus in gedagte hou. Dit is om hierdie rede dat spesiale maatreëls en riglyne nagekom moet word as dit kom by die ontmoeting van bedroefde gesinne en begrafnisse. Kom ons bly binne die riglyne in terme van wat voor, tydens en na begrafnisse moet gebeur:

https://afm-ags.org/category/media/

2. NUUTSTE OMSENDBRIEF: 22 SEPTEMBER 2020

Neem kennis van die nuutste Omsendbrief wat oor die volgende kwessies handel:

  • Die AGS Teologiese Kollege
  • Brief ter Bevestiging van Goeie Stand
  • AGS Pastore se Waarderingsmaand (Oktober)
  • Vakature: Director of Administration of Justice

Die Omsendbrief is beskikbaar vanaf die onderstaande skakel:

https://afm-ags.org/category/media/

Seëninge!

MG Mahlobo

Spread the word...