Kollega,
Ek vertrou dat dit goed gaan met jou in die nuwe jaar! Neem asseblief kennis dat landlyn telefone a.g.v kabeldiefstal, in en rondom die AGS Hoofkantoor af is.
Volgens Telkom sal dit ongelukkig tussen 3-5 weke neem om te herstel. Ons het ‘n alternatiewe reëling getref waarvolgens daar steeds na die bestaande landlyn nommers gebel kan word en na ‘n selfoon herlei word. Ons ontvangsdame (Letta) sal ‘n boodskap neem en die betrokke personeel lid sal per selfoon terugskakel. Ons is jammer oor die ongerief en vertrou dat hierdie inligting meer duidelikheid verskaf.
Ek wil hierdie geleentheid gebruik om jou aandag op 2 sake te rig:
VERKLARING DEUR SARS
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het onlangs ‘n verklaring uitgereik oor sy plan om moontlike belastingversuim in die godsdienstige sektor te ondersoek. Dit sluit kerke in. Pastore, Beheerliggame en Streekkomitees moet bewus wees van die belastingverpligtinge van kerke en hul werknemers.
Die afgelope paar weke het ons ‘n aantal navrae ontvang oor die korrekte aansoekprosedures vir teologiese studies.
Om die korrekte aansoekprosedures te sien, klik asseblief op die onderstaande skakel en laai die inligting in PDF-formaat af:
Education & Training Korrekte Aansoekprosedures
Vir opgedateerde aansoekvorms:
Dit is ‘n algemene feit dat Suid-Afrika uitdagings ervaar op vele tereine. Die belangrikste verantwoordelikheid van Christene is om ernstig en getrou te bid. Op 24 Februarie vind ‘n landswye gebedsinitiatief plaas. My versoek is dat pastore en gemeenskapsleiers dit biddend sal oorweeg om vrywillig ‘n gebedspunt in hul plaaslike gemeenskap te koördineer. So ‘n individu word bemagtig om die gebedspunt te koördineer en ontvang ‘n hulpbron pakket.
Wees bewus van die nodige inligting om deel te neem aan wat ek glo is ‘n God-geïnspireerde inisiatief.
Maak ook kontak met Up4SA deur hul sosiale media platforms:
Webblad: www.up4sa.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/Up4SA/
2. NOB STREEKSBESOEKE 2018
Die NOB se besoeke aan ons streke skop binnekort af. Ons sien uit daarna om tyd te spandeer saam met elke streeks-, netwerk- en departementele komitee, asook al ons pastore, hul beheerliggame en ander leiers in die kerk. Die doel van hierdie besoeke is om strategiese kwessies met die leierskap van die kerk te deel en sluit opleiding, besprekings, refleksie en terugvoersessies in.
Die strategiese kwessies vir 2018 fokus op: ● Opvolgbeplanning (Succession Planning) ● Tradisionele sending paradigma vs. Missionaliteit paradigma ● Leierskap Ontwikkeling ● Game Plan terugvoer ● “Coaching” vehoudinge in streke, netwerke en departemente ● Praktiese eenheid/kohesie. Hiermee die datums en plekke vir ons 2018 streeksbesoeke:
3. AFM WEBBLAD
Die Nasionale Kantoor is opgewonde om aan te kondig dat die huidige webwerf (wat die afgelope 4 jaar sy doel gedien het) in die proses is om opgedateer te word. Die webwerf sal nuttige en opgedateerde inligting verskaf aan ons AGS pastore, leiers, lidmate en die breër Christelike gemeenskap.
Die nuwe webwerf sal einde Februarie 2018 aangeskakel word. Ons sien uit om met alle rolspelers van die kerk te skakel deur hierdie nuttige aanlyn platform.
Seën!
M.G. Mahlobo