Nuusflits: Vrydag, 28 Januarie 2022

Laai die PDF weergawe hier af (om maklik uit te druk of te stuur per e-pos):

AGS Nuusflits: Vrydag, 28 Januarie 2022

 

HULPBRONNE

1. AGS van SA: Nasionale Kalender 2022
https://afm-ags.org/afm-calendar-2022/

2. Nasionale Kinderbediening: 2022 GBM Kennisgewing, Registrasie & Ondersteunende Bylaes (Dringend!)
https://afm-ags.org/category/media/

3. Nasionale Kinderbediening: Omsendbrief 1 van 2022
https://afm-ags.org/category/media/

4. 2022 NOB Bemagtigings Besoeke: Program
https://afm-ags.org/category/events/

AGS Kollega,

1. ‘N MAAND VAN VAS EN GEBED

Soos ons die einde van ons vas- en gebedsmaand vir Januarie 2022 nader, wil ek jou daaraan herinner dat gebed (en vas) nie iets is waarop ons net gedurende een maand van elke jaar moet op fokus nie: As gelowiges glo ons in die krag van die geestelike dissiplines van gebed en vas – om God aan te raak en om ons as mense te transformeer.

Gebed en vas help ons nie om meer van God se aanvaarding of liefde te verkry nie. Ons het dit reeds. Dit help ons om beter op God te fokus en om ons begrip van Sy visie en plan vir ons lewens te verbreed. Dit help ons ook om Sy stem beter te hoor. Die aksie van gebed en vas herinner my aan die woorde van Dawid in 2 Samuel 22:21 (The Message): “God made my life complete when I placed all the pieces before Him.”

Mag ons voortgaan om die stukke van alles wat onopgelos of gebreek is in ons eie lewens en in ons gemeenskappe, voor God te plaas in gebed. Een van ons beste aksies in die huidige tyd van onsekerheid is beslis om te fokus op, en voortdurend te groei in ‘n gereelde praktyk van gebed en vas.

2. STRATEGIESE BEPLANNING

Die Nasionale Ampsdraers (NOB) het aan die begin van Januarie 2022 ‘n paar dae spandeer om te fokus op die uitklaring van ons strategiese voorneme vir die huidige termyn. Ons sal dit, sowel as die gepaardgaande doelwitte en aksiestappe om dit te realiseer, binnekort met jou deel.

3. 2022 NOB BEMAGTIGINGS BESOEKE
Ons sien daarna uit om weer persoonlik met ons Pastore, Kerkrade, Departemente, die Jeug en verteenwoordigers van Gemeentes te kan ontmoet tydens die NOB Bemagtigings Besoeke aan ons streke. Hierdie jaar gesels ons oor die tema van Rentmeesterskap, wat deel van ons almal as gelowiges en dienaars van God se roeping, uitmaak. Rentmeesterskap is ook ‘n belangrike deel van ons Missionale Strategie onder die fokus area van Goeie Bestuur (Governance).

  

As die Here wil, sal ons by die volgende plekke op die volgende datums wees:

04-05 Februarie: Kaap (AGS Bellville) & Vrystaat (AGS Jubilate, Bloemfontein).

18-19 Februarie: KwaZulu-Natal (Amanzimtoti).

03-05 Maart: Limpopo (AGS Taberna Dei Moedergemeente) & Mpumalanga (Communio Nelspruit).

08-09 April: Gauteng (AGS Herlewingsentrum, Pretoria) & Noordwes (AGS Oase, Klerksdorp).

20-21 Mei
: Noord-Kaap (AGS Rehobot, Upington) & Oos-Kaap (Gees en Lewe, Oos-Londen).

 

4. NASIONALE KINDERBEDIENING: KENNISGEWINGS
Groete in die naam van die Here ons Verlosser, Jesus Christus!

Hervatting van Kinderbediening Aktiwiteite & Verkiesing Van Streekbedieningstrukture

 

Dit is meer as 20 maande sedert ons deur die Covid-19-pandemie getref is en die aktiwiteite van die Kinderbediening ernstig ontwrig is in ons strukture en Gemeentes. In hierdie verband wil ek aanbeveel dat alle Kinderbedienings-aktiwiteite met onmiddellike effek in al die strukture en Gemeentes hervat word – onder streng Covid-19-protokol en regulasies. Sommige Gemeentes het goed gevaar om te verseker dat daar na die geestelike behoeftes van ons kinders omgesien was en daar was ook Gemeentes wat voortgegaan het met streeksaktiwiteite. Daar is egter steeds Gemeentes waar Kinderbedienings-aktiwiteite sonder rede opgeskort is. Daarom moedig ek almal van ons aan om Kinderbedienings-aktiwiteite met onmiddellike effek te hervat.

Teen hierdie tyd behoort die verkiesings vir alle Kinderbediening Streekskomitees alreeds plaasgevind het. Indien nie, wil ek vra dat hierdie verkiesings sal plaasvind teen die einde van Februarie 2022 – ter voorbereiding van die NCM GBM wat gaan plaasvind op 19 Maart 2022.

Laai gerus alle relevante inligting, soos hierbo genoem, van die AGS van SA se webwerf af:
https://afm-ags.org/category/media/

  • NCM Omsendbrief 1 van 2022
  • NCM 2022 GBM Kennisgewing, Registrasie en Ondersteunende Bylaes

In die Here se Diens
Past. Sam Tshabalala
(NCM: Nasionale Direkteur)

Vriendelike Groete
Henri Weideman

Spread the word...