Laai die PDF weergawe hier af:
Die Nasionale Ampsdraers sien daarna uit om met die leierskap van die kerk in die komende NOB-bemagtigingsbesoeke, kontak te maak! Ek moedig jou aan om hierdie strategiese byeenkoms in jou provinsie by te woon. Meer inligting word hieronder gegee in vandag se Nuusflits.
1. SPESIALE UITNODIGING: NOB STREEKSBESOEKE 2020
Hiermee nooi ons alle Pastore, lede van die Beheerliggame, Leiers en Nasionale Jeug uit na die 2020 NOB Bemagtigingsbesoeke. Die doel van die besoeke is om inligting te deel, opleiding te verskaf en gesprek te voer oor kwessies van strategiese belang vir die kerk. Ek wil jou sterk aanmoedig om die bemagtigingsessie in jou Provinsie by te woon.
Die tema vir die besoeke is:
Aksies met Impak
Leierskap in ‘n missionale kerk
Ons sien uit daarna om met die kerk oor die volgende onderwerpe te praat:
- Die Impak van die Bediening op die kinders van Pastore.
- Die Nominasieproses en datums vir die verkiesing van die Nasionale Ampsdraers in 2020.
Hier is alreeds ‘n dokument beskikbaar oor die onderwerp. Laai gerus af by die volgende skakel: http://afm-ags.org/category/media/ - Vroue in Leierskap.
- Die Rol en Funksie van ‘n Pastoor binne ‘n Missionale kerk.
- Om Kerk te wees in die markplein.
- Gemeenskapsbetrokkenheid: Praktiese Implementering (Aangebied deur die AFM Welfare)
Die program vir Vrydag en Saterdag kan afgelaai word vanaf die volgende skakel:
http://afm-ags.org/category/events/
Die Nasionale Ampsdraers gaan besoeke aflê aan al die Provinsies op die volgende datums:
2. UP4SA: Nasionale Gebedsinitiatief
Ek is dankbaar vir die wat alreeds in Januarie-maand gebid en gevas het.
Dit is ‘n algemene feit dat Suid-Afrika uitdagings ervaar op vele tereine. Die belangrikste verantwoordelikheid van Christene is om ernstig en getrou te bid. Op 1 Maart 2020 vind ‘n landswye gebedsinitiatief plaas. My versoek is dat pastore en gemeenskapsleiers dit biddend sal oorweeg om vrywillig ‘n gebedspunt in hul plaaslike gemeenskap te koördineer. So ‘n individu word bemagtig om die gebedspunt te koördineer en ontvang ‘n hulpbronne.
Wees bewus van die nodige inligting om deel te neem aan wat ek glo is ‘n God-geïnspireerde initiatief:
up4sa AFM of SA 2020
3. OMSENDBRIEF: Januarie 2020
Neem asseblief kennis van ‘n omsendbrief (of ‘n “Circular”) wat vroeër die week aan alle AGS-gemeentes gestuur is; hetsy per e-pos of pos. Ter verwysing, sluit ons dit weer hier in die Nuusflits in:
- Nominasievorms vir die poel van die NOB-verkiesing in 2020 (Bylae A & B). Let daarop dat daar ‘n aparte vorm vir Gemeentes en Streekskomitees is.
- ‘n Versoek van Dr. Isak Burger rakende ‘n boek oor wonderwerke (Bylaag C).
- Die aanstelling van ‘n nuwe AGS verteenwoordiger vir die Bybelgenootskap.
- ‘n Herinnering om die datums van aktiwiteite en gebeure op die amptelike AGS-kalender in ag te neem.
Volg die skakel hieronder na die AGS-webwerf om die Omsendbrief en alle bylaes af te laai:
http://afm-ags.org/category/media/
4. VAKANTE POS: Oos-Kaap
Presiderende Pastoor – Middelburg, Oos-Kaap.
Die posisie is oop vanaf 1 Maart 2020 of so gou daarna.
CV’s kan gestuur word na admin@agsluxdei.co.za.
Alle navrae kan gerig word aan Pastoor Nico Luther: 084 956 3097 of 049 842 3645.
Seën
Past. M.G. Mahlobo