Nuusflits: Vrydag, 31 Julie 2020

Laai die PDF weergawe hier af:

31 JULIE AFR 2020

AGS Kollega,

1. AGS DAG VAN GEBED EN VAS – 2 AUG 2020

By die NLF (National Leadership Forum) vergadering in Julie is besluit dat die AGS Dag van Gebed en Vas vir 2 Augustus 2020 geskeduleer sal word. Gebedspunte sal die volgende insluit:

• God se ingryping in die daling van die infeksiekurwe van die Covid-19-pandemie.

• Gebed vir ons werkers in die voorste linie (mediese dokters, verpleegkundiges, sleutelwerkers in die gesondheidsindustrie, sekuriteitsgroepe, studente en onderwysers).

• Die land se ekonomie.

• Almal wat met die virus besmet is – veral die families van diegene wat aan die pandemie beswyk het.

• Bid teen die demoniese gees agter geslagsgebaseerde geweld in ons land,

• Bid teen geweldsmisdaad in al ons gemeenskappe.

Ek vra dat jy ‘n solidariteitsgebed sal hou om 12h00-13h00 op Sondag, 2 Augustus 2020. Kyk hieronder na ‘n videoboodskap rakende die AGS Dag van Gebed en Vas:

2. ONDERWYS- EN OPLEIDINGSDEPARTEMENT: BELANGRIKE OMSENDBRIEF

In verband met voornemende studente, lig ons jou vriendelik in oor belangrike aangeleenthede rakende studenteaansoeke by die AGS van SA. ‘n Belangrike omsendbrief van Dr. Japie La Poorta is beskikbaar vanaf die onderstaande skakel:

Circular from Dr J J La Poorta

3. BEGRAFNISSE: BRIEF VAN DIE SACC (SOUTH AFRICAN COUNCIL OF CHURCHES)

‘n Brief van die SACC wat die uitdagings van begrafnisse vir pastore en hul kerke aanspreek, is ook nou beskikbaar vanaf die onderstaande skakel:

On the Challenge of Funerals for Pastors and their Churches

Seëninge!
MG Mahlobo

Spread the word...