Laai die Nuusflits hier af in PDF-formaat (om maklik per e-pos te stuur of uit te druk):
HULPBRONNE:
1. AGS van SA Reaksie op die President te Toespraak (26.07.2021)
https://afm-ags.org/afm-response-to-the-presidents-address-to-the-nation-26-07-2021/
2. Pastorale Brief: 2de Kwartaal
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2021/
3. Moontlike Aanvaarding van ‘n Enkele Huwelikswet: AGS Terugvoer
https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2021/05/Letter-to-the-SLRC-4-May-2021.pdf
4. PEPUDA Wysigingswetsontwerp: AGS Terugvoer
https://afm-ags.org/pepuda-amendment-bill-afm-response-june-2021/
AGS Kollega,
Laat my toe om jou te groet met die woorde uit 3 Johannes 2: “Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan” (NLV).
1. WEES HOOPVOL & STERK
Ons bevind onsself nog steeds in die Covid-19 seisoen. Nie een van ons weet hoe lank hierdie pandemie sal duur nie. Ek is steeds hartseer oor die verlies van lewens wat nou bereken word op meer as 70 000 sterftes landswyd. Verder is dit vir my baie moeilik en seer om te aanskou hoeveel van ons eie Pastore en hul eggenote oorlede is as gevolg van Covid-19 verwante oorsake. Ek is egter oortuig dat die Kerk van Jesus Christus die Covid-19-storm sal deurstaan en sterker sal uitkom as voorheen. In Matteus 16:18 het Jesus vir Petrus gesê: “Ek verklaar nou vir jou: Jy is Petrus. Op hierdie rots sal Ek my kerk oprig, en al die magte van die doderyk sal dit nie oorwin nie.” (NLV)
As dit kom by bediening is tegnologie tans ‘n struikelblok vir baie van ons Pastore. Sommige van hierdie uitdagings het te make met ‘n gebrek aan elektrisiteit, internetverbinding, terwyl ander uitdagings veroorsaak word deur ‘n gebrek aan praktiese kennis en ervaring. Ek is ook daarvan bewus dat baie van ons Pastore finansiële uitdagings ervaar. Ons moet nooit toelaat dat hierdie uitdagings ons onder kry nie. Ons moet alle moontlikhede ondersoek om ons uitdagings te bestuur. Hierdie uitdagings verplig ons om ons bediening te heroorweeg en te prioritiseer. Ons moet onsself met vindingryke persone omring wat ons kan help.
2. ALGEMENE BESIGHEIDSVERGADERING (GBM)
Soos jy dalk alreeds weet, is die Nasionale Ampsdraers deur die Nasionale Leierskapforum (NLF) van Maart 2021 opdrag gegee om die moontlikheid te ondersoek om die Algemene Besigheidsvergadering (GBM) gelyktydig op verskillende plekke te fasiliteer. Dit was gekoppel aan die inperkingsreël wat in-persoon kerklike byeenkomste van 200 mense toegelaat het. In hierdie verband was daar vordering gemaak, maar ongelukkig was kerk byeenkomste tydens die piek van die derde golf nie toegelaat nie. Tans is kerklike byeenkomste beperk tot 50 mense, wat ook nie ‘n gunstige situasie is nie.
Let daarop dat die NLF van Augustus 2021 oor hierdie saak sal beraadslaag om te besluit wat die strategie vorentoe moet wees.
3. myAFM APP: BINNEKORT HIER!
Ons is opgewonde om aan te kondig dat die AGS van SA binnekort ‘n toep of APP sal hê! In die Pastorale Brief van die eerste kwartaal het ons gefokus op tegnologie en die Groot Opdrag (https://afm-ags.org/pastorale-brief-1ste-kwartaal-2021/). As kerk het ons toegang tot tegnologie wat ons in staat stel om meer lewens te bereik en gelowiges te bemagtig vir ‘n daaglikse missionale lewenstyl. Die myAFM toep is ‘n platform vir alles wat AGS is, op een plek. Die toep sal intekenare toelaat om preke te kyk, toegang te verkry tot verskillende Bybelvertalings, ‘n weeklikse dagstukkie te lees, inligting te ontvang oor AGS-gebeure en ander regstreekse kennisgewings of boodskappe. Intekenare sal geestelik gevoed en bemagtig word om agente van verandering binne hul plaaslike gemeenskappe te wees.
Die myAFM toep of APP het ook ‘n spesiale afdeling vir AGS Pastore. Pastore kan inteken en maklik toegang geniet tot gereelde Nuusflitse, Pastorale Briewe, Amptelike Verklarings, Omsendbriewe en Regstreekse Kennisgewings. Pastore sal vooraf registreer om toegang tot hierdie privaat-afdeling van die toep te verkry. Instruksies vir registrasie volg binnekort!
Seën!
MG Mahlobo