Laai die PDF-Weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):
HULPBRONNE:
1. Omsendbrief, 22 September 2020 (Pastoor Waarderingsmaand – Punt Nr.3)
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/Circular-to-pastors-Regions-22-September-2020.pdf
2. AGS Welsyn R1-Veldtog
https://afm-ags.org/newsflash-friday-4-september-resources/
3. AGS Vlak 1 Inperkingsregulasies
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Church-Gatherings-Guidelines.pdf
4. AGS Vlak 1 Begrafnis Regulasies
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Funeral-Guidelines.pdf
AGS Mede-Kollega,
Die Algemene Sekretaris, Dr. Henri Weideman, het ‘n AGS Omsendbrief uitgereik op 22 September 2020 aan Pastore en Sekretarisse van plaaslike Gemeentes, Streeksekretarisse/Administrateurs en Sekretarisse van Departemente – rakende die waardering van ons Pastore, hul eggenote en kinders.
Ek skryf namens die groter AGS aan jou om ons innige waardering en dankbaarheid te betoon vir jou volgehoue bediening in die AGS van SA. Ons het die koronavirus-pandemie deurstaan. Ons het streng nasionale inperkingsregulasies deurgemaak. Die manier waarop ons bedien is ontwrig en ons finansies het ‘n knou gekry. Deur alles het jy jou bedieningspos stewig en getrou in plek gehou. Ons is nog steeds nie uit gevaar nie. Die koronavirus is nog steeds met ons. Ek vra dat ons ook die weduwees, die wewenaars en die afhanklikes van ons kollegas wat as gevolg van die pandemie oorlede is, ook onthou en bystaan. Dit sal die pyn van hul verlies versag.
Ek wil jou graag bedank vir jou gebede en morele ondersteuning wat jy aan my, my eggenoot en ook die Nasionale Ampsdraers getoon het – insluitende die personeel van die AGS Nasionale Kantoor. My gebed is dat God wat jou geroep het, jou sal onderhou en versterk. Mag jy goeie gesondheid geniet en mag dit met jou en jou gesin goed gaan, soos dit geestelik met jou goed gaan (3 Johannes 2).
Let daarop dat ‘n addisionele datum by die AGS-kalender bygevoeg is:
Female Pastor’s Forum 2de Mei 2021
Klik hieronder om die opgedateerde AGS-kalender af te laai:
https://afm-ags.org/category/media/
Neem asseblief kennis van ‘n vakature vir ‘n Geregistreerde Verpleegkundige.
AGS Ouetehuis
Vakature: Geregistreerde Verpleegkundige
VEREISTES:
*Bewys van 2020 Registrasie met Suid Afrikaanse Verplegingsraad.
*Bestuur en Geriatriese Ervaring.
*Moet bereid wees om na Touwsrivier te verhuis.
*Moet Afrikaans-magtig wees.
Stuur CV na: ultimate@iafrica.com
Sluitingsdatum: 16 Oktober 2020
Seën!
MG Mahlobo