Nuusflits: Vrydag, 8 Mei 2020

Laai die PDF weergawe hier af:

8 MEI AFR 2020

Dankie aan die Pastore wat op my vorige Nuusflits gereageer het. Ek wil verseker dat die inligting en kommunikasie wat jy ontvang vanaf die AGS Nasionale Kantoor tydens hierdie krisis-tyd, relevant en bruikbaar is. Daarom wil ek jou vra om ‘n kort vraelys te voltooi wat ons ‘n meer volledige prentjie sal gee oor die impak van die Koronavirus op plaaslike AGS Gemeentes:

https://www.surveymonkey.com/r/ImpactOfCovid19AFM

Baie dankie vir jou insette en terugvoer. Verder in vandag se uitgawe wil ek spesifieke kwessies bespreek en ander kwessies uitlig waarvan ons almal kennis moet neem.

1. DIE UITREIKING VAN PERMITTE VIR BEGRAFNISSE

In die vorige Nuusflits het ek genoem dat Pastore wat ‘n begrafnis moet onderneem, ‘n spesiale permit benodig wat uitgereik word deur die Hoof van die Denominasie. Vir die AGS word die permit uitgereik deur die Algemene Sekretaris, Dr. Henri Weideman (henri@afm-ags.org). ‘n Nuwe vraag wat nou gevra word is:

“…Wie is verantwoordelik vir die uitreiking van die permit? Volgens u e-pos sal dit van die AGS Nasionale kantoor af kom. Ek het ook ‘n kennisgewing van ons plaaslike munisipaliteit ontvang dat dit deur die stasiebevelvoerder of plaaslike landdros uitgereik moet word. ”

Terwyl ons by ons standpunt bly dat die Hoof van die Denominasie verantwoordelik is om permitte uit te reik aan die Pastore wat begrafnisse gaan onderneem, beveel ek aan dat Pastore ook met die plaaslike stasiebevelvoerder in gesprek tree oor die spesiale permit vanaf die Hoof van die Denominasie. Dit sal onnodige ongemak verlig.

2. ALGEMENE SAKEVERGADERING (GBM)

Die ander vraag het te make met die impak van die Koronavirus op die komende GBM (Algemene Sakevergadering). Die besluit oor die voortsetting van die GBM sal geneem word tydens die NLF (Nasionale Leierskapforum) vergadering in Julie 2020. Die NLF sal gelei word deur die verspreiding van die Koronavirus.

3. VERSPREIDING VAN VOEDSEL DEUR KERKE

Hierdie hou verband met die verspreiding van voedsel deur die regering (Department of Social Development) en die uitwerking daarvan op voedselverspreiding deur plaaslike gemeentes. Graag hou ek jou op hoogte van die nuutste inligting oor die verspreiding van kospakkies.

Die regering het besluit om alle verligting aksies self uit te voer vanuit hul eie sisteme, aangesien hulle die enigste is met die moontlike kapasiteit en vermoë om te bepaal of mense “dubbel” gehelp word. Daarom word die kerke aangeraai om nie lyste aan die regering te gee nie. In plaas daarvan moet mense nou direk verwys word na die regering om toegang tot hulpverlening te kry. Die volgende skakel is beskikbaar vir hierdie doel:

https://www.gov.za/services/social-benefits/social-relief-distress

Kerke wat hul eie selfbefondsde bediening aan behoeftiges doen kan voortgaan, mits die gewone voorsorgmaatreëls vir sosiale afstand, maskers en sanitiseerders behou word. Sulke gemeentes moet egter deur die Department of Social Development aansoek doen vir die toepaslike permitte.

4. GRENDELSTAAT VLAK 4

Volgens die Risiko-aangepaste Strategieregulasies soos vrygestel op 29 April 2020, deur die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, dui Klousule 24 (1) daarop dat godsdienstige persele sommige van die plekke is wat gesluit bly onder Vlak 4 van die Grendelstaat. Ter verwysing kan hierdie dokument hier afgelaai word:

https://afm-ags.org/category/media/

Na konsultasie met die NLF is ‘n voorlegging saamgestel vir die ingefaseerde opening van kerklike bedrywighede. Ongelukkig het ons geen erkenning of reaksie van die regering ontvang nie. Ter verwysing sluit ek hier ‘n afskrif van die brief in soos op 27 April 2020:

https://afm-ags.org/category/media/

Die Nasionale Ampsdraers is huidiglik besig om na ander opsies te kyk met die doel om administratiewe bedrywighede en pastore toe te laat om te funksioneer gedurende Vlak 4.

Die AGS Nasionale Kantoor bly gesluit. Die meeste van ons Nasionale Kantoor personeel werk vanaf hul huise.

5. OORLEDE PASTORE EN EGGENOTE

Met groot hartseer lig ek jou in oor die afsterwe van sommige van ons pastore en hul eggenote – as gevolg van oorsake wat nie verband hou met die Koronavirus nie:

Emeritus Past. Godfrey Faleni van die Kei Streek,

Emeritus Past. A.T. Kanase van die South Peninsula Streek,

Emeritus Past. B.N. Mashiya van die Suid Vrystaat Streek,

Mev. Ntombi Mabaso, eggenoot van emeritus Past. H Mabaso van die Zululand Streek, en

Mev. Yvonne Lottering, eggenoot van emeritus Past. George Lottering van die Woord en Lewe Netwerk.

Seën

MG Mahlobo

Spread the word...