Laai die PDF weergawe hier af (om maklik te stuur per e-pos of uit te druk):
Nuusflits: Vrydag, 9 September 2022
SEPTEMBER
HULPBRONNE
Pastorale Brief: 2de Kwartaal 2022
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2022/
2022 GBM & Konferensie: Uitnodiging & Bylaes
https://afm-ags.org/category/events/
2022 GBM & Konferensie: Aanlyn Registrasie – Voorkeurmetode!
Gebruikersnaam: Afm | Wagwoord: Ags12345%
https://www.afm-gbm.co.za
AGS Kollega,
1. 2022 GBM & KONFERENSIE: PCD WERKSWINKELS
Ons is opgewonde om die sprekers en onderwerpe vir vanjaar se PCD (Pastoral Continuous Development) werkswinkels aan te kondig. Bywoning van beide PCD-werkswinkels is gelykstaande aan 5 PCD-punte. Beide PCD-werkswinkels sal gratis aangebied word vanaf 11h30-13h00 en weer herhaal word vanaf 14h30-16h00 sodat Pastore en afgevaardigdes beide werkswinkels kan bywoon.
PCD Werkswinkel 1:
Past. George Mahlobo – Leierskaplesse wat Ek Geleer het.
Past. George Mahlobo het vir 28 jaar as Hoofsekretaris van die AGS van SA gedien en vir vyf jaar as President. Hy is die huidige AGS Internasionale President. In sy PCD-sessie deel en beklemtoon hy sommige van die leierskapbeginsels uit sy eie ervaring – soos die belangrikheid van ubuntu en die bou van goeie verhoudings.
PCD Werkswinkel 2: Dr Johan Serfontein – Die broodnodige Klaagtaal in ons Spiritualiteit en Liturgie.
Die Covid-tyd het ons baie dinge gewys. Een van hierdie dinge is die feit dat die kerk in die algemeen en ons as gelowiges, nie ‘n liturgie het wat mense kan help om te rou oor die dinge wat hulle tydens die pandemie verloor het nie. As Pinkster gelowiges beklemtoon ons lofprysing en aanbidding en ‘n liturgie wat oorwinnings vier. Die Bybel het ‘n taal wat ons kan help om die dinge wat verlore is, te verwerk; ‘n KLAAGTAAL. Dit bring ons nader aan God en open ‘n gesprek met Hom. Dit nooi ons in gebed en verander uiteindelik ons rou in dans.
2. 2022 GBM & KONFERENSIE: UITNODIGING OM TE REGISTREER
Registrasies Sluit: Maandag, 12 September @ 12h00
Geen Registrasies sal toegelaat word by die GBM nie.
Die 2022 GBM en Konferensie is geskeduleer vanaf 18-21 September 2022 en sal plaasvind by die AGS Woord en Lewe in Boksburg, Gauteng. Na 31 Julie 2022, beloop die laat registrasie fooi R400.00 per persoon. Die registrasieproses maak voorsiening vir twee opsies: aanlyn- en gewone registrasies. Afgevaardigdes wat die 2022 GBM bywoon, word aangemoedig om so vroeg as moontlik te registreer om sodoende enige ongerief te vermy wat gepaard gaan met laat registrasies. Die tema van die Konferensie is “Trusting God” en is gebaseer op Spreuke 3:5-6 (NLV): “Vertrou op die HERE met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.”
Verwys na die onderstaande skakel om die volgende algemene inligting af te laai:
https://afm-ags.org/category/events/
a. ‘n Uitnodiging na die 2022 GBM & Konferensie
b. Voorlopige agenda vir die GBM (Bylaag A)
d. Notule van die 2021 GBM (Bylaag C)
e. Akkommodasie-opsies (Bylaag D)
f. Konferensie- en PCD-program (Bylaag E)
AANLYN REGISTRASIE – Voorkeurmetode
Die aanlyn registrasie- en betalingstelsels is in werking. Volg gerus die skakel hieronder om die aanlyn registrasieproses te begin – maak asseblief seker dat alle inligting wat verskaf word korrek is:
www.afm-gbm.co.za
Gebruikersnaam: Afm
Wagwoord: Ags12345%
Neem asseblief kennis:
- Nadat die self-registrasieproses voltooi is, word ‘n e-pos met ‘n QR-kode gestuur na die e-posadres wat jy tydens die registrasieproses verskaf het.
- Maak asseblief seker dat hierdie e-pos nie per ongeluk in jou “spam/junk folder” beland het nie.
- Stel ons in kennis as jy nie hierdie bevestigings e-pos ontvang nie.
- Ons het ook ‘n registrasie verifikasie opsie vir jou bygevoeg om te verseker dat jou registrasie suksesvol is. Volg die opsie “Check Registration” en sleutel jou ID-nommer in om te verifieer. Alle registrasies moet teen 9 September geverifieer wees.
GEWONE REGISTRASIE – Word nog steeds aanvaar
Laai die registrasievorm hieronder af en stuur terug na afmgbm2022@afm-ags.org: https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2022/06/2022-GBM-Annexure-B.pdf
Gemeentes word aangemoedig om skryfbehoeftes vooraf te bestel sodat dit saam na die 2022 GBM en Konferensie in September geneem kan word. Sodoende kan die Nasionale Kantoor verseker dat genoeg voorraad beskikbaar is. Voltooi asseblief die aangehegte vorm (https://afm-ags.org/leading-the-afm/order-resources/) en stuur terug na: frans@afm-ags.org.
3. NASIONALE KINDERBEDIENING GBM: UITNODIGING OM TE REGISTREER
Neem asseblief kennis van die onderstaande uitnodiging:
WOORD EN LEWE, BOKSBURG
4. AGS WELSYN AGM: UITNODIGING OM TE REGISTREER
Hiermee word kennis gegee van veranderinge aan die tyd en plek van die Algemene Jaarvergadering (AJV) van die Nasionale Welsynsraad wat op Maandag, 19 September 2022 gehou sal word. Die vergadering sal steeds virtueel en in-persoon plaasvind. As jy reeds geregistreer het en die tyd en plek pas jou nog, hoef jy nie weer te registreer nie.
Weens ‘n uitdaging met die beskikbaarheid van lokale en tydbeperkings sal die vergadering nou om 11h00 begin en dit sal plaasvind by:
AGS Nuwe Lewe Van Dykpark
(3.9 km vanaf Woord & Lewe, Boksburg)
Mimosastraat 47
Van Dykpark, Boksburg
Location: https://maps.app.goo.gl/4ck8byfuwMHoea729?g_st=iw
Tel: 011 915 8835
Ons vra om verskoning vir enige moontlike ongerief en waardeer jou begrip en ondersteuning.
Gebruik die onderstaande skakel om die nodige dokumentasie af te laai:
https://afm-ags.org/category/events/
Vriendelike Groete!
Henri Weideman