Nuusflits: Vrydag, 29 April 2022

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits: Vrydag, 29 April 2022

HULPBRONNE

1. AGS van SA: Nasionale Kalender 2022
https://afm-ags.org/afm-calendar-2022/

2. 2022 NOB Bemagtigings Besoeke: Program
https://afm-ags.org/2022-nob-empowerment-visits/

3. Pastorale Brief: 1ste Kwartaal 2022 (Nuut!)
https://afm-ags.org/pastorale-brief-1ste-kwartaal-2022/

4. AFM Seminary Application Form: 2de Semester 2022
https://afm-ags.org/category/media/

AGS Kollega,

1. KZN VLOEDE: HOE DIE AGS VAN SA HULP VERLEEN

Dit is een van die ergste natuurrampe wat Suid-Afrika die afgelope paar jaar getref het. Die Nasionale Ampsdraers (NOB) het op 20-21 April 2022 die KwaZulu-Natal Provinsie besoek. Ons het met die ampsdraers van die streke vergader om onsself te vergewis van die situasie en die realiteit op die grond. Ons het saam met ons leiers gebid en hulle aangemoedig om te help waar dit moontlik is.

Ons plaaslike AGS Gemeentes en Streke doen wat hulle kan om daagliks uit te reik na lidmate en lede van die gemeenskap. Die grootste behoeftes is drinkwater, (daar is nie eers water by die Durbanse lughawe nie), kos en komberse.

Baie dankie aan daardie Streke en Gemeentes, asook individue regoor die land wat geld in die AGS se KZN Vloedhulpfonds inbetaal het – ons het ‘n bedrag van R50,000.00 ontvang (wat ander direkte bydraes van AGS Streke en Gemeentes uitlsuit). Dankie ook aan die wat water, kos en komberse gestuur het. Waar moontlik probeer ons hulp verleen aan werklike pogings wat verligting bring deur water en kos te koop.

Ons glo dit is belangrik om aanspreeklikheid te toon met alle hulpverleningbydraes wat ontvang word. Ons deel hierdie fotos as deel van ons aanspreeklikheid (wat ook ‘n waarde van ons kerk is).

Die gebiede wat die meeste geraak word is in die Ethekwini-distrik van Durban en sluit Ntuzuma, Toti, Wentworth, Scottburgh, KwaMashu en Marrianhill in. In hierdie gebiede alleen word ‘n geraamde getal van 4,780 huishoudings geraak. In die Ugu-distrik by KwaMasinenge word plekke soos Margate, KwaXolo, Ezingolweni, Umndoni en Mtwalume geraak (wat meer as 4,000 huishoudings insluit). In die Ilembe-distrik word Mandini, Umdloti, Ballito en KwaDukuza/Stanger ingesluit. In die Tongaat-gebied word beraam dat die volle herstel van watertoevoer tot ses maande kan neem.

Ander gebiede wat ook geraak word sluit in uMkambathini, Hopewell, Gezibuso en Plessislaer, asook Nongoma in die Zoeloeland-distrik. Jozini, Umkhuze, Enkanini en Meerensee is ook geraak, met berigte van skade by Ladysmith, Bergville, uMsinga, Danhauser, Estcourt, Greytown en Tugela Ferry.

Hou asseblief aan om vir hierdie gemeenskappe te bid en, indien moontlik, help ons om ons broers en susters by te staan. Indien jy ‘n bydra tot die AGS van SA se Hulpfonds wil maak, gebruik asseblief een van die volgende metodes:

Vir aanlyn skenkings:
https://www.payfast.co.za/donate/go/apostolicfaithmissionsa

Vir EFT-skenkings:
Bank Naam: ABSA
Rekeningnaam: Apostoliese Geloofsending van SA
Rekeningnommer: 1017230766
Rekeningtipe: Tjek
Takkode: 632005
Verwysing: KZN Vloede

2. TEOLOGIESE OPLEIDING: REGISTRASIES (2de SEMESTER 2022)

Neem asseblief kennis dat die sluitingsdatum vir 2de semester aansoeke verleng word tot en met die 30ste Mei 2022. ‘n Kandidaat wat vir ‘n BTh-graad wil inskryf, moet verkieslik deur die AGS Seminarium aansoek doen deur:

  • Die AGS Seminarium Aansoekvorm aanlyn af te laai en te voltooi: https://afm-ags.org/category/media/. Voor kandidate by die Noordwes-Universiteit (NWU) aansoek doen, moet hul hierdie aansoekvorm voltooi saam met die betrokke gemeente se beheerliggaam asook die streekskomitee.

Kandidate wat kies om direk by NWU aansoek te doen, moet die NWU Aanlyn Aansoekvorm gebruik: http://studies.nwu.ac.za/studies/how-apply-online. Kandidate moet die AGS Seminarium egter in kennis stel deur ‘n e-pos te stuur aan Sophia Masipa by: studentservices@afm-ags.org, tesame met ‘n voltooide afskrif van bladsye 9-10 van die AGS Seminarium Aansoekvorm, ‘n afskrif van hul ID en matrieksertifikaat. Die AGS Seminarium sal dan ‘n lêer open vir elke AGS NWU-geregistreerde student.

Vir BTh- en BTh Honeurs-grade, maak asseblief seker dat die Fooie Ondernemingsvorm ook voltooi is. Hierdie vorm is beskikbaar vanaf die volgende skakel: https://afm-ags.org/category/media/.

 3. KOMENDE AGS KONFERENSIES

National Men’s Fellowship Conference:
Om te registreer, kontak gerus jou NMF-streeksvoorsitter.

National Youth Conference:
Om te registreer, gebruik asseblief die aanlynvorm:
https://forms.gle/XguCfvqDpckvSgGd6

National Sisters Fellowship Conference:

Seëninge!
Henri Weideman

Spread the word...