Nuusflits: Vrydag, 28 Junie

Laai die PDF weergawe hier af:

28 JUNE AFR 2019

1.  UITNODIGING NA DIE AGS NASIONALE KONFERENSIE

Laai die nuutste Akkommodasie Lys hier af:
http://afm-ags.org/category/events/

Aanlyn Registrasies word ook nou aanvaar:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=365

Die AGS Nasionale Konferensie sal plaasvind in Kaapstad by “The Lighthouse Ministries”, Voortrekkerweg 275, Parow. Die tema is “Rooted in Christ”. Dit begin met ‘n aanddiens op Sondag, 15 September en eindig weer met ‘n aanddiens op Woensdag, 18 September 2019.

Afgesien van die inspirerende aanddienste, sal daar ook PCD (Pastorale Deurlopende Ontwikkeling) sessies wees wat fokus op die kwessies wat nodig is vir geestelike groei. Pastore en lidmate is welkom. Dit sal die volgende onderwerpe insluit: “Gebed” aangebied deur Suzette Hattingh, “Opvolging” deur Dr. Anthony Jacobs en “Kerkplaning” deur Danie Vermeulen. Dit sal ook ‘n sessie insluit wat gefokus is op die behoeftes van pastoor vrouens.

Vir meer inligting besoek gerus die volgende skakels:
http://afm-ags.org/
https://www.facebook.com/AFMOFSA/

Ons sien uit daarna om jou by die konferensie te ontvang!

2.  DVD OPNAME NOU BESKIKBAAR
Na 40 jaar in die bediening deel die President van die AGS, Past. M.G. Mahlobo en die Adjunkpresident, Dr. J.J. La Poorta waardevolle leierskaplesse en beginsels – veral met die jeug en jong pastore. In hierdie video opname praat hulle oor die eenheid in die AGS en die soort leierskap wat God gebruik het om die kerk te verenig. Hulle raak ook die volgende onderwerpe aan: die balans tussen bedienings- en  gesinsverantwoordelikhede, persoonlike foute wat al gemaak is, die belangrikheid van mense wat raad en advies gegee het asook die interne en eksterne uitdagings wat die kerk in die gesig staar.

Om ‘n DVD te bestel, stuur asseblief ‘n e-pos na:
inocentia@afm-ags.org

R100 per DVD – Posgeld ingesluit.

R50 per DVD – As dit direk by die Nasionale Kantoor afgehaal word.

Die AGS Nasionale Kantoor se adres is:
257 Jean Avenue
Gebou Nr. 14, Central Office Park
Centurion Gauteng

Ons vertrou dat hierdie opname ons leiers sal seën en toerus met waardevolle insig en ervaring. Let asseblief daarop dat hierdie opname vroeër vanjaar gebruik was as deel van die 2019 Nasionale NOB Bemagtigings- of Streeksbesoeke.

3.  VAKANTE POS: NAMIBIA

VAKANTE POS VIR LERAAR
AGS OTJIWARONGO TABERNAKEL

AANSOEKE WORD INGEWAG VIR BOGEMELDE VAKATURE

Otjiwarongo Tabernakel is ‘n plattelandse AGS gemeente met ‘n moderne aanslag, geleë te Otjiwarongo in die Sentrale Noorde van Namibia.

Applikante moet aan die volgende vereistes voldoen:

• Geordende Pastoor van die AGS wees.
• Namibiese burger wees of kwalifiseer vir burgerskap.
• Oor vorige ondervinding beskik as Pastoor van ‘n gemeente.
• Oor goeie leierskap en bestuursvaardighede beskik.
• Bereid wees om as ‘n span saam te werk met leierskap in die gemeente.
• Nuut en innoverend kan dink.
• Oor Koningkryks-visie beskik.

Navrae kan gerig word en CV kan gestuur word aan:

P. Fourie
Tel:  09 264 67 303389
Sel:  +264 81 343 7590
ffd@iafrica.com.na

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE IS 12 JULIE 2019.

Seën
M.G. Mahlobo

Spread the word...