Nuusflits: Vrydag, 28 Julie 2023

Laai die PDF weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits_Vrydag_28 Julie 2023

HULPBRONNE

Pastorale Brief: 2de Kwartaal 2023 Nuut!
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2023/

2023 NOB Bemagtigingsbesoeke: Video-aanbiedngs Nou Beskikbaar!
https://youtube.com/playlist?list=PLMguBPJZpLHbz8L2qUnk-3LmgsrI9BKFc

Liewe Kollega,

1. DIE VROUE IN ONS LEWENS

Vroue het baie gedoen en doen steeds baie in ons gemeenskappe, in ons kerke en ook in ons huise en persoonlike lewens om alles in die samelewing bymekaar te hou en op ‘n goeie manier vorentoe te laat beweeg. Oor die jare is baie van die sosiale veranderinge wat ons vandag sien en vier, geïnisieer deur vroue wat opgestaan het vir dit wat reg en regverdig is. In ons huise, gesinne en in die werkplek speel vroue dikwels ‘n belangrike rol om gesonde gewoontes, sterk geloofsoortuigings, beste praktyk en morele standaarde in plek te hou.

Almal van ons wat vandag leef, is op ‘n stadium uit ‘n vrou gebore. Ons moeders het ons gevoed en gekoester en ons ten minste die basiese beginsels van die lewe geleer. Ek onthou hoe my eie ma my geleer het om my kamer skoon te maak, my eie bed te op te maak en ‘n paar take in en om die huis te doen. Sy was ook die eerste een wat my voorgestel het aan geloof in God, deur vir my uit die Kinderbybel te lees en my te leer bid. Sy het my geleer om op te staan vir myself en dit waarin ek glo, en om verantwoordelikheid te neem vir my eie toekoms. Later in haar lewe was sy die een wat gewerk het om ekstra inkomste te verdien om my in staat te stel om vir my eerste jaar op universiteit te registreer.

Tot vandag toe kan ek nog die gesig sien van Tannie Willie Marais, die dame wat my Sondagskoolonderwyseres in Graad 1 in Kimberley was. Ek kan nie spesifiek onthou wat sy ons in die klas geleer het nie, maar ek onthou haar vriendelikheid en haar liefde vir Jesus. Ek onthou ook ‘n ouma, Tannie Jonker, wat my as ‘n jong pastoor na haar huis sou roep sodat sy vir my kan bid en my kan bemoedig.

Meer onlangs, is die ervaring van my eie vrou wat ons dogter versorg, koester en aanmoedig terwyl sy grootgeword het. Sy het leiding of verskeie vlakke verskaf en haar geleer om behoorlike en smaaklike kos te maak. Dit alles terwyl sy gewerk het om ‘n inkomste vir ons toekomstige welstand te verdien en my te ondersteun in die bediening en die lewe in die algemeen. Ek lees Spreuke 31: 30-31 (NLV) in die konteks van al bogenoemde: “Skoonheid is soms misleidend. ’n Mooi voorkoms hou nie vir altyd nie. ’n Vrou wat ontsag het vir die Here verdien om geprys te word. Gee vir haar die waardering wat sy verdien. Laat sy erkenning geniet…op grond van alles wat sy gedoen het.”

Kom ons maak ‘n punt daarvan om al die vroue in ons lewens te respekteer, te vier en te erken – veral tydens Vrouemaand hierdie Augustus. Ons het uitstekende leiers wat vroue is (in die AGS van SA het ons 378 vroue Pastore), wonderlike moeders en uitsonderlike vroue, susters en dogters met wie ons die lewe deel. Mag hulle almal waardeer en gewaardeer voel deur wat ons sê en veral deur hoe ons hulle behandel.

2. AGS NASIONALE KONFERENSIE: REGISTRASIES NOU OOP

Registreer NOU: http://www.afm-conference.co.za/ 

Neem asseblief kennis van die jongste Omsendbrief vanaf Past. Selby Khumalo (Hoofsekretaris), oor die registrasieproses vir die nasionale konferensie: https://afm-ags.org/category/media/

7-9 September 2023 by die Lighthouse Christian Centre
275 Voortrekker Road, Parow, Kaapstad

Ons is opgewonde om die besonderhede vir die komende AGS Nasionale Konferensie aan te kondig. Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Wees deel van ‘n kragtige tyd van bediening, gebed, aanbidding en samesyn. Ons sien daarna uit om die AGS Familie in die Wes-Kaap te verwelkom vir hierdie dinamiese byeenkoms.

Kry ALLE inligting oor hoe om suksesvol te registreer by:
https://afm-ags.org/ablaze-national-conference-2023/

Aanlyn en tradisionele registrasie opsies is beskikbaar. Vroeë registrasie word aangemoedig om enige ongerief verbonde aan laat registrasie te vermy.

Aanlyn Registrasies:
Skandeer die QR-kode
>>>>>>>>>>>>>>

Tradisionele Registrasies:
Laai die Registrasievorm hier af:

KLIK HIER

Ons sien uit daarna om jou in Kaapstad te verwelkom!

Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...