
Newsflash (with isiZulu Translations): Living the Pentecostal Life
May 30, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): Kindness in the Cold – Faith that Acts
July 11, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): Living the Pentecostal Life
May 30, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): Kindness in the Cold – Faith that Acts
July 11, 2025
Hulpbronne
WINTER BEWUSTHEID: GELOOF MET AKSIES
Wanneer die weer koud word, word diegene sonder warm klere, 'n veilige slaapplek of genoeg kos, meer opvallend. Ons sien mense op straat wat die son soek om warm te bly. Ons hoor van gesinne met min of geen kos nie, of bure wat nie kan bekostig om hul huise te verhit nie. As gelowiges is dit nie genoeg om net te bid en God te vra om aan hulle te “dink” nie.
Gebed is kragtig, maar God roep ons ook om op te tree. Ons behoort te sê, "Here, wys my hoe ek kan help." Dit kan dalk wees om vir iemand warm klere of 'n kombers te gee, 'n maaltyd te koop vir iemand wat honger is, of selfs net te stop om met iemand te praat wat onsigbaar voel. Dit kan ook beteken dat ons skenkings maak aan die welsynsbediening in ons plaaslike gemeente of aan 'n skuiling en ons tyd vrywillig aanbied.
God wil hê ons moet Sy hande en voete wees, veral in tye wanneer mense regtig swaarkry. Wanneer ons ons harte en oë oopmaak vir die behoeftes rondom ons, en ons gemeentemense inspireer en aanmoedig om dieselfde te doen, sal die Here ons wys waar ons 'n verskil kan maak.
Dit is dalk iets kleins, maar klein dingetjies wat met liefde gedoen word, kan hoop bring. Winter herinner ons daaraan dat mense werklik in nood is, en ons 'n kans het om op te tree, vriendelikheid te betoon en op praktiese maniere in daardie behoeftes te voorsien. Dit is hoe ons ons geloof uitleef - nie net deur te bid nie, maar deur lief te hê met dade.

AGS VAN SA ABLAZE NASIONALE KONFERENSIE: DURBAN ICC
Konferensie Fasiliteit
Op Dinsdag, 29 Mei 2025, is daar 'n aankondiging gemaak oor ‘n verandering rondom die logistiek van die opkomende AGS ABLAZE Nasionale Konferensie wat nie meer gaan plaasvind by die Moses Mabhida Stadion nie, maar wel by die Durbanse Internasionale Konferensie sentrum (ICC). Ons moedig alle pastore en leiers aan om hierdie inligting so wyd as moontlik te deel met plaaslike gemeentes, streke, netwerke en Departemente. Hierdie boodskap is beskikbaar op die AGS van SA se YouTube-kanaal.
Registrasie Inligting
Aanlyn registrasies vir die 2025 AGS van SA ABLAZE Nasionale Konferensie by die Durbanse ICC is OOP. 'n Skakel en QR-kode vir registrasie is beskikbaar:
https://afm-ags.org/ablaze-national-conference-save-the-date-2025/
Standaard Registrasiefooi* | R300 | 10 Julie – 10 Augustus | Beperkte Sitplekke!

AGS KONFERENSIE SEISOEN: SUSTERS
Die konferensie seisoen is hier! Ons betree ’n opwindende tyd op ons kerk se kalender met ‘n Nasionale Departementele Konferensie wat nog voorlê vir die susters. AGS Konferensies is nie net byeenkomste nie; dit is Geesvervulde, transformerende ervarings wat ons geloof versterk, ons prakties toerus en ’n dieper passie vir God se werk aanwakker. Elke konferensie bied ’n unieke geleentheid vir gesamentlike aanbidding, geestelike herlewing en impakvolle opleiding. Ons moedig al ons Pastore en lidmate aan om deel te wees van hierdie kragtige byeenkomste. Almal is welkom!
👉 Klik hier vir meer inligting op die AGS webblad:
https://afm-ags.org/events/
Vriendelike Groete!
Henri Weideman



