Laai die PDF-weergawe hier af (om dit as ‘n dokument te e-pos of uit te druk):
Mede-Kollega,
Ek wil jou graag herinner aan die AGS Welsyn se nederige versoek vir ‘n R1 per maand donasie van gewillige AGS-lidmate. In die laaste Omsendbrief was ‘n skrywe van die Welsyn ingesluit wat hierdie versoek omskryf het en ook verwys het na ‘n “toolkit” vir Pastore: https://afm-ags.org/newsflash-friday-21-august-2020-resources/.
Hierdie hulpbronne (of “toolkit”) is nou beskikbaar en bevat verskeie kommunikasie elemente om AGS-lidmate bewus te maak van die versoek. Die hulpbronne bevat: (i) ‘n PDF-dokument met volledige inligting, (ii) ‘n promosieblaadjie, (iii) ‘n PowerPoint-aanbieding, (iv) ‘n Facebook bannier en (v) ‘n e-pos bannier. Ek moedig jou aan om van hierdie hulpbronne gebruik te maak in jou kommunikasie met ons lidmate: https://afm-ags.org/category/media/.
Die Nasionale leiers van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het die Kerk-teen-korrupsieveldtog op 30 Augustus 2020 geloods. Hierdie bekendstelling is voorafgegaan deur die SARK-mediaverklaring wat op 7 Augustus 2020 uitgereik was: https://afm-ags.org/category/media/.
Die verklaring het ‘n beroep op ons gedoen om ‘n staat van deursigtigheid en aanspreeklikheid daar te stel. September-maand is deur die kerke verklaar as “vry-van-korrupsie-maand”. As deel van aktiwiteite wat daarop gemik is om korrupsie te beinding, sal daar op 15 September 2020 ‘n stille protes deur kerkleiers wees. Dit word beplan vir, en gaan plaasvind, provinsiaal en in ons nasionale hoofstede. Die AGS het reeds AGS-leiers aangestel wat gaan deelneem aan die protes.
My versoek is dat ons, waar moontlik, op 15 September 2020 die AGS anti-korrupsie plakaat in ons kerkgeboue en op ons sosiale media moet sigbaar maak. Die plakkaat kan afgelaai word vanaf https://afm-ags.org/category/media/. Die AGS van SA doen ‘n beroep op die regering om korrupsie in ons land te stop. Maak asseblief seker dat jy my videoboodskap kyk oor die saak.
Ek nooi mede-pastore en leiers van die AGS uit om die toename in aanvalle en moorde op vroue en boere in ons land te veroordeel. Ek doen ‘n beroep op ons regering en wetstoepassingsagentskappe om hierdie misdade te prioritiseer en vinnig op te tree om oortreders voor die gereg te bring. Ons harte en gebede word toegewy aan alle gesinne wat deurr hierdie misdade geraak is.
Seen!
MG Mahlobo