Nuusflits: Vrydag, 5 Mei 2023

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik per e-pos te stuur of uit te druk):

AGS Nuusflits_Vrydag_5_Mei_2023

HULPBRONNE

NOB-Bemagtigingsbesoeke 2023: Datums & PlekkeJy word hartlik uitgenooi!
https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2023-dates-venues/

Pastorale Brief 1ste Kwartaal 2023Lees Aanlyn of Laai Af!
https://afm-ags.org/pastorale-brief-1ste-kwartaal-2023/

AGS van SA Nasionale Kalender 2023Opgedateer met die Nuutste Veranderinge (8 FEB)!
https://afm-ags.org/afm-of-sa-national-calendar-2023/

AGS Kollega,

1. BELANGRIKE DATUMS IN MEI

Mei-maand op die Kerk kalender is gevul met datums van groot betekenis. In hierdie Nuusflits wil ek graag ‘n kort oorsig van elke datum deel. Ek herinner jou om ook gereeld in te skakel op ons sosiale media platforms (Facebook, Instagram en YouTube-kanaal) omdat ons verskeie videoboodskappe hierdie maand gaan deel. Ons sien uit na ‘n geseënde en kragtige tyd in die Kerk!

Hemelvaartdag: 18 Mei

Tydens Jesus se hemelvaart, het die dissipels stip opgekyk na die lug terwyl hulle Hom sien gaan: Ek veronderstel dat hulle verbaas en verward was oor wat aan die gebeur was. Die engele wat skielik langs hulle gestaan het, het gesê dat Jesus sal terugkom op dieselfde manier as wat hulle Hom in die hemel sien ingaan het.

Hierdie woorde het ‘n gevoel van afwagting oor die wederkoms van Jesus in die vroeë kerk geskep. Leef ons vandag nog met hierdie hoop? Is die feit dat Jesus een of ander tyd sal terugkom, deel van ons verwysingsraamwerk, of leef ons asof dit nooit gaan gebeur nie? Hoe leef ons met verwagting op die wederkoms van Jesus? Ek sal hieroor praat in ‘n kort video wat op Hemelvaartdag (Donderdag, 18 Mei) op ons sosialemediaplatforms beskikbaar sal wees.

Mag ons almal weer opnuut besluit om in geloof te volhard en te leef as mense wat Sy wederkoms verwag!

Pinksterweek: 19-28 Mei

Tydens Pinkster vier ons die geboorte van die Kerk en ook die uitstorting van die Heilige Gees. Dit is die enigste van die groot Christelike gebeure (die geboorte van Jesus, Sy dood en opstanding en die uitstorting van die Heilige Gees) wat vandag voortduur. Die bemagtiging van die Heilige Gees is voortdurend in ons lewens as gelowiges. Dit gaan daaroor om toegerus te word met Krag om getuies te wees.

Ons noem onsself ‘n “Pinkster” kerk, wat beteken dat ons glo dat die Gees van God aan gelowiges gegee is om dinamiese en oorwinnende lewens te leef. As Pinkstermense glo ons dat geloof nie iets abstrak, akademies of ritualisties moet wees nie, maar ‘n outentieke belewenis.

Dit impliseer dat Pinkster en die viering daarvan, sentraal staan in wie ons as die AGS is. Dit moet egter nie net ‘n viering van geloof en Teologie wees nie, maar ‘n deurlopende en werklike ervaring vir elke gelowige.

Kort videogrepe sal op ons sosialemediaplatforms beskikbaar wees aan die begin van Pinksterweek (Vrydag, 19 Mei) en ook op Pinkstersondag (Sondag, 28 Mei).

Men’s Fellowship Konferensie: 19-21 Mei

Hierdie jaar hou ons National Men’s Fellowship hul konferensie van 19-21 Mei by Abbortsford Christian Centre in Oos-Londen. Die tema is: “Manne na God se hart”. Die bekende spreker en akteur Zane Meas (Neville Meintjies van 7de Laan) sal een van die sprekers wees.

Ek moedig ons pastore en die manne van al ons gemeentes aan om die geleentheid by te woon en die Men’s Fellowship se poging om die kultuur en mentaliteit van mans in ons land te beïnvloed, te versterk. Dit sal goed wees om jou daar te sien en te ontmoet. Kontak pastoor Nimrod Kekana by 071 299 4346 of pastoor Joe Mabena by 072 122 6807 vir meer inligting.

Die Kerk se 115de Verjaardagherdenking: 25 Mei

Vanjaar vier ons die 115de verjaardag van die Apostoliese Geloofsending (AGS) van Suid-Afrika. Ons vier dit weer as ‘n AGS Logo Dag, hierdie keer voeg ons egter ‘n uitdaging aan al ons lidmate by, om hulle geloof in Jesus Christus met ten minste een ander persoon te deel.

Ons Visie-president pastoor Barend Petersen, sal op Vrydag, 12 Mei oor hierdie inisiatief op sosiale media praat. Die Nasionale Ampsdraers sal vier kort toerusting video’s deel oor ‘n voorbeeld van hoe lidmate hul geloof met familie en vriende kan deel. Dit sal beskikbaar wees op 15-17 Mei.

2. NOB-BEMAGTIGINGSBESOEKE

Hou Die Vuur Aan Die Brand

Tydens die 2023 Streeksbemagtigingsbesoeke bring ons tyd deur saam met ons Pastore, Gemeenteleiers, Kerkrade, Departemente en lidmate. Die tema vir 2023 is: KEEP THE FIRE BURNING (HOU DIE VUUR AAN DIE BRAND).

Die Nasionale Ampsdraers het gelei gevoel om te fokus op die Geestelike Basis van Missionaliteit en om tyd te spandeer op wie ons is, en hoe ons leef as Heilige Gees vervulde mense en kerk. Ons sal fokus op (i) Ons Roeping as Gelowiges en Pastore; (ii) Daaglikse Tyd met die Woord en in Gebed; (iii) Die karakter, Waardes en Norme van Heilige Gees Vervulde Mense; en (iv) Hoe om die Vuur aan die Brand te Hou in jou Finansies.

Ons deel graag die oorblywende datums en plekke van ontmoeting vir 2023:

Die programme vir Vrydag en Saterdag is beskikbaar vanaf ons webwerf:
https://afm-ags.org/category/events/

Ons sien uit daarna om jou daar te sien!

Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...