Nuusflits: Vrydag, 29 Januarie 2021

Laai die Nuusflits af in PDF-formaat om maklik uit te druk en per e-pos aan te stuur:

AFM 29 JAN AFR NUUSFLITS

HULPBRONNE:

1. GBM Aanlyn Registrasievorm:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413

2. Pastorale Brief: 4de Kwartaal:
https://afm-ags.org/pastorale-brief-4de-kwartaal-2020/

3. AGS van SA Nasionale Kalender:
https://afm-ags.org/updated-afm-calendar-2021/

4. Skrywe aan die Staatspresident rakende die verbod op Kerkbyeenkomste:
https://afm-ags.org/category/media/

AGS Kollega,

1. DIE PASTOOR SE VEILIGHEID EN GESONDHEID

Soos wat die tweede golf van Covid-19 opsprake maak in Suid-Afrika, kan die impak op Pastore nie geïgnoreer word nie. Hierdie pandemie onderskei nie op grond van geslag, ras, klas of opvoedingsvlak nie – almal word geraak, ook ons ​​Pastore. Ons het, en verloor ongelukkig nog steeds Pastore aan Covid-19. Pastore is in die voorste linie soos wat hulle lidmate en hul plaaslike gemeenskappe bedien. Ek bid vir beskerming en voorsiening in al ons Pastore se lewens.

In gemeentes waar lidmate steeds die tradisionele siening het dat die Pastoor alleenlik verantwoordelik is om die werk van die Here uit te voer, het nou ‘n beduidende risiko geword. Hierdie oortuiging dat ‘n Pastoor persoonlik moet verskyn vir elke noodgeval wat sy/haar lidmate ervaar, hou nou ‘n gevaar in vir die veiligheid en gesondheid van ons Pastore. Baie van ons lidmate verwag dieselfde behandeling as voor Covid-19. In reaksie op hierdie verwagting kan ‘n Pastoor moontlik druk ervaar en uiteindelik kompromieë aangaan – met die doel om nie die lidmate aanstoot te gee nie.

In ‘n tyd soos hierdie is dit van kardinale belang vir Pastore om goeie besluite oor hul eie veiligheid en gesondheid te neem. Oorweeg dit om telefonies berading en gebedsondersteuning te doen. Oorweeg dit om aanlynvergaderings te doen op platforms soos Skype, Zoom of WhatsApp-video-oproepe. Sommige mense kla maklik oor die koste van data – sonder inagneming van die uitgawes wat hulle aan brandstof en vervoer sou spandeer om in-persoon ‘n vergadering by te woon. Ek moedig jou aan om nie onder druk te voel ​​om persoonlike vergaderings by te woon waar sosiale afstand nie waargeneem word nie. Moenie bang wees om daarop aan te dring dat toerusting soos ‘n mikrofoon of preekstoel, voor en na gebruik, gesaniteer word nie.

Ek deel die oortuiging dat Pastore ook beskerm moet word en hulself moet beskerm. Deur dit te doen, beskerm jy nie net die lidmate van jou gemeente nie, maar ook die lede van jou gemeenskap waarmee jy in aanraking kom. Stuur gerus vir my jou terugvoer, insette en aanbevelings rondom die onderwerp van ‘n Pastoor se veiligheid en gesondheid tydens Covid-19: mmahlobo@afm-ags.org.

2. 2021 NOB BEMAGTIGINGSBESOEKE: SPESIALE KENNISGEWING

Let asseblief daarop dat die geskeduleerde NOB Bemagtigingsbesoeke wat vir die naweek van 5-6 Februarie (Kaapstad en Vrystaat) geskeduleer is, weens die inperkingsregulasies op Grendelvlak 3 – tot verdere kennisgewing uitgestel word. Meer inligting en kommunikasie sal gestuur word na die Staatspresident se volgende toespraak aan die land. Die toespraak word verwag op of rondom 15 Februarie 2021.

Die res van die NOB Bemagtigingsdatums bly onveranderd tot verdere kennisgewing. As jy nog nie die AGS 2021 Kalender afgelaai het nie, gebruik gerus die onderstaande skakel:

https://afm-ags.org/updated-afm-calendar-2021/

3. ALGEMENE BESIGHEIDSVERGADERING (GBM): KENNISGEWING

Neem verder kennis dat as gevolg van die inperkingsregulasies op Grendelvlak 3, sal die tentatiewe GBM-datum van 14-18 Februarie 2021 nie realiseer nie. Spesifieke datums kan op hierdie stadium nie bevestig word nie, maar sal so spoedig moontlik gekommunikeer word en hang af van Covid-19 verwikkelinge.

Afgevaardigdes is welkom om te registreer. Die GBM sal nog steeds aangebied word by die Woord en Lewe Kerk in Boksburg. Registrasie vir die geleentheid (alhoewel ‘n spesifieke datum nie bevestig kan word nie) kan aanlyn gedoen word:

https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413

4. SKRYWE AAN DIE STAATSPRESIDENT RAKENDE DIE VERBOD OP KERKBYEENMOMSTE

Hiermee die skrywe wat ek gestuur het aan die Staatspresident oor die verbod op kerkbyeenkomste. Die brief kan afgelaai word vanaf die AGS-webblad by die volgende skakel:

https://afm-ags.org/category/media/

5. PCD: KENNISGEWING

Laastens, let asseblief daarop dat daar nog geen besluit geneem is rakende die PCD-krediete vir 2021 nie. Pastore word aangemoedig om soveel moontlik PCD-krediete in te samel totdat ‘n besluit bekend gemaak word. Ons is tans in jaar drie van die huidige 4-jaar siklus (2019-2022). Indien ‘n Pastoor sou agter raak met die vereiste aantal krediete, sal dit voor die einde van 2022 ingehaal moet word – Dit is wanneer alle geordende Pastore weer aansoek moet doen vir statusvernuwing.

Vir verdere kennisgewings, volg die PCD-bladsy op Facebook by die volgende skakel:

https://www.facebook.com/pcd.afm

Seëninge!
MG Mahlobo

Spread the word...