AGS ALGEMENE BESIGHEIDSVERGADERING (GBM) EN NASIONALE KONFERENSIE 2018
Liewe Kollega,
Die 2018 AGS Algemene Besigheidsvergadering (GBM) is geskeduleer vir 10-13 September 2018 te Woord-en-Lewe in Boksburg (Gauteng). Die Nasionale Konferensie begin al egter die Sondagaand, 9 September 2018 en sluit af op Woensdagaand, 12 September 2018. Alle inligting rondom registrasies is beskikbaar op die AGS webblad:
http://afm-ags.org/category/events/
Neem ook kennis dat registrasies aanlyn gedoen kan word:
http://afm.easychurch.co.za/?page_id=253
Daar is belangrike wysigings aan die konstitusie ( of “constitutional amendments”) wat bespreek gaan word vir goedkeuring deur die 2018 GBM. Hierdie wysigings gaan ‘n beduidende impak hê op die verkiesing van Ampsdraers in 2020. Die wysigings handel oor die ondervinding wat benodig word van diegene wat verkies word om die kerk op ‘n streeks en nasionale vlak te lei, oorgangsmeganismes vir die na-verkiesings tydperk, oriëntasie van nuut verkiesde Ampsdraers en hul kern verantwoordelikhede. Jou bywoning en deelname sal bydra tot hierdie besprekings en besluite wat geneem moet word.
Sondagaand (09.09.2018) sal daar ‘n spesiale diens wees om die 110de Verjaarsdag van die AGS van SA te vier. Spesiale gaste van ander kerk organisasies is genooi om hierdie spesifieke diens by te woon. Jy kan nie bekostig om dit te mis nie! Verder het ons spesiale “PCD” sessies wat voordelig sal wees vir beide pastore en lidmate van die kerk.
Ek moedig alle pastore, gemeenteleiers en lidmate van die kerk aan om hierdie belangrike geleentheid by te woon. Ek sien daarna uit om jou te ontmoet by die 2018 GBM in Boksburg!
Seënwense,
MG Mahlobo