Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik per e-pos te stuur of uit te druk):
AGS Nuusflits Vrydag, 5 NOV 2021
HULPBRONNE:
1. AGS van SA: Nasionale Kalender 2022
https://afm-ags.org/afm-calendar-2022/
2. Omsendbrief: 2020 GBM & Ondersteunende Bylaes
https://afm-ags.org/gbm-circular-supporting-documents/
3. Pastorale Brief: 3de Kwartaal
https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2021/
4. NOB Bemagtigingsbesoeke 2021: PowerPoint Aanbiedings
https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2021-power-point-presentations/
5. NOB Bemagtigingsbesoeke 2021: Video Opnames
https://youtube.com/playlist?list=PLMguBPJZpLHYtSymo7ubUs2oXGS28rDn3
AGS Kollega,
1. GBM VERKIESINGS: SOSIALE MEDIA
Die afgelope paar weke het ek ‘n nuwe tendens op sosiale media-platforms opgemerk wat verband hou met die komende GBM (Algemene Besigheidsvergadering) verkiesings. Op hierdie platforms word name en foto’s van Pastore deurgegee saam met die posisies waarvoor hulle verkies moet word. Ek is nie seker of die mense wie se name en foto’s op hierdie platforms vertoon word, hul toestemming in hierdie verband gegee het nie. Ek is seker dat dit hierdie individue ongemaklik laat voel.
Plaaslike AGS Gemeentes en Streekskomitees was die geleentheid gebied om individue te nomineer vir insluiting in die nominasiepoel. Die genomineerdes wat die nominasiepoel gehaal het, was deur die Algemene Sekretaris (Dr H.J. Weideman) aan die betrokke strukture van die kerk gestuur. Nominasies van die vloer af sal by die GBM toegelaat word. Ons moet die GBM-afgevaardigdes toelaat om die nuwe Nasionale Ampsdraers (NOB) van die kerk te nomineer en te verkies. Ek wil ‘n beroep doen op diegene wat name van moontlike nuwe NOB-lede plaas op sosiale media, om van hierdie praktyk af te sien. Hierdie ongevraagde veldtog reflekteer nie goed op die beeld van die AGS van SA nie.
GEBEDSVERSOEK
Laat ek hierdie geleentheid gebruik om ons Pastore en lidmate te versoek om te bid vir die sukses van die komende GBM verkiesings op 16-17 November 2021. Bid dat God die kiesers sal lei om leiers van integriteit te kies. Leiers wat in staat sal wees om die AGS kerk tot ‘n hoër vlak van getuienis in Suid-Afrika te lei.
2. PCD (Pastors’Continuous Development): KENNISGEWING
Ons het ‘n paar navrae ontvang oor PCD-punte vir die komende GBM wat op 16 en 17 November 2021 gaan plaasvind. Aangesien die GBM hierdie jaar slegs ‘n vergadering en ‘n verkiesing is, sonder opleiding in die vorm van PCD Werkswinkels, word geen PCD-punte toegeken nie.
Om op die hoogte te bly van die PCD-proses, volg:
https://www.facebook.com/PCD4AFM
3. AGS WELSYNSNAWEEK
Verwag God dan nog steeds dat ek na ander in nood moet uitreik as dit in my eie huishouding moeilik gaan? Ons glo dat ons deur God se genade moet voortgaan om vrygewig te gee en uit te reik na ander in nood, selfs in moeilike tye.
Dit is die voorgestelde tema vir die AGS Welsynsnaweek vir 2021 (26-28 November 2021), soos gevier deur die lidmate en die plaaslike Gemeentes van die AGS van SA. Hierdie jaar word daar veral gefokus op hoe die kerk ‘n verskil kan maak in die lewens van ouer persone in hul gemeenskap. Ons is opgewonde om te sien wat AGS lidmate en Gemeentes beplan!
Verwys gerus na die Pastorale Brief van die 3rde kwartaal vir praktiese riglyne oor hoe om jou AGS Welsynsnaweek optimaal te benut:
https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2021/
Seën!
MG Mahlobo