Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik per e-pos aan te stuur of uit te druk):
HULPBRONNE:
1. Omsendbrief: GBM & Ondersteunende Bylaes
https://afm-ags.org/gbm-circular-supporting-documents/
2. Omsendbrief: Pastorale Waarderingsmaand (Oktober)
https://afm-ags.org/circular-pastors-appreciation-month-october-2021/
3. Pastorale Brief: 3de Kwartaal (Nuut!)
https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2021/
4. NOB Bemagtigingsbesoeke 2021: PowerPoint Aanbiedings
https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2021-power-point-presentations/
5. NOB Bemagtigingsbesoeke 2021: Video Opnames
https://youtube.com/playlist?list=PLMguBPJZpLHYtSymo7ubUs2oXGS28rDn3
AGS Kollega,
1. PASTORALE WAARDERINGSMAAND
Oktobermaand is Pastorale Waarderingsmaand en sluit ons Pastore se gesinne in. Die afgelope twee jaar (2020 en 2021) was vir baie van ons Pastore moeilik. Baie moes hul salarisse verminder terwyl ander sukkel om hul finansiële verpligtinge na te kom. Ek weet dat dit ook die geval is vir baie van ons lidmate.
Vandag doen ek ‘n spesiale beroep op alle plaaslike AGS Gemeentes en alle kerk strukture om uit te reik na ons Pastore en hul gesinne met waardering vir hul toewyding aan die Here se werk, selfs in baie moeilike tye. Ons is nie voorskriftelik oor die tipe waardering nie en plaas hierdie besluit in die hande van die plaaslike AGS Gemeente en kerk strukture. Miskien is dit hierdie keer wys om te dink aan ‘n soort waardering wat die negatiewe impak wat die pandemie op ons Pastore gehad het te versag.
Ons het ‘n groot aantal van ons Pastore en Pastore se Eggenote verloor weens Covid-19. In hierdie opsig doen ek ‘n dringende beroep dat ons die Pastore se Eggenote, wat nou weduwees/wewenaars geword het, waardeer. Laat ons hierdie geleentheid gebruik om hul pyn te versag en hul te verseker dat die arbeid wat verrig is in die kerk nie vergeet sal word nie. Kom ons besluit ook oor hoe ons waardering gaan betoon teenoor Pastore en hul Eggenote wat afgetree het. In hierdie verband versoek ek dat ons plaaslike gemeentes, ons streeks- en nasionale strukture hul waardering moet betuig aan hierdie Pastore en Eggenote wat die kerk gedien het in die verlede en nou afgetree is.
In 1 Tessalonisense 5: 12-13 spoor die Bybel ons aan om ons geestelike leiers te erken en te eer. Die Message Bible stel dit vir my mooi: “And now friends, we ask you to honour those leaders who work so hard for you, who have been given the responsibility of urging and guiding you along in your obedience. Overwhelm them with appreciation. Get along among yourselves, each of you doing your part.”
Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om alle AGS van SA Pastore en hul gesinne te bedank vir hul diens in verskillende bedieningsvelde.
Jou toegewyde en opofferende werk was nie tevergeefs nie. Die breër AGS is positief beïnvloed deur jou diens in die kerk en in God se Koninkryk. As ons Herder verskyn, ontvang jy die oorwinnaarskroon van heerlikheid wat nie sal verdwyn nie (1 Petrus 5: 4).
Neem hiermee kennis van die jongste omsendbrief wat gerig en gestuur is aan die Beheerliggame van ons plaaslike AGS Gemeentes. Hierdie omsendbrief kan afgelaai word vanaf die volgende skakel:
https://afm-ags.org/circular-pastors-appreciation-month-october-2021/
2. PEPUDA WYSIGINGSWETSONTWERP: AGS TERUGVOER
Neem asseblief kennis dat die AGS van SA reeds op 6 Junie 2021 kommentaar ingedien het aangaande die voorgestelde PEPUDA-wysigingswetsontwerp. Hierdie kommentaar kan vanaf die AGS-webwerf afgelaai word en is voorheen ingesluit in Nuusflits kommunikasies. Ons sluit die skakel weer hier in ter verwysing:
https://afm-ags.org/category/articles/
3. AGS WELSYNSNAWEEK
Verwag God dan nog steeds dat ek na ander in nood moet uitreik as dit in my eie huishouding moeilik gaan? Ons glo dat ons deur God se genade moet voortgaan om vrygewig te gee en uit te reik na ander in nood, selfs in moeilike tye.
Dit is die voorgestelde tema vir die AGS Welsynsnaweek vir 2021 (26-28 November 2021), soos gevier deur die lidmate en die plaaslike Gemeentes van die AGS van SA. Hierdie jaar word daar veral gefokus op hoe die kerk ‘n verskil kan maak in die lewens van ouer persone in hul gemeenskap. Ons is opgewonde om te sien wat AGS lidmate en Gemeentes beplan!
Verwys gerus na die Pastorale Brief van die 3rde kwartaal vir praktiese riglyne oor hoe om jou AGS Welsynsnaweek optimaal te benut:
https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2021/
Seën!
MG Mahlobo