Liewe Kollega,
1. SUID-AFRIKAANSE POLISIE GEDENKSDAG
Op Sondag, 2 September 2018 het die Suid-Afrikaanse Polisiediens hulle jaarlikse Gedenksdag seremonie gehou ter ere van die 29 lede wat hulle lewens aan diens verloor het tussen 1 April 2017 en 31 Maart 2018. Die name van die 29 offisiere wat aan diens gesterf het is bygevoeg tot die muur van herinnering.
Gedurende die seremonie het familie, vriende en kollegas van die afgestorwe lede en die leierskap van die Departement van Polisie kranse gelê en hulle respek betoon teenoor die gevalle helde en heldinne. Ek versoek dat ons die bedroefde families sal onthou in ons gebede, veral hierdie komende Sondag. Laat ons, waar moontlik, hulle vergesel in hulle reis van verlies met helende boodskappe van hoop. Ek doen ‘n beroep op ons pastore en lidmate om saam met die Polisie te werk om die plaag van misdaad, insluidente polisie moorde, te beveg. Polisie lede is ‘n nasionale bate en hulle het nodig om beskerm te word deur ons almal. Een polisie moord is een moord te veel.
Seënwense!
MG Mahlobo
2. HANTERING VAN SPANNINGSVOLLE TYE EN DIE BESEF VAN DIE HEILIGHEID VAN JOU LEWE
Spanning is deel van ons alledaagse lewe. Ons het nodig om dit teenoor onsself asook ons kinders te erken. Ontkenning is nie nuttig nie. As geestelike leiers van ons kerke en gemeenskappe het ons nodig om ‘n openheid te skep vir ons lidmate, jonk en oud, asook ons kinders om te kan praat oor die spanningsvolle tye in hulle lewens en leiding te ontvang om dit te kan hanteer.
Ek noem dit in die lig daarvan dat ons tans ‘n jaarlikse spanningsvolle tydperk binnegaan – wanneer skoliere en tersiêre studente voorberei vir eksamens. Gedurende hierdie tyd voel baie van ons jong mense gespanne en is hulle bekommerd dat hulle nie genoegsaam voorberei het nie en dus die eksamen nie suksesvol sal kan aflê nie. Sommiges weet nie hoe om hierdie gevoelens en gedagtes te hanteer nie. Hulle mag voel dat hulle nie toegelaat word om hulle bekommernisse en vrese te toon nie, want dit sal ‘n gebrek aan geloof toon.
Die feit is, meeste van ons sal tydens sekere seisoene van ons lewens tydperke beleef wat ekstra spanningsvol is en ons tot ons kern kan skud. Jy kan spanning beleef wanneer jy bekommerd is oor sake soos jou werk, geld, verhoudinge of wanneer ‘n vriend of familielid siekte ondervind en ‘n moeilike tyd beleef. Gedurende hierdie tydperke kan sterk hanteringstrategieë die verskil maak. Gedurende spanningsvolle tye (eintlik altyd) is dit belangrik om na jou fisiese gesondheid te kyk, om ondersteuning te bekom, om jou probleme aan te pak en jou geestelike lewe te versterk.
Ek moedig jou aan deur ‘n paar sleutel riglyne te deel:
Stressful Times in Difficult Situations
Ek vertrou dat dit van hulp sal wees vir ons, as Pastore, en vir diegene wat ons lei en bedien.
Henri Weideman