Nuusflits: Vrydag, 8 Julie 2022

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits: Vrydag, 8 Julie 2022

HULPBRONNE

Pastorale Brief: 2de Kwartaal 2022
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2022/

2022 GBM & Konferensie: Uitnodiging & Bylaes
https://afm-ags.org/category/events/

2022 NOB Bemagtigingsbesoeke: Jou Terugvoer & Voorstelle (Laaste Kans!) Voltooi die aanlyn vraelys binne 3 minute!
https://www.surveymonkey.com/r/7MSWWY5

AGS Kollega,

1. GELOOF, VERTROUE EN HOOP IN TYE VAN ONSEKERHEID

Ek doen ‘n beroep op al ons Pastore en Gemeentes om komende Sondag spesifiek in te tree en te bid vir ons land Suid Afrika. Ons glo in die krag van gebed.

 Ons kom met dankbaarheid uit die ergste deel van die Covid-19-pandemie, maar ons ervaar steeds onstuimigheid en onsekerheid op ‘n wêreldwye skaal. Vir ons as gelowiges behoort dit nie ‘n verrassing te wees nie. God se Woord gee ons ‘n beeld van hoe die lewe in opbou tot die wederkoms van Jesus Christus sal ontvou.

Dit is nie die eerste keer in die geskiedenis dat die wêreld en God se mense moeilike tye beleef nie. Byna alles in die Bybel weerspieël ‘n konteks van onsekerheid: Die proses van die skepping; die reis na die beloofde land; die geboorte en lewe van Jesus Christus; die vestiging en groei van die Kerk; die geskiedenis van die Kerk regoor die wêreld, en soos hierbo genoem, die eindtyd.

Wanneer ‘n mens na die geskiedenis kyk, staan een ding bo alles uit: Tye van groot onsekerheid is tye van enorme geleenthede en God se grootste aktiwiteit. In tye van onsekerheid het ons nie al die antwoorde nie en weet ons nie altyd wat om te doen nie, maar ons weet op wie ons vertrou en ons moet onthou wat ons glo.

Alhoewel dit ‘n tyd van groot onsekerheid is, kan ons as gelowiges nooit onduidelik wees oor ons oortuigings nie. Ons moet duidelikheid hê oor ons doel (wat God ons geroep het om te doen). Ons moet duidelikheid hê oor ons vertroue in en ons afhanklikheid van God en Sy Woord. Deur die verloop van geskiedenis in Ou en Nuwe Testamentiese tye staan ons op hierdie waarheid:

“Die Here sal voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.” Deut. 31:8 (AFR83).”

“Die Here sal voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.” Deut. 31:8 (AFR83).

“Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.’ Daarom kan ons met vertroue sê: ‘Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie…” Heb. 13:5-6 (AFR83).

In moeilike tye kan ons Paulus se getuienis bevestig: “In alles word ons verdruk, maar ons is nie teneergerdruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie, ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie. Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.” 2 Kor. 4:8-10 (AFR83).

Ek hou van die manier waarop “The Message” hierdie verse interpreteer: “We’ve been surrounded and battered by troubles, but we’re not demoralized; we’re not sure what to do, but we know that God knows what to do; we’ve been spiritually terrorized, but God hasn’t left our side; we’ve been thrown down, but we haven’t broken.”

Wees asseblief verseker dat ek in hierdie tyd van baie bekommernisse, onsekerheid en probleme daagliks bid vir al ons Pastore, Gemeenteleiers, hul families en die Lidmate van ons geliefde kerk regoor die land. Kom ons “Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk! Laat alles by julle in liefde geskied.”  1 Kor. 16:13 (AFR83).

2. ‘N UITNODIGING NA DIE 2022 GBM & KONFERENSIE 

Die 2022 GBM en Konferensie is geskeduleer vanaf 18-21 September 2022 en sal plaasvind by die AGS Woord en Lewe in Boksburg, Gauteng. Verwys na die skakel (https://afm-ags.org/category/events/)  om die volgende belangrike inligting af te laai:

a. ‘n Uitnodiging na die 2022 GBM & Konferensie
b. Voorlopige agenda vir die GBM (Bylaag A)
c. Registrasieproses en -vorm (Bylaag B)
d. Notule van die 2021 GBM (Bylaag C)
e. Akkommodasie-opsies (Bylaag D)
f. Konferensie- en PCD-program (Bylaag E)

3. 2022 NOB BEMAGTIGINGSBESOEKE: JOU INSETTE & VOORSTELLE

Jou insette en voorstelle is vir ons belangrik. Ons nooi graag al ons Pastore wat ‘n NOB-bemagtigingsnaweek in 2022 bygewoon het, vriendelik uit om vir ons openhartige terugvoer, insette en voorstelle te gee. Die NOB-lede sal hierdie voorstelle deeglik oorweeg wanneer beplanning vir die 2023-besoeke plaasvind. Ons sien uit daarna om van jou te hoor!

Indien jy nog nie hierdie vraelys voltooi het nie, is hier ‘n laaste geleentheid om so te maak. Dit sal minder as 3:00 minute neem:
https://www.surveymonkey.com/r/7MSWWY5

4. PCD (Pastor’s Continuous Development): DRINGENDE KENNISGEWING

Ons het die middel van die jaar bereik en wil jou daaraan herinner dat dit ‘n goeie tyd is om jou PCD-krediete te herevalueer. Tans is ons in die 4de jaar van die 2019-2022 siklus. Indien jy nog PCD-krediete benodig sal jy moet inhaal gedurende die res van hierdie jaar. Die vereiste krediete vir die siklus is 150. Boekresensies moet so gou as moontlik gestuur word voor/op 20 November 2022 en kan maklik op die PCD-webwerf gelaai word:
www.pcdafm.co.za

Kontak die PCD-kantoor by pcdafm@gmail.co.za, 083 793 9112 of 083 2828 432 indien jy enige vrae het.

Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...