Nuusflits: Vrydag, 28 Augustus 2020

Laai die PDF-weergawe (vir e-pos en druk doeleindes) hier af:

28 AUGUST AFR 2020

Mede-Kollega,

Ek vertrou jy vind jou krag in die sterkte van die Here! (Efesiërs 6:10 NLV) Sedert die inperking in Maart vanjaar begin het, was effektiewe kommunikasie met ons pastore een van ons hoogste prioriteite. Ons wil graag jou terugvoer hê oor hoe effektief ons kommunikasie was tydens die Covid-19-krisis. Mag ek vra vir jou terugvoer deur ‘n 4-minute aanlyn vraelys te voltooi?

Jou terugvoer is belangrik vir ons:

https://www.surveymonkey.com/r/7THPWNS

1. UITSTAANDE DATUMS OP DIE AFM 2020-KALENDER

Ons kerk se jaarlikse skedule na Maart 2020 is ontwrig deur die nasionale inperking wat ons bewegings en byeenkomste beperk het. Terwyl ons met sommige byeenkomste op virtuele platforms kon voortgaan, moes ons ander kanselleer waar dit nie prakties moontlik was nie. Van die wat ons moes kanselleer, sluit in:

Die 2020 NOB-Bemagtigingsbesoeke aan Streke

Ons kon nie die streke in Noordwes en Gauteng besoek soos geskeduleer vir 17-18 April 2020 nie. Die Oos-Kaapse en Noord-Kaapse besoeke wat vir 8-9 Mei 2020 geskeduleer was, moes ook gekanselleer word weens die inperkingsregulasies. Die NOB het besluit dat die materiaal wat voor die inperking by ons besoeke aangebied is, nou beskikbaar sal wees aan streke deur hul streekskomitees. Die Algemene Sekretaris het hierdie materiaal reeds aan die onderskeie streekskomitees gestuur. Hierdie materiaal is ook nou beskikbaar vanaf die AGS-webwerf:

https://afm-ags.org/category/events/

Nasionale Departemente

Ek is bewus daarvan dat die 2020 verkiesings van die Nasionale Departemente van die kerk ook deur die pandemie ontwrig is. Departement Leiers sal met jou kommunikeer sodra daar besluite geneem is oor aanpassings aan hul 2020 aktiwiteite.

2021 Kalender

Die onlangse virtuele NLF (Nasionale Leierskap Forum) in Julie, het die kerk se kalender vir 2021 goedgekeur. Let daarop dat sommige van hierdie aktiwiteite beïnvloed mag word deur die inperkingsregulasies wat in plek gestel is om die verspreiding van die infeksie te verlig. Die kalender kan vanaf ons webwerf afgelaai word:

https://afm-ags.org/category/media/

2. MIL WERKSWINKEL

As gevolg van die verslapping van die nasionale inperking tot Vlak 2, sal die MIL-werkswinkels wat in September beplan word (Bellville: 14-16 September, Pretoria: 21-23 September, Amanzimtoti: 28-30 September) beslis voortgaan. Om aan die huidige regulasies van slegs 50 persone per byeenkoms te voldoen, sal ons egter nie die mentors van MIL-kandidate, asook pastore wat vir PCD-doeleindes wil bywoon, kan akkommodeer nie. Slegs huidige MIL-deelnemers sal dit kan bywoon (dit sluit kandidate in wat deel vorm van die Resolusie 818). Vir enige navrae, kontak gerus die nasionale MIL-koördineerder, Dr. Christo van den Berg by 082 086 6269.

3. BEGRAFNISSE: RIGLYNE

Begrafnisse is steeds ‘n plek waar die virus versprei word. Die AGS het ‘n dokument saamgestel met duidelike riglyne wat van die onderstaande skakel afgelaai kan word. My versoek is dat ons toesien dat elke AGS pastoor kennis neem van hierdie dokument. Laat ons steeds kanale van hoop te wees:

https://afm-ags.org/category/media/

Verder het die Departement van Gesondheid ook inligting vrygestel oor die hantering van oorledenes deur begrafnisondernemers en lykshuise:

https://afm-ags.org/category/media/

Seën!

M.G. Mahlobo

Spread the word...