Nuusflits: Vrydag, 6 September

Laai die PDF weergawe hier af:

6 SEPTEMBER AFR 2019

Geagte AGS Kollegas,

1. TERUGVOER VANAF DIE 25STE PINKSTER WêRELD KONFERENSIE (PWK)

Pastore, Biskoppe en Lidmate van verskillende Pinksterkerke en -bewegings het in die Telus-konferensiesentrum in Calgary (Kanada) vergader onder die tema ‘Spirit Now’. Die konferensie was gehou op 27-30 Augustus 2019. Spesiale gaste by die konferensie was onder andere die Algemene Sekretaris van die Wêreldraad van Kerke, eerw. Dr. Olav Fykse Tveit en die Sekretaris van die “Global Christian Forum”, eerw. Dr. Casely Essamuah.

Daar was ‘n verwagting vir geestelike vernuwing onder diegene wat dit bygewoon het.

Die advieskomitee van die PWK het Dr. Billy Wilson (President van die “Oral University” – Oklahoma) as die nuwe Voorsitter aangewys om die eerw. Dr. Prince Guneratnum op te volg. Die eerw. David Wells (die Algemene Administrateur van die “Pentecostal Assemblies of Canada”) is herverkies tot Ondervoorsitter en Dr. Doug Beacham (Presiderende Biskop van die “International Pentecostal Holiness Church – Oklahoma”) is verkies tot Sekretaris van die genootskap.

Die AGS van Suid-Afrika se President (Past. M.G. Mahlobo) is verkies tot ‘n lid. Verder het Ds. Prins Guneratnum die status van ere-lidmaatskap ontvang vanaf die PWK–komitee. Hy sluit aan by Dr. Yonngi Cho (Korea) en Dr. Jack Hayford (VSA) wat as erekomiteelede dien.

Die konferensie is afgesluit met internasionale gebede waar daar vir spesifieke kontinente gebid is. Een van die hoofdoelstellings van die PWK is om die wêrledwye-geesvervulde familie te verenig en te mobiliseer vir die voltooiing van die Groot Opdrag van Jesus Christus. Die herhalende subtemas was geestelike vernuwing, sending en eenheid. Daar was elf wegbreek groepe wat verskillende kwessies bespreek het. Afgevaardigdes is aan talle bronne blootgestel deur die uitstallings in die voorportaal van die konferensielokaal.

Ek wil my dank en waardering uitspreek teenoor elke AGS-leier, pastoor en lidmaat wat die konferensie bygewoon het.

2. MINDER AS TWEE WEKE TOT DIE AGS NASIONALE KONFERENSIE

Mag ons gewortel en geanker wees in Christus. Mag ons in tye van uitdagings sterkte en veerkragtigheid toon. “… gewortel en opgebou in Hom …” soos in Kolossense 2: 6-7. Hiermee nooi ons jou uit om aan te sluit by vanjaar se AGS Nasionale Konferensie in Kaapstad, terwyl ons nadink oor die belangrikheid daarvan om in CHRISTUS gewortel te word. Lidmate en Pastore word uitgenooi om dit by te woon!

Vir Konferensie inligting besoek gerus:
http://afm-ags.org/category/events/

Om aanlyn te Registreer volg die skakel:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=365

Laai bemarkings hulpbronne af in Afrikaans, Engels en Xhosa by die skakel hieronder:
http://afm-ags.org/category/media/

Seën
M.G. Mahlobo

Spread the word...