Nuusflits: Vrydag, 29 Mei 2020

29 MEI AFR 2020

AGS Kollega,

1. DIE HEROPENING VAN KERKE

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat plekke van aanbidding toegelaat sal word om te heropen wanneer die land vanaf 1 Junie 2020 na Vlak 3 beweeg.

Hierdie aankondiging hou ‘n groot verantwoordelikheid in vir kerkleiers om te verseker dat ons kerke nie episentrums word vir die infeksie nie. 

Dit impliseer dat alle AGS gemeentes moet voldoen aan die regulasies wat deur die regering uitgereik word ten opsigte van ‘n Covid-19 protokol. Ek is van mening dat baie van ons plaaslike gemeentes moontlik nie die kapasiteit het om aan die regulasies te voldoen nie. Om hierdie rede doen ek ‘n beroep op elke plaaslike Pastoor of Leier van ons gemeentes, om deeglik te oorweeg of hul gemeente wel moet open of nie. Op hierdie stadium sal die kinderbediening gesluit bly. Ek sou voorstel dat ander departemente ook gesluit moet bly tydens Vlak 3. Die nakoming van Covid-19 regulasies is ononderhandelbaar. Die NOB (Nasionale Ampsdraers) sal ‘n formele dokument stuur sodra die regulasies uitgestuur word.

2. PINKSTER SONDAG EN NASIONALE DAG VAN GEBED

Die komende Sondag, 31 Mei 2020 is Pinkster Sondag. Dit sal ook ‘n nasionale dag van gebed wees. Terwyl ons die uitstorting van die Heilige Gees (Handelinge 2) vier, laat ons ook in ons huise, bid vir elke persoon wat geraak word deur die Korona-virus, elke persoon wat ‘n geliefde verloor het weens die virus en elke persoon wat in die voorste linie veg teen die Covid-19 pandemie.

3. KERKREGULASIES WAT VANAF 1 JUNIE 2020 IN WERKING KOM

Pastore word in kennis gestel dat die volgende regulasies, soos goedgekeur deur die NLF Maart 2020, vanaf 1 Junie 2020 geïmplementeer sal word:

• “Administration of Justice” (Aanhangsel 11 van die AGS van SA se Konstitusie)

• Beleid rakende “Assembly Leaders”

Hierdie regulasies sal deur die loop van Junie 2020 op die kerk se webwerf geplaas word.

4. BOODSKAP VANF DIE BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA  

(Pastore George Thompson, Bennie Francke en Nimrod Kekana – Namens Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika)

“Die Covid-19 virus het ‘n mate van onsekerheid in die kerk veroorsaak. Die inperking het baie uitdagings tot gevolg gehad vir die kerk op nasionale, streeks- en plaaslike vlak. As gelowiges is ons egter gelukkig omdat ons weet wie ons bron van krag is, wie ons voorsiener is en wie Sy kerk bou. Die Bybelgenootskap van SA waardeer opreg die leierskap van nasionale, streeks- en plaaslike gemeentes vir hul gebede en vennootskap. Ons bid dat elke gemeente sterker sal wees as voor die koms van die Covid-19 virus. Ons bly aanhou bid vir die welstand en veiligheid van elke Pastoor, hul eggenoot en familie. ”

Seën!
MG Mahlobo

Spread the word...