Nuusflits: Vrydag, 4 May

Laai die PDF weergawe hier af:

 Nuusflits, Vrydag 4 Mei 2018

1. HEMELVAARTDAG,  PINKSTERWEEK EN PINKSTER SONDAG  

Liewe Kollegas,

Ek glo dat dit goed gaan! Ek wil jou net herinner dat Hemelvaartdag volgende Donderdag op 10 Mei 2018 plaasvind.  Die Pinksterweek begin op 11 Mei 2018 en sluit af op Pinkster Sondag, 20 Mei 2018.  My versoek is dat Doping met die Heilige Gees, die Gawes van die Gees en die Vrugte van die Gees prioriteit sal geniet gedurende beide die Pinksterweek en Pinkster Sondag.  Laat ons op God vertrou vir ‘n glorieryke uitstorting van die Heilige Gees!

2. TERUGVOER – UP4SA 

Ek het vir Past. Robbie Black gevra om vir ons terugvoer te gee aangaande die “Up4SA” landswye gebeds inisiatief wat gedurende Februarie hierdie jaar plaasgevind het. Dit is ‘n groeiende gebedsbeweging waarby meer en meer gemeenskappe betrokke raak:

 Up4SA’ gaan daaroor dat ons op grondlvlak opstaan in GEBED en EENHEID vir Suid-Afrika.  Daar is geen beter tyd vir gewone gelowiges (oor denominasie en ras grense) om deur gebed eenheid te bewerkstellig in Suid-Afrika nie! Die Liggaam van Christus moet die leiding neem in hierdie verband.  Ek is heeltemal daarvan oortuig dat genesing in ons Nasie vanaf grondvlak sal kom, dit is tyd dat die Christelike gemeenskap daadwerklik eenheid sal nastreef en bevorder!
 
Ons eer die Here vir meer as 250 dorpe,ongeveer 800 gemeentes landswyd, wat hierdie jaar in verenigde gebed in hul gemeenskappe saam gebid het.  Daar is soveel getuienisse van dorpe waar verhoudinge in gemeenskappe herstel word!  Vele getuinisse van samewerking en eenheid word na jare beleef tussen plaaslike kerke en predikante sedert die begin van “Up4SA” in 2016.  Ons ervaar dat die poorte van die hel geskud word wanneer gelowiges oor ras en denominasies hande vat in Verenigde Gebed.  Vestings van onder andere haat, woede, rassisme en selfgeregtigheid word verbreek wanneer ons verenig in gebed.  Ons het verder ‘n verantwoordelikheid as Christene om na mekaar uit te reik.  Ons moet verhoudings bou sodat ons as Christene, verenig standpunt kan inneem teen enige vorm van ongeregtigheid en boosheid in ons gemeenskappe.  Ons kan begin deur saam te bid in eenheid!  Kom ons wag nie vir volgende jaar, 23 Februarie 2019, se “Up4SA” se naweek van gebed nie, begin nou!
 
Ek wil jul graag bemoedig met die volgende bekende aspekte rakende gebed.  Onthou dat gebed oor verhouding gaan, of ons dit wil erken of nie, ons gebedslewe weerspieël ons verhouding met die Vader, Seun en Heilige Gees!  Tweedens weet ons dat gebed ‘n dissipline is. Ons moet ons self dissiplineer om te bid, dit gebeur nie net, of kom maklik nie.  Derdens gaan gebed ook oor verantwoordelikheid!  Soveel keer sê ons dat ons vir kwessies van kommer en vir mekaar bid, maar bid ons regtig?
 
Laastens besef ons dat gebed aanhoudend moet wees. Handelinge 12: 5 (AOV)  “So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het ‘n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.”  Die Bybel leer ons ook dat die Heilige Gees voortdurend vir ons intreë by die Vader.  As ons sê dat ons werklik met die Heilige Gees vervul is en dat ons ‘n Pinkster gemeenskap is, moet ons die natuur en die volheid van die Heilige Gees in ons hê.  Dit beteken dat ons ‘n biddende Liggaam sal wees met ‘n bonatuurlike verlange vir gebed!
 
Wat ‘n wonderlike seën is dit om ‘n Pinkster Kerk te wees, die seën om in die Heilige Gees te bid!  Wanneer ons nie weet wat om te bid nie, lei die Heilige Gees ons.  Die wonder om die openbaring van die verborgenhede van God te ontvang, om die hartklop van God in gebed te ervaar en om in lyn te kom met God terwyl ons in tale bid.
 
“Let us keep four things in mind: God hears prayer, God heeds prayer, God answers prayer, God delivers by prayer.” EM Bounds
 
Liefde en Seën!
Robbie Black

3. AGS NASIONALE MANNE BEDIENING:  

Ons is opgewonde om die informasie omtrent die opkomende AGS nasionale Manne Konferensie, te deel:

Volg die skakel hieronder na die “Events” bladsy van die AGS webtuiste om die Formele Uitnodigingsbrief, Registrasievorm en Akkommodasie Opsies af te laai:
http://afm-ags.org/category/events/

Of besoek die AGS se Facbook blad:
https://www.facebook.com/events/196441254470991/

4. AGS NASIONALE JEUG:  KONFERENSIE  

Al ons streke, netwerke, komitees en lede word aangemoedig om te registreer vir die jaarlikse AGS Nasionale Jeug Konferensie in Gauteng:

Besoek die AGS webtuiste om die Registrasie Vorm af te laai:
http://afm-ags.org/category/events/

Vir meer inligting aangaande aanlyn registrasie vir die konferensie, besoek:
https://www.facebook.com/events/171720516868544/

5. EMPOWERED21 AFRIKA KONGRES TE WOORD & LEWE, BOKSBURG

Laai die Registrasie Vorm hier af:
http://afm-ags.org/category/events/

Vandag deel ek ‘n uiters belangrike en strategiese byeenkoms met julle – veral met ons AGS Pastore, Beheerliggaam Lede, Leiers en Lede in en rondom die Gauteng Provinsie.

Empowered21 is ‘n organisasie wat help om die toekoms te vorm van die Geesvervulde beweging (Spirit-empowered movement) regdeur die wêreld.  Dit is toeganklik vir alle Geesvervulde kerke, bedienige, organisasies, netwerke en gemeenskappe.  Die Empowered21 Afrika Kongres is ‘n strategiese bemagtigende geleentheid wat direk praat tot die hart van die missionaliteit van die AGS se ‘One AFM Game Plan”.  Die visie van EMPOWERED21 is:

“That every person on earth would have an authentic encounter with Jesus Christ through the power and presence of the Holy Spirit…by Pentecost 2033.”

Die visie weerspieël die Groot Kommissie en verbind tot die basiese visie van elke Christelike kerk – en veral met elke AGS gemeente.  Bywoning sal ‘n wye verskeidenheid van bedieningsleiers regoor die wêreld verteenwoording, insluitende William Wilson (President, Oral Roberts University), George Wood (Voorsitter, World Assemblies of God Fellowship); Opoku Onyinah (President, Ghana Pentecostal and Charismatic Council), Frank Chikane (President, AGS Internasionaal); Daniel Kolenda (President, Christ for All Nations); Ron Luce (Globale Jeug Strategis, Generation Next) en menige ander.

Tien fokus areas is geìdentifiseer vir beide die hoof en individuele “track” sessies (wat ook in lyn is met die AGS se missionale kerk strategie):

Evangelisme
Dissipelskap
Gebedsnetwerke
Vroue Bediening
Kinder Bediening
Volgende Generasie Jeug Netwerk (Next Generation Youth Network – NGN)
Teologiese studente
Voorspraak en profetiese leierskap
Humanitêre hulp en rampverligting
Christelike Besigheids Netwerkvorming

Deur te registreer vir hierdie kongres bekom jy die geleentheid om deel te wees van ‘n netwerk strukture (vanaf kontinentale tot nasionale vlakke) wat dien en netwerk met Afrika leiers op elkeen van die fokus areas.  Die idee is om nuwe konneksies te skep wat die Geesvervulde beweging sal bemagtig om die Groot Kommissie te vervul.

Op Saterdag 19 Mei 2018 sal die program fokus op inter-generasie meedeling.  Alle jong mense, Jeug Pastore en leiers word uitgenooi om deel te neem in die sessies wat aangebied word deur die “Next Generation Network – NGN”.  Plaaslike jeug wat nie kan bekostig om die volle Kongres by te woon nie word aangemoedig om kaartjies vir slegs Saterdag te koop teen ‘n verminderde prys van R150.  Jeug kaartjies vir hierdie Saterdag sal binnekort beskikbaar wees.

Ek wil jou aanmoedig om hierdie Kongres by te woon aangesien dit die algehele leierskap in jou gemeente, streek, netwerk of departement sal versterk.  Daar is ‘n vroeë en laat registrasie fooi.  Die registrasie gelde is verlaag na R600.  Aanlyn registrasie kan geskied deur i-tickets te https://itickets.co.za/events/383130.  Die skakel is ook beskikbaar op Empowered21 se amptelike webtuiste:
www.empowered21.com

Vir meer inligting kontak:

Me Lunga: Kantoor 0126440987 Selfoon 0793358971
Past Modise Moatlhodi: Selfoon 0824494288
Mnr Kabelo Ndlovu: Selfoon 0832918637

Uitnodiging aan alle Geesvervulde bewegings:

Seënwense!
M.G. Mahlobo

Spread the word...