Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):
HULPBRONNE:
1. Sluit gerus aan by die PCD Facebook-bladsy vir gereelde Kennisgewings:
https://www.facebook.com/pcd.afm
2. AGS Welsyn R1-Veldtog
https://afm-ags.org/newsflash-friday-4-september-resources/
3. AGS Vlak 1 Inperkingsregulasies
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Church-Gatherings-Guidelines.pdf
4. AGS Vlak 1 Begrafnis Regulasies
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Funeral-Guidelines.pdf
Daar is baie krisisse en probleme wat te swaar en moeilik is om op ons eie te oorkom. Selfs as ons soms voel dat daar geen hoop is nie, is GOD altyd bereid om ons te help. As God sy hande in joune plaas, is daar geen probleem te groot en geen krisis te swaar wat nie met Sy hulp oorkom kan word nie. Laat ons onsself herinner aan Psalm 50:15: “Roep My aan in die dag van benoudheid; Ek sal jou uithelp, en jy sal My eer.”
Ek wil jou versoek om asseblief vir die volgende te bid:
- Bid vir REËN. Terwyl ons goeie winterreën in die Wes-Kaap gehad het, het ander gebiede in Suid-Afrika meer reën nodig.
- Bid vir MATRIKULANTE. Met die eindeksamen wat Donderdag 5 November begin het, het elke matrikulant in Suid-Afrika ons gebede nodig.
Ons versoek vriendelik dat Pastore hul PCD-registers direk aan hul PCD Streekskoördineerders sal stuur – en nie na die PCD Nasionale Kantoor nie. Die PCD Streekskoördineerders sal dan sorg dat die besonderhede van die Pastoor en die streek korrek in die register ingevul word. Pastore word daaraan herinner om hul punte vir die Streekskoördineerders by te voeg sodat elke Pastoor se register geverifieer kan word.
Vir gereelde opdaterings en kommunikasie rakende die PCD-proses, sluit gerus aan by die volgende Facebook-bladsy:
https://www.facebook.com/pcd.afm
Dr. Japie La Poorta dien vanaf 1999 as Nasionale Ampsdraer van die AGS van SA. Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om hom te bedank vir sy toegewyde leierskap. In hierdie Nuusflits kyk ons na sy agtergrond en spesiale mylpale in die AGS.
Besoek gerus die volgende skakel op die AGS-webwerf vir ‘n volledige biografie:
https://afm-ags.org/ourleaders/national-office-bearers/
As jy vir Dr. Japie ‘n boodskap wil los, gebruik die kommentaar gedeelte van die volgende Facebook-plasing:
https://www.facebook.com/watch/?v=789543198560639
Seën!
MG Mahlobo