Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):
HULPBRONNE:
1. GBM Aanlyn Registrasievorm:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413
2. Pastorale Brief: 4de Kwartaal:
https://afm-ags.org/pastorale-brief-4de-kwartaal-2020/
3. AGS van SA Nasionale Kalender:
https://afm-ags.org/updated-afm-calendar-2021/
AGS Kollega,
Dit is nie nodig om te noem dat Suid-Afrika op vele vlakke uitdagings ervaar nie. Die Covid-19-pandemie het hierdie uitdagings net tot ‘n hoër vlak van dringendheid versnel. Die belangrikste verantwoordelikheid van Christene was nog altyd om ernstig en getrou tot God te bid.
Die UP4SA is ‘n nasionale gebedsinisiatief wat vir sy sesde jaar aangebied word. Ons nooi alle AGS Gemeentes uit om op Sondag 28 Maart 2021 deel te neem aan hierdie gebedsaksie. Die aksie sal op Wild Coast FM 98.6 FM (www.wildcoastfm.co.za) uitgesaai word tussen 7h00 en 8h00. Daar sal een verteenwoordiger per provinsie wees wat ons in gebed sal lei. Die uitsending sluit ook ‘n 10-minute aanmoedigings- en gebedsessie van Angus Buchan in.
Ek wil jou aanmoedig om jou Gemeente te registreer by die UP4SA Gebedsinisiatief deur ‘n boodskap te stuur aan:
082 462 1540 OF 073 899 2323
admin@up4sa.co.za
Jy kan ook op sosiale media kontak maak:
Webwerf: www.up4sa.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/Up4SA/
Die voorlopige GBM-datums van 14-18 Maart 2021 sal nie realiseer nie. Spesifieke datums kan nie op hierdie stadium bevestig word nie, maar sal so spoedig moontlik gekommunikeer word en hang af van Covid-19-verwikkelinge.
Afgevaardigdes is welkom om te registreer. Die GBM gaan nog steeds aangebied word by die AGS Woord en Lewe Kerk in Boksburg. Registrasie vir die geleentheid (hoewel ‘n spesifieke datum op hierdie stadium nog nie bevestig kan word nie) kan aanlyn gedoen word by die volgende skakel:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=413
Neem asseblief kennis dat die geskeduleerde NOB-bemagtigingsbesoeke vir die naweek van 5-6 Maart 2021 (in die Mpumalanga en Limpopo Provinsies) weens die huidige inperkingsvlak tot verdere kennisgewing uitgestel word. Die res van die NOB-bemagtigingsdatums vir die jaar bly ook, tot verdere kennisgewing, dieselfde.
As jy nog nie die AGS 2021-kalender afgelaai het nie, is dit beskikbaar vanaf die onderstaande skakel:
https://afm-ags.org/updated-afm-calendar-2021/

Die AGS Welsyn benodig dringend skryfbehoeftes vir die 2021 akademiese skooljaar. Indien jou Gemeente in ‘n posisie is om te help, mag ek vra dat jy ‘n donasie van skryfbehoeftes sal oorweeg? Enige van die volgende items kan geskenk word: potloodsakkies, blou penne, HB-potlode, inkleurpotlode (Norris Club), liniale, uitveërs, skerpmakers, skêre, gom, uitligpenne, sakkielêers, notaboekies en oliepastelle. Daar is ook ‘n dringende behoefte aan kosblikke vir die kinders.
Ou en nuwe skryfbehoefte items kan afgelaai word by:
- ‘n AGS Huis (of “Child and Youth Care Centre”) in jou omgewing. Stuur gerus ‘n WhatsApp-boodskap aan die AGS Welsyn om ‘n Huis naaste aan jou te identifiseer: +27 72 376 7453. Jy is ook welkom om ‘n volledige lys van AGS “Child and Youth Care Centres” af te laai by die volgende skakel: Child and Youth Care Centres
- Die AGS Welsyn Nasionale Kantoor: Unit 5, Central Office Park, 257 Jeanlaan, Centurion.
Seëninge!
MG Mahlobo