Nuusflits: Vrydag, 4 Desember 2020

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS 4 DES AFR NUUSFLITS

HULPBRONNE:

1. GBM Aanlyn Registrasievorm:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413

2. Pastorale Brief: 4de Kwartaal
https://afm-ags.org/pastorale-brief-4de-kwartaal-2020/

3. AGS Vlak 1 Inperkingsregulasies
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Church-Gatherings-Guidelines.pdf

4. AGS Vlak 1 Begrafnis Regulasies
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2020/09/AFM-Level-1-Funeral-Guidelines.pdf

AGS Mede-Kollega,

1. DIE STAATSPRESIDENT SPREEK DIE NASIE TOE OOR DIE VERSPREIDING VAN COVID-19

Gisteraand in sy toespraak aan die land, het die Staatspresident kommer uitgespreek oor die moontlikheid van ‘n tweede golf van Covid-19-infeksies. Ons moet almal alles in ons vermoë doen om ‘n tweede oplewing van infeksies te voorkom. Hy noem drie gebiede (in die Oos-Kaap) wat ‘n hoë infeksiesyfer het. Een daarvan is die Nelson Mandelabaai Metropolitan (NMB) wat nou as ‘n brandpunt geïdentifiseer is.

Die President het die volgende maatreëls aangekondig rakende NMB:

  • Die aandklokreël is vanaf 22:00 tot 04:00.
  • Byeenkomste – insluitend godsdienstige byeenkomste – mag nie deur meer as 100 mense bygewoon word vir binnenshuise geleenthede en 250 vir buite-geleenthede nie.
  • Die totale aantal mense in ‘n lokaal mag ten alle tye nie meer as 50% van die kapasiteit van die lokaal oorskry nie.
  • Alle byeenkomste na begrafnisse is verbode.

Ek doen ‘n beroep op ons Pastore en lidmate om te verseker dat almal aan alle Vlak 1 inperkingsregulasies voldoen om ‘n nuwe golf van infeksies te verhoed. Wanneer ons bymekaarkom vir kerkdienste, begrafnisse en ander geleenthede, moet ons veiligheidsmaatreëls nakom soos sosiale afstand, gereelde was van hande met seep, gereelde ontsmetting van hande en die bedekking van ons mond en neus met maskers. Hierdie virus is maklik om te oorwin as ons almal aan hierdie
higiëniese maatreëls voldoen.

2. ALGEMENE BESIGHEIDSVERGADERING (GBM): KENNISGEWING

Omdat die ramptoestand van Suid-Afrika tot 15 Januarie 2021 verleng word, sal die tentatiewe GBM-datum van 14-18 Februarie 2021 nie realiseer nie. Spesifieke datums kan op hierdie stadium nie bevestig word nie, maar sal so spoedig moontlik gekommunikeer word en hang af van Covid-19 verwikkelinge.

Afgevaardigdes is welkom om te registreer. Die GBM sal nog steeds aangebied word by die Woord en Lewe Kerk in Boksburg. Registrasie vir die geleentheid (alhoewel ‘n spesifieke datum nie bevestig kan word nie) kan aanlyn gedoen word:

https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413

3. AGS-PASTORE WORD VEREER DEUR DIE EVANGELIESE ALLIANSIE VAN SUID-AFRIKA (TEASA)

Die Evangeliese Alliansie van Suid-Afrika (TEASA) het sy 25ste bestaansjaar gevier op 27 November 2020. As deel van die viering het TEASA ‘n aantal persone vereer wat belangrike bydraes gelewer het tot die evangeliese getuienis in Suid-Afrika en die wêreld. Die volgende twee Pastore van die AGS van SA was vereer: (i) die wyle Pastoor Richard Sihlobosenkosi Ngidi wat op 4 Mei 1985 oorlede is en (ii) Pastoor Frank Chikane. Hierdie twee Pastore verteenwoordig passie en toewyding vir evangelisasie, kerkplanting en sosiale geregtigheid. Ons dank God vir hierdie twee Pastore se werk in die AGS van SA asook in die breër kerk.

Seëninge!

MG Mahlobo

Spread the word...