Laai die PDF weergawe hier af:
Geagte Kollegas,
Dringende Notas:
AGS Hoofkantoor – Ons vra onverskoning vir enige ongerief wat veroorsaak word en wat ons telefoonlyne beïnvloed as gevolg van Telkom se nasionale onderbreking.
Nominasievorms – Alle pastore moet seker maak dat die nominasievorms vir die nasionale verkiesing in 2020 na die regte e-pos adres gestuur word. Die adres is:
2020 NOB Bemagtigingsbesoeke – Sluit gerus by ons aan vir die oorblywende streeksbemagtigingsbesoeke. Alle inligting kan afgelaai word vanaf:
http://afm-ags.org/special-invitation-2020-nob-empowerment-visits/
1. ‘N VOORGESTELDE BOEKIE VAN WAT DIE AGS GLO
Die Nasionale Leierskaps Forum (NLF) het die behoefte geïdentifiseer om ‘n boekie oor die AGS se leerstellings te produseer. Ons is deel van die klassieke Pinkster kerke en in baie opsigte lyk ons beginsels van geloof dieselfde. Alhoewel ons deel is van hierdie breër Pinkster-tradisie, is dit noodsaaklik dat ons lidmate en pastore die fondasie van ons leerstellings ken. Die kerk se leerstellings verduidelik die praktyk van die Christelike geloof. Ons Geloofsbelydenis dien as riglyn in hierdie verband:
http://afm-ags.org/about-us/confessions-of-faith/.
Die leierskap het ‘n teologiese gesprek gevoer met ‘n aantal van ons pastore en teologie dosente. Deelnemers het ‘n konsensus bereik dat die AGS se Geloofsbelydenis gebruik moet word as die basis vir die vervaardiging van so ‘n boekie. Die boekie gaan voorsiening maak vir leerstellings rakende God, Jesus Christus, die Heilige Gees, die Bybel, die mens, Saligheid, die kerk, sakramente en die eindtye. Dit is my hoop dat dit ‘n nuttige dokument sal wees vir oriëntering en die versterking van geloof as dit kom by ons lidmate.
Van tyd tot tyd ondersoek ons ook leerstellings, etiese en liturgiese aangeleenthede. Die DEL-komitee is ‘n permanente komitee van die NLF wat die verantwoordelikheid het om hierdie kwessies te oorweeg. Hulle het verskeie aanbevelings aan die NLF gemaak, waarop die NLF hierdie aanbevelings as kerklike uitsprake goedgekeur het. Ek het gereeld te doen met pastore en lidmate wat wil weet oor die kerk se amptelike standpunt oor sake soos verassing, surrogaatskap, homoseksualiteit en vele ander.
Uitsprake oor hierdie aangeleenthede is beskikbaar op ons kerk se webwerf. Ek wil jou aanmoedig om ons webwerf te besoek en die uitsprake af te laai:
http://afm-ags.org/about-us/pronouncements/
2. AGS-SKRYFBEHOEFTES: OPGEDATEERDE PRYSE
Neem asseblief kennis dat die volgende pryse vir AGS skryfbehoeftes in werking tree vanaf 1 Maart 2020. Kontak Inocentia Ravhura by die AGS Hoofkantoor vir bestellings:
inocentia@afm-ags.org
012 644 0490
Seëninge!
Past. M.G. Mahlobo