Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik uit te druk of per e-pos aan te stuur):
HULPBRONNE:
1. GBM Aanlyn Registrasievorm
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413
2. Pastorale Brief: 1ste Kwartaal
https://afm-ags.org/pastorale-brief-1ste-kwartaal-2021/
3. Moontlike Aanvaarding van ‘n Enkele Huwelikswet: AGS Terugvoer
https://afm-ags.org/category/media/
4. Begrafnis Riglyne (Opgedateer: Maart 2021 – Bywoning 100)
https://afm-ags.org/category/media/
AGS Kollega,
1. EK WEET DAT MY VERLOSSER LEEF
Ons Staatspresident het op 5 Maart 2020 ‘n Nasionale Ramptoestand verklaar. Daarna was daar vele invloedryke aankondigings wat onderskeidelik die beweging van mense, sakebedrywighede en byeenkomste beperk het. Die huidige werkloosheidsyfer staan op 42,6%, wat basies beteken dat meer as 11 miljoen mense sonder ‘n werk is (volgens die uitgebreide definisie). Baie besighede het hulle deur gesluit.
Hoe gaan dit met jóú tydens die koronavirus-pandemie?
Die impak op die kerk was groot, veral op ons pastore. Baie van ons kollegas het hulle lewens verloor. Die pandemie het ook ‘n negatiewe finansiële, sielkundige en emosionele impak op baie pastore gehad.
In Job 19:25 (AFR53) staan daar:
“MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.”
Ons ken almal die verhaal van Job. Nadat hy sy kinders, diensknegte en rykdom verloor het, het hy siek geword met wat sommige Bybelwetenskaplikes “olifantiasis” noem (die vergroting en verharding van ledemate of liggaamsdele as gevolg van swelling van die weefsel – as gevolg van obstruksie van limfvate). Sy siekte het daartoe gelei dat hy op ‘n ashoop gaan sit het. In hierdie tyd het sy vriende hom begin beskuldig van die een of ander verborge sonde wat hom tot op hierdie punt gebring het. Hierop het Job gesê: “MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.”
As ‘n persoon arm was en sy/haar eiendom of huis verkoop moes word, sou ‘n Verlosser ‘n persoon wees wat hierdie items sou koop met die doel om dit aan die oorspronklike eienaar terug te gee. ‘n Verlosser sou ook ‘n persoon wees wat die regte van ‘n ander persoon sou herstel met die oog op geregtigheid vir daardie persoon. Ons weet nie hoe lank hierdie pandemie by ons sal wees nie. Job het nie geweet hoe lank hy moes ly nie, maar hy het al sy krag bymekaar gemaak om te verklaar dat sy Verlosser leef! Dit is hierdie oortuiging wat hom in staat gestel het om standvastig te wees in sy geloof.
Te midde van die storm, is ons Verlosser, Jesus Christus met ons. Hy het belowe om by ons te wees tot aan die einde. Dit is vir Hom wat ons sing:
I hear the Savior say,
“Thy strength indeed is small,
Child of weakness, watch and pray,
Find in Me thine all in all.”
Jesus paid it all,
All to Him I owe;
Sin had left a crimson stain,
He washed it white as snow.”
Wees sterk in die Here. Hou aan om Hom te dien. Hou aan om pastorale sorg aan te bied. Ons Verlosser leef. Wees verseker dat ek vir jou bid.
Rakende die bogenoemde kwessie en soos bespreek in die Nuusflits van Vrydag, 23 April (https://afm-ags.org/nuusflits-vrydag-23-april-2021/), neem asseblief kennis van die AGS se reaksie aan die South African Law Reform Commission soos op 4 Mei 2021:
https://afm-ags.org/category/media/
Seën!
MG Mahlobo