Laai die PDF weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):
AGS Nuusflits: Vrydag, 27 Januarie 2023
JANUARIE
HULPBRONNE
Pastorale Brief: 4de Kwartaal 2022
https://afm-ags.org/pastorale-brief-4de-kwartaal-2022/
AGS van SA Nasionale Kalender 2023 – Opgedateer met die Nuutste Veranderinge!
https://afm-ags.org/afm-of-sa-national-calendar-2023/
NOB-Bemagtigingsbesoeke 2023: Datums & Plekke – Jy word hartlik uitgenooi!
https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2023-dates-venues/
AGS Kollega,
1. DIE ELEKTRISITEIT KRISIS
Ons almal ervaar kommer op verskillende vlakke oor die voortslepende elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika. Ek het op 17 Januarie 2023 aan ‘n vergadering tussen die staatspresident, Eskom en verskeie godsdiensleiers deelgeneem.
Die algemene gevoel onder die geloofsleiers was een van teleurstelling en selfs ontnugtering. Ek het die geleentheid gehad om te praat en het daarop aangedring dat die staatspresident sal verseker dat ons beslissende en konstruktiewe optrede rakende die tekort aan elektrisiteit sien. As geloofsleiers en burgers van hierdie land word ons nie meer tevrede gestel deur blote beloftes nie. Die elektrisiteitskrisis is minstens 25 jaar in wording, aangesien die regering reeds in 1998 ‘n verslag oor geprojekteerde kragtekorte ontvang het. Beurtkrag het in 2008 begin en vandag, 15 jaar later, is ons selfs slegter daaraan toe.
Ek het die regering aangemoedig om bo partypolitieke belang en interne gevegte uit te styg wat veroorsaak dat enige vordering in hierdie saak vertraag en verlam word, terwyl die burgers van Suid-Afrika en veral die armes daaronder ly. As kerk is ons bereid om ons regering te ondersteun – ons verstaan dat dit ‘n komplekse probleem is, maar ons moet nou beslissende optrede sien.
Ek moedig al ons Pastore en lidmate aan om aan te hou bid. Ons is mense van gebed en mense van Hoop. Die elektrisiteitskrisisse kan nie binne ‘n paar weke of met die druk van ‘n skakelaar opgelos word nie. As gelowiges en burgers van ons geliefde land Suid-Afrika, moet ons die regering aanspreeklik hou en konstruktiewe optrede vereis.
2. DOOP VERDRINKINGS
Ons het onlangs bewus geword van ‘n vlaag verdrinkings tydens doopseremonies regoor die land. Dit blyk dat hierdie tragiese voorvalle gewoonlik in strome en riviere of selfs in die see plaasvind. Luidens berigte gebeur die meeste verdrinkings in Gauteng, Limpopo, die Oos-Kaap, Mpumalanga en die Vrystaat.
Alhoewel ons verstaan dat sommige kerktradisies voorskryf dat die doop van gelowiges in strome of riviere moet plaasvind, pleit ons dat groot versigtigheid toegepas moet word. Ons verstaan ook die feit dat sommige kerke voor uitdagings te staan kom weens ongelykhede en ‘n gebrek aan hulpbronne.
As leiers van die AGS van SA doen ons ‘n beroep op alle kerke wat die doop van gelowiges na bekering beoefen, om verantwoordelik op te tree, wysheid uit te oefen en duidelike en praktiese leiding aan hulle pastore en gemeentes te gee oor hoe om die nodige voorsorgmaatreëls tydens die doop te tref. As ‘n reël moet die doop nie in water geskied waar die persoon wat die doop uitvoer en of die persoon wat gedoop word, nie moeiteloos en vas kan staan nie. Die doop moet ook nie uitgevoer word op plekke waar daar sterk waterstrome teenwoordig is nie. Waar moontlik moet doopbaddens, swembaddens of opblaasbare swembaddens gebruik word.
As kerke en kerkleiers moet ons voortgaan om die Evangelie van Jesus onbeskaamd te verkondig, terwyl ons ook verseker dat die lewens van al ons lidmate te alle tye beskerm word.
3. NOB-BEMAGTIGINGSBESOEKE
Hou Die Vuur Aan Die Brand
Ons sien daarna uit om tydens die 2023 Streeksbemagtigingsbesoeke tyd in bediening deur te bring saam met ons Pastore, Gemeenteleiers, Kerkrade, Departemente en lidmate. Die tema vir 2023 is: KEEP THE FIRE BURNING (HOU DIE VUUR AAN DIE BRAND).
Die Nasionale Ampsdraers het gelei gevoel om te fokus op die Geestelike Basis van Missionaliteit en om tyd te spandeer op wie ons is, en hoe ons leef as Heilige Gees vervulde mense en kerk. Ons sal fokus op (i) Ons Roeping as Gelowiges en Pastore; (ii) Daaglikse Tyd met die Woord en in Gebed; (iii) Die karakter, Waardes en Norme van Heilige Gees Vervulde Mense; en (iv) Hoe om die Vuur aan die Brand te Hou in jou Finansies.
Ons deel graag solank die datums en plekke van ontmoeting vir 2023:
Die programme vir Vrydag en Saterdag is beskikbaar vanaf ons webwerf:
https://afm-ags.org/category/events/
Ons sien uit daarna om jou daar te sien!
3. RESERVEER DIE DAUTM: NMF KONFERENSIE
Laai asseblief ‘n omsendbrief af vir meer inligting oor die komende Nasionale Men’s Fellowship-konferensie van 19-21 Mei 2023:
https://afm-ags.org/category/events/
4. MIL WERKSWINKELS
Die jaar het afgeskop met twee suksesvolle MIL-werkswinkels in Kaapstad en Pretoria. Die datums en plekke vir die oorblywende MIL-werkswinkels in Januarie en Februarie is soos volg: Amanzimtoti (30 Januarie – 1 Februarie) en Oos-Londen (6-8 Februarie).
Om alle geskeduleerde MIL-werkswinkels vir 2023 te sien, verwys asseblief na die AGS van SA Nasionale kalender: https://afm-ags.org/afm-of-sa-national-calendar-2023/.
Ons sien uit daarna om die nuwe groep MIL-kandidate te verwelkom!
Alle AGS Pastore en Gemeenteleiers is welkom om ook die MIL-werkswinkels by te woon. Die koste is R250 (vir afgevaardigdes wat nie geregistreerde MIL-kandidate is nie) en sluit middagete en versnaperinge in. Verder kan AGS Pastore wat die MIL-werkswinkel bywoon 10 PCD-krediete verdien.
Vir enige navrae, kontak gerus die Nasionale MIL-koördineerder:
Dr Christo van den Berg
mil@afm-ags.org
Vriendelike Groete!
Henri Weideman