Laai hier die PDF weergawe af:
Liewe Kollega,
1. AANSOEKE VIR TEOLOGIESE OPLEIDING
NWU THEOLOGY BOOKLET BROCHURE_E-VERSION 2018
Die sluitingsdatum vir die aanvaarding van aansoeke vanaf AGS studente wat teologiese opleiding deur die Noordwes Universiteit (Potchefstroom) wil ondergaan, is 30 Oktober 2018. Alle aansoeke moet aanlyn gedoen word deur die volgende skakel te gebruik:
http://studies.nwu.ac.za/studies/how-apply-online.
AGS applikante wat studeer met die oog om georden te word by die AGS van SA het aanbevelings nodig vanaf hulle Gemeente se Beheeerliggaam (Assemblies’ Governing Bodies – AGB) en Streekskomitees (Regional Committees – RC). Hierdie aanbevelings word gegee na onderhoude gevoer is deur beide die AGB en RC. Hierdie aanbevelings moet gedoen word voordat die aansoekvorms ingedien word by die Noordwes Universiteit.
Applikante is verantwoordelik vir die betaling van ‘n R600-00 nie-terugbetaalbare admin fooi. Bankbesonderhede vir hierdie fooi word verskaf op die AGS Kweekskool Vorm:
Seminary Application for Admission to Study for 2019
2. 2019 AGS NASIONALE KALENDER
Die 2019 AGS Nasionale Kalender is nou beskikbaar op die AGS webtuiste om afgelaai te word:
http://afm-ags.org/category/media/
3. DIE 25STE PINKSTER WêRELD KONFERENSIE CALGARY 2019
Kanada is trots om gasheer te wees vir Pinkster leiers regoor die wêreld vir die 25ste Pinkster Wêreld Konferensie. Ons verwelkom jou om deel te wees van hierdie globale gebeurtenis wat gehou word 27-30 Augustus 2019. Met meer as 55 gaste van regoor die wêreld is Kananda trots om die gasheer te wees vir geesvervulde gelowiges tydens hierdie vierdag gebeurtenis waar doelbewuste gekose sprekers ons harte sal aanraak. Die Pinkster Wêreld Gemeenskap is ‘n koöperatiewe liggaam van Pinkster kerke en groepe van goedgekeurde status wêreldwyd, en PAOC is ‘n lid.
Vir alle verwante informase rakende hierdie konferensie, gebruik die volgende skakels:
https://25pwc.org/
http://afm-ags.org/category/events/
https://youtu.be/MvOvWCmimtg
Seënwense!
M.G. Mahlobo