Nuusflits: Vrydag, 26 Augustus 2022

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik per e-pos te stuur of uit te druk):

AGS Nuusflits: Vrydag, 26 Augustus 2022

HULPBRONNE

Pastorale Brief: 2de Kwartaal 2022
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2022/

2022 GBM & Konferensie: Uitnodiging & Bylaes
https://afm-ags.org/category/events/

2022 GBM & Konferensie: Aanlyn Registrasie – Voorkeurmetode!
Gebruikersnaam: Afm | Wagwoord: Ags12345%
https://www.afm-gbm.co.za

AGS Kollega,

1. DIE AGSI DRIEJAARLIKSE RAAD EN KONFERENSIE: HOOGTEPUNTE

Die 9de AGS Internasionaal (AGSI) se driejaarlikse Konferensie en algemene vergadering het op die 22ste Augustus begin en duur voort tot die 28ste Augustus 2022. Die AGSI bestaan tans in 28 lande regoor die wêreld. ‘n 29ste planting word tans in Papoea-Nieu-Guinee gevestig.

Die konferensie tema is: “Called to the Missional Frontline in a Turbulent World” en kwessies soos Evangelisasie en Dissipelskap in ‘n veranderende wêreld, sowel as Sosiale Geregtigheid, die maak van dissipels van Jesus onder Generasie Y en Z, kerkwees in ‘n veranderende en vyandige omgewing en uitreiking na die armes en gewondes is bespreek

Die Raad het besluite geneem oor die skepping van ‘n hulpbronsentrum om ontwikkelende Kerke regoor die wêreld by te staan, asook oor Kerkplantings, leierskapsontwikkeling en die bemagtiging van nasionale Kerke rondom kwessies van bestuur. Lidkerke is ook aangemoedig om uit te reik na ekumeniese vennote in hul onderskeie lande en om waar moontlik saam te werk met ander  Lewegewende kerke.

Die AGS Internasionale algemene vergadering het ook die volgende Ampsdraers verkies om die AFMI vir die volgende drie jaar te lei: President: Pastoor George Mahlobo (SA); Adjunkpresident: Pastoor Jobe Koosimile (Botswana); Sekretaris-generaal: Dr Henri Weideman (SA) en Tesourier-generaal: Pastoor Josh Chigorimbo (VK).

Afgevaardigdes is Dinsdagaand getrakteer met ‘n ete van tradisionele Botswana-kos onder ‘n sterrehemel en ‘n voorstelling van ‘n tradisionele Botswana-vergaderplek rondom ‘n houtvuur. Die konferensie duur tot Sondag 28 Augustus 2022.


2. 2022 GBM & KONFERENSIE: UITNODIGING OM TE REGISTREER

Die 2022 GBM en Konferensie is geskeduleer vanaf 18-21 September 2022 en sal plaasvind by die AGS Woord en Lewe in Boksburg, Gauteng. Na 31 Julie 2022, beloop die laat registrasie fooi R400.00 per persoon. Die registrasieproses maak voorsiening vir twee opsies: aanlyn- en gewone registrasies. Afgevaardigdes wat die 2022 GBM bywoon, word aangemoedig om so vroeg as moontlik te registreer om sodoende enige ongerief te vermy wat gepaard gaan met laat registrasies. Die tema van die Konferensie is “Trusting God” en is gebaseer op Spreuke 3:5-6 (NLV): “Vertrou op die HERE met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.”

Verwys na die onderstaande skakel om die volgende algemene inligting af te laai:
https://afm-ags.org/category/events/

a. ‘n Uitnodiging na die 2022 GBM & Konferensie
b. Voorlopige agenda vir die GBM (Bylaag A)
d. Notule van die 2021 GBM (Bylaag C)
e. Akkommodasie-opsies (Bylaag D)
f. Konferensie- en PCD-program (Bylaag E)

AANLYN REGISTRASIE – Voorkeurmetode

Die aanlyn registrasie- en betalingstelsels is in werking. Volg gerus die skakel hieronder om die aanlyn registrasieproses te begin –  maak asseblief seker dat alle inligting wat verskaf word korrek is:

www.afm-gbm.co.za
Gebruikersnaam: Afm
Wagwoord: Ags12345%

Neem asseblief kennis:

  • Nadat die self-registrasieproses voltooi is, word ‘n e-pos met ‘n QR-kode gestuur na die e-posadres wat jy tydens die registrasieproses verskaf het.
  • Maak asseblief seker dat hierdie e-pos nie per ongeluk in jou “spam/junk folder” beland het nie.
  • Stel ons in kennis as jy nie hierdie bevestigings e-pos ontvang nie.
  • Ons het ook ‘n registrasie verifikasie opsie vir jou bygevoeg om te verseker dat jou registrasie suksesvol is. Volg die opsie “Check Registration” en sleutel jou ID-nommer in om te verifieer. Alle registrasies moet teen 9 September geverifieer wees.

GEWONE REGISTRASIE – Word nog steeds aanvaar

Laai die registrasievorm hieronder af en stuur terug na afmgbm2022@afm-ags.org:

https://afm-ags.org/wp-content/uploads/2022/06/2022-GBM-Annexure-B.pdf

Gemeentes word aangemoedig om skryfbehoeftes vooraf te bestel sodat dit saam na die 2022 GBM en Konferensie in September geneem kan word. Sodoende kan die Nasionale Kantoor verseker dat genoeg voorraad beskikbaar is.

Voltooi asseblief die aangehegte vorm (https://afm-ags.org/leading-the-afm/order-resources/) en stuur terug na: frans@afm-ags.org.

3. NASIONALE KINDERBEDIENING GBM: UITNODIGING OM TE REGISTREER

Neem asseblief kennis van die onderstaande uitnodiging:

WOORD EN LEWE, BOKSBURG:

4. AGS WELSYN AGM: UITNODIGING OM TE REGISTREER

Neem asseblief kennis van die onderstaande uitnodiging:

Gebruik die onderstaande skakel om die nodige dokumentasie af te laai:
https://afm-ags.org/category/events/

Vriendelike
Groete
Henri Weideman

Spread the word...