Nuusflits: Vrydag, 4 November 2022

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits: Vrydag, 4 November 2022

NOVEMBER

HULPBRONNE

Pastorale Brief: 3de Kwartaal 2022
https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2022/

AGS van SA Nasionale Kalender 2023
https://afm-ags.org/category/media/

NOB-Bemagtigingsbesoeke 2023: Datums & Plekke
https://afm-ags.org/category/media/

1. NOB-BEMAGTIGINGSBESOEKE 2023

HOU DIE VUUR AAN DIE BRAND

Terwyl ons daarop fokus om 2022 goed af te sluit, sien ons ook uit na bid en beplan ons vir 2023 vol verwagting. Ons sien uit daarna om tydens die Streeksbemagtigingsbesoeke ‘n bietjie tyd in bediening saam met die Pastore, Gemeenteleiers en Lidmate deur te bring. Die tema vir 2023 is: KEEP THE FIRE BURNING (HOU DIE VUUR AAN DIE BRAND).

Die Nasionale Ampsdraers het gelei gevoel om te fokus op die Geestelike basis van Missionaliteit en om tyd te spandeer op wie ons is, en hoe ons leef as Heilige Gees vervulde mense en kerk. Ons sal fokus op (i) Ons Roeping as Gelowiges en Pastore; (ii) Daaglikse Tyd met die Woord en in Gebed; (iii) Die karakter, Waardes en Norme van Heilige Gees Vervulde Mense; en (iv) Ons Gesinslewe  en Toekomsbeplanning.

Ons deel graag solank die datums en plekke van ontmoeting vir 2023:


Ons vertrou om jou daar te sien!

2. AGS VAN SA NASIONALE KALENDER 2023

Onthou om Januarie 2023 as ‘n maand van gebed te skeduleer. Ons sal meer inligting gee in die laaste Pastorale Brief van 2022 oor die beplande WEEK VAN GEBED EN VAS, wat beplan  word van Maandag, 16 tot Vrydag, 20 Januarie 2023.

Die AGS van SA Nasionale Kalender vir 2023 is nou beskikbaar vanaf die AGS webblad – gebruik gerus die onderstaande skakel om die kalender af te laai:
https://afm-ags.org/category/media/

Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...