Nuusflits: Vrydag, 4 Junie 2021

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AFM 4 JUNE AFR NUUSFLITS

HULPBRONNE:

1. GBM Aanlyn Registrasievorm
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413

2. Pastorale Brief: 1ste Kwartaal
https://afm-ags.org/pastorale-brief-1ste-kwartaal-2021/

3. Moontlike Aanvaarding van ‘n Enkele Huwelikswet: AGS Terugvoer
https://afm-ags.org/friday-7-may-2021-funeral-guidelines-updated-afm-response-to-salrc/

4. Begrafnis Riglyne (Opgedateer: Maart 2021 – Bywoning 100)
https://afm-ags.org/friday-7-may-2021-funeral-guidelines-updated-afm-response-to-salrc/

AGS Kollega,

Ek wil graag jou aandag vestig op Kinderbeskermingsweek wat in Suid-Afrika gevier word vanaf Sondag, 31 Mei 2021 tot Sondag, 6 Junie 2021. Vandag deel ek twee boodskappe in hierdie verband – een van ons Nasionale Kinderbediening en ‘n ander van ons Welsynsdepartement (AGS Welsyn).

1. KINDERBESKERMINGSWEEK: ‘N BOODSKAP VAN DIE NASIONALE KINDERBEDIENING VAN DIE AGS VAN SA

Kinderbeskermingsweek word jaarliks ​​herdenk om bewusmaking te skep oor die beskerming van kinders en hul regte. Hierdie week is ‘n geleentheid om kwessies oor kindermishandeling en verwaarlosing in die kollig te bring. Dit is ‘n geleentheid om te sien hoe die kerk en sy plaaslike gemeenskap saamwerk en saam nadink oor die verskillende rolle wat daar gespeel moet word om te verseker dat ons kinders die nodige beskerming ontvang – nie net in ons onderskeie gemeenskappe nie, maar ook in die land as geheel.

As die Kinderbediening van die AGS van SA, kan ons die leiding neem in ons onderskeie Gemeentes en Streke om onsself te beywer vir al die regte van ons kinders – insluitend hulle geestelike lewe. Ek versoek dus elke Opvoeder en Kinderbedieningswerker om daar waar jy jouself bevind, aktief te wees en saam met ander strukture te werk wat ook fokus op Kinderbeskermingsweek.

KRY HULP:

– Tolvrye nommer vir GENDER-BASED VIOLENCE 0800 428 428

– Childline South Africa: 0800 055 555

Seën!

Past. Sam Tshabalala

(Direkteur: Kinderbediening van die AGS van SA)

2. KINDERBESKERMINGSWEEK: BOODSKAP VAN DIE AGS WELSYN 

Die Bybel is baie duidelik oor die feit dat kinders deel is van God se skepping, dat kinders geskenke van God aan gesinne is, dat hulle versorging en leiding nodig het en dat kinders dissipline nodig het. Die Bybel sê ook dat weeskinders, verplaasde- en vlugtelingkinders en kinders wat in armoede leef, spesiale sorg nodig het. Kinders het beskerming nodig en word deur God geseën.

Kinders behoort binne die konteks van ons kerk se missionale strategie (die One AFM Game Plan) een van die fokus areas te wees as dit kom by die Gemeenskapsbetrokkenheid drywer.

Nasionale Kinderbeskermingsweek word jaarliks ​​in ons land herdenk om bewustheid te kweek oor (i) die beskerming van kinders soos uiteengesit in die Kinderwet (Wet No. 38 van 2005) en (ii) die regte van kinders soos uiteengesit in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. AGS Welsyn doen ‘n beroep op alle AGS Gemeentes om Kinderbeskermingsweek te ondersteun deur te verseker dat die kwesbaarste in ons samelewing nie mishandel word nie. Dit is in ons hande om die kringloop van verwaarlosing, mishandeling, geweld en uitbuiting van kinders te stop.

Ek moedig AGS Pastore aan om hulself te bemagtig en toe te rus om ‘n verskil te kan maak in die area van kinderbeskerming binne plaaslike gemeenskappe. Praktiese riglyne vir Pastore is beskikbaar in ‘n omvattende aanlyn artikel wat meer uitbrei oor:

  • Wat die Bybel sê oor kinders.
  • Tipes kindermishandeling.
  • Praktiese stappe wat ‘n Pastoor of Gemeente Leier kan volg om mishandeling of vermeende mishandeling aan te meld.
  • Belangrike kontaknommers.

Besoek die onderstaande skakel om hierdie omvattende artikel af te laai:

https://afm-ags.org/community-involvement-understanding-child-abuse-pastoral-letter-3rd-quarter/

Ashley Theron
(Waarnemende Hoof van AGS Welsyn)

Seën!
MG Mahlobo

Spread the word...