Nuusflits: Vrydag, 27 Oktober 2023

Laai die PDF weergawe hier af (om maklik uit te druk of per e-pos aan te stuur):

AGS Nuusflits_Vrydag_27 Okt_2023

HULPBRONNE

Pastorale Waardering & Welstand maand –
Omsendbrief (20 September 2023):
https://afm-ags.org/pastors-appreciation-wellness-month-october-2023/

AGS van SA Kalender 2024 –
Opgedateer (Nuwe Opdatering: NCM GBM – 7 September):
https://afm-ags.org/afm-calendar-2024/

Pastorale Brief: 3de Kwartaal 2023
https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2023/

Liewe Kollega,

1. DIE MIDDE-OOSTE KONFLIK

Die konflik in die Midde-Ooste is ‘n baie komplekse, sensitiewe en emosionele saak en is ook baie verdelend in die kerklike konteks. Die Nasionale Ampsdraers (NOB) van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS) is deeglik bewus van die kompleksiteite van die historiese en huidige situasie in die Midde-Ooste. Ons betreur die lyding en pyn van onskuldige mense aan alle kante van die konflik en moedig al ons lidmate aan om te bid vir ‘n vriendskaplike oplossing.

Ons verwys ook ons lidmate na ‘n dokument van die AGS Komitee oor Dogmatiese, Etiek en Liturgie (DEL) rakende die konflik in die Midde-Ooste wat ‘n tyd gelede saamgestel is. Dit is beskikbaar op die AGS webwerf onder “Pronouncements”: https://afm-ags.org/about-us/pronouncements/. Die laaste paar paragrawe van hierdie omvattende dokument, som op waar ek glo ons behoort te staan ten opsigte van hierdie saak.

Ons, die AGS van SA, bid vir die vrede van Jerusalem soos deur die Skrif vereis, sonder om teen enige van die inwoners van die land te diskrimineer.  Ons weier om protagoniste of antagoniste in die konflik te wees, maar staan eerder waar Christus staan: Aan die kant van God se liefde vir die hele mensdom. In die konteks van die Israelies-Palestina-konflik sluit dit die reg op menswaardigheid vir beide groepe in. Ons staan waar Christus staan met betrekking tot pogings om as vredemakers ‘n oplossing te vind in ‘n wisselvallige en lewensbedreigende situasie wat alreeds te lank aanhou.

Ons, die AGS van SA, doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering en die internasionale gemeenskap om dieselfde reëls van betrokkenheid by vredespogings met die mense van Israel en Palestina toe te pas as wat van toepassing is op ander onlangse konflikte en oorloë soos die een tussen Rusland en Oekraïne.

Die AGS van SA sal voortgaan om te bid vir vrede in die land van ons godsdienstige oorsprong en alle pogings ondersteun wat werk om voorspoed vir mense aan beide kante van die konflik te verseker.

2. VEILIGHEID BY DIE KERK

Daar is skynbaar ‘n merkbare toename in voorvalle van diefstal by kerke. Soms is kerke sagte teikens vir inbrake, selfs helder oordag, en dit lyk asof rooftogte terwyl dienste gehou word ook toeneem.  Alhoewel ons nie in vrees moet leef of altyd die ergste moet verwag nie, moet ons ook voorbereid wees en doen wat ons kan om ons eiendom te beskerm en om die veiligheid van lidmate en kerkgangers tydens dienste te verseker. Hier is ‘n paar idees om kerke veiliger te maak:

  • Beheerde Toegang: Beperk die aantal toegang punte en implementeer toegangsbeheertelsels. Tydens eredienste en aktiwiteite kan toegangshekke na die perseel op sekere tye gesluit en gemonitor word. As jou kerk nie ‘n heining of ingangshek/ke het nie, oorweeg om dit te installeer.
  • Opgeleide Deurwagters: Maak gebruik van spesifiek aangewysde deurwagters/inleiers en plekaanwysers en maak hulle bewus van wat nodig is om oplettend te wees terwyl hulle mense wat die kerk binnekom, groet en monitor. Dit sal dit makliker maak om ongewone gedrag of verdagte individue raak te sien. Verskaf opleiding aan alle personeel en vrywilligers oor sekuriteit prosedures en oor die erkenning van verdagte aktiwiteite.
  • Noodreaksie Plan: Ontwikkel ‘n omvattende noodreaksie plan wat prosedures vir verskillende scenario’s en bedreigings insluit.
  • Sekuriteit Span: Stig ‘n opgeleide sekuriteit span om ingange te monitor en die perseel tydens dienste te patrolleer. Vra vir insette en advies van sekuriteit kundiges in jou gemeente en gemeenskap.
  • Veiligheid t.o.v. Offerande: Moenie elke keer dieselfde patroon volg om offerande op te neem en te tel nie. Verseker die veilige hantering van tiendes en offergawes om diefstal te voorkom.
  • Buurtwag: Raak betrokke by die plaaslike gemeenskap en oorweeg dit om by ‘n buurtwag program in jou omgewing aan te sluit of om een te begin.
  • Beligting: Waar moontlik, verseker goed beligte parkeerterreine en wandelpaaie om wegkruipplekke vir potensiële misdadigers te verminder.
  • Ontruimings Oefeninge: Oefen ontruimings oefeninge saam met die gemeente om voor te berei vir moontlike noodsituasies.
  • Sekuriteit Kameras: Indien moontlik, installeer sekuriteit kameras in sleutel areas om misdadigers af te skrik en die perseel te monitor.
  • Kommunikasie: Gebruik tweerigtingradio’s en/of selfone en kommunikasie toepassings (App’s) om vinnige kommunikasie tussen sekuriteitspersoneel moontlik te maak.
  • Mediese Reaksie: Hou mediese voorrade en kontaknommers vir mediese reaksie spanne beskikbaar vir mediese noodgevalle.
  • Kuber Veiligheid: Beskerm die kerk se databasisse en finansiële rekords teen kuber bedreigings.
  • Agtergrond Kontroles: Verkry keuring en/of klarings t.o.v. vrywilligers en werknemers, veral diegene wat met kinders werk, om moontlike risiko’s te identifiseer.
  • Geestesgesondheid Ondersteuning: Bevorder ‘n ondersteunende omgewing en bied hulpbronne aan vir lidmate wat geestes gesondheidskwessies hanteer.


    Dit is baie belangrik dat veiligheidsmaatreëls gebalanseer moet word met die verwelkomende, warm en “oop” aard van ‘n AGS gemeente. Oop kommunikasie met die gemeente oor veiligheidsmaatreëls en -protokolle kan help om ‘n gevoel van veiligheid te skep, sonder om onnodige angs te veroorsaak. Ons moet ook aanhou om gereeld te bid vir die veiligheid en beskerming van al ons lidmate en kerkeiendom.

    Vriendelike Groete
    Henri Weideman

Spread the word...