Nuusflits: Vrydag, 25 Februarie 2022

Laai hierdie Nuusflits af in PDF-formaat (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits: Vrydag, 25 Februarie 2022

 

HULPBRONNE

1. AGS van SA: Nasionale Kalender 2022
https://afm-ags.org/afm-calendar-2022/

2. Nasionale Kinderbediening: 2022 GBM Kennisgewing, Registrasie & Ondersteunende Bylaes (Dringend!)
https://afm-ags.org/national-childrens-ministry-resources/

3. 2022 NOB Bemagtigings Besoeke: Program
https://afm-ags.org/2022-nob-empowerment-visits/

 

AGS Kollega,

1. DIE AGS VAN SA WORD ‘N LID VAN DIE WRK (reld Raad van Kerke)

The AGS van SA is op 14 Februarie 2022 formeel aanvaar as ‘n volle lid van die Wêreldraad van Kerke (WRK).  Die AGS se teenwoordigheid brei hierdie ekumeniese genootskap uit tot 352 lede in 120 lande.  In die WRK poog die wêreld se Christen kerke om saam te werk aan sake van wedersydse belang, en om die Christelike getuienis in die wêreld uit te bou, terwyl hulle getrou bly aan hul eie oortuigings.

Hoewel die AGS van SA se lidmaatskap sedert 2019 oorweeg word, het betrokkenheid by die WRK by Pastoor David du Plessis en later Pastoor Frank Chikane begin. Pastoor David du Plessis het die eerste keer in 1951 interaksie met die WRK gehad. Hy is daarna deur die destydse Sekretaris-Generaal van die WRK, Dr Visser’t Hooft, genooi om in 1954 ‘n Pinksterwaarnemer by die WRK se Algemene Vergadering te wees. Hier is hy die eerste keer “Mr Pentecost” genoem. Hy het ook die WRK se Algemene Vergadering in 1961 bygewoon. David du Plessis het in sy ekumeniese betrokkenheid homself ‘n “ecumaniac” genoem.

Pastoor Frank Chikane was van 1980 tot 1987 koördineerder en daarna Direkteur van die Instituut vir Kontekstuele Teologie (ICT), en het in hierdie tyd met die WRK geskakel. Tussen 1987 en 1994 was hy algemene sekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) en het hy deelgeneem aan konferensies en aktiwiteite van die WRK en die All-Africa Conference of Churches (AACC) as verteenwoordiger van die SARK. Hierdie interaksie het tussen 2014 en 2021 voortgeduur toe hy die Visepresident van die SARK was. Pastoor Chikane is in 2016 as moderator van die Kerkekommissie oor Internasionale Aangeleenthede (CCIA) van die WRK aangestel, ‘n posisie wat hy tot op hede beklee.

Gedurende Maart 2019 het die Nasionale Leierskapforum (NLF) van die AGS van SA, nadat hulle die voordele van die versterking van die Pinksterstem uit Suid-Afrika in die wêreld oorweeg het, besluit om aansoek te doen vir lidmaatskap van die WRK.  ‘n WRK afvaardiging het die AGS besoek en met die Nasionale Ampsdraers (NOB), asook die leierskap van die Nasionale Departemente gekonsulteer om die geskiedenis, struktuur en operasionele integriteit van die kerk te bevestig. Hulle het ook Sondagdienste van ‘n paar Gemeentes wat die diversiteit van die AGS verteenwoordig, besoek.

In 2021 het die WRK se sentrale komitee van 23 tot 29 Junie (aanlyn weens die Covid-pandemie) vergader en Dr Henri Weideman, die destydse Algemene Sekretaris, ondervra oor onder meer die AGS se Geloofsbelydenis. Hulle wou verseker dat die AGS van SA glo in die Bybel as die Woord van God en in die Drie-eenheid van God as die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

Alhoewel die AGS die agtste Pinksterkerk (ses van Latyns-Amerika en een van Angola) is om ‘n lid van die WRK te word, is dit die eerste lid van die Pinkster Wêreldgenootskap (Pentecostal World Fellowship) om lidmaatskap te verkry. Ons glo dat die AGS van SA ‘n positiewe bydrae kan en sal lewer tot die Pinkstergetuienis in hierdie wêreldwye gemeenskap van Christelike Kerke.

2. 2022 NOB BEMAGTIGINGS BESOEKE

Ons sien daarna uit om weer persoonlik met ons Pastore, Kerkrade, Departemente, die Jeug en verteenwoordigers van Gemeentes te kan ontmoet tydens die NOB Bemagtigings Besoeke aan ons streke. Hierdie jaar gesels ons oor die tema van Rentmeesterskap, wat deel van ons almal as gelowiges en dienaars van God se roeping, uitmaak. Rentmeesterskap is ook ‘n belangrike deel van ons Missionale Strategie onder die fokus area van Goeie Bestuur (Governance).

    

As die Here wil, sal ons by die volgende plekke op die volgende oorblywende datums wees:
04-05 Maart: Limpopo (AGS Taberna Dei Moedergemeente) & Mpumalanga (Communio Nelspruit).
08-09 April: Gauteng (AGS Herlewingsentrum, Pretoria) & Noordwes (AGS Oase, Klerksdorp).
20-21 Mei: Noord-Kaap (AGS Rehobot, Upington) & Oos-Kaap (Gees en Lewe, Oos-Londen).

DURBAN FOTOS:

 

3. PCD (Pastor’s Continuous Development): KENNISGEWING

Pastore, neem asseblief kennis dat die 2022 PCD Register en -Raamwerk aan al die Streek-PCD- Koördineerders gestuur is. Maak asseblief seker dat jy ‘n afskrif daarvan kry. Ongelukkig ondervind ons probleme om dit op die PCD-webwerf te laai – as ‘n tydelike oplossing het ons ‘n skakel geskep op die AGS-webblad:

https://afm-ags.org/category/media/

4. AGS NASIONALE JEUG KONFERENSIE 2022

 
Vriendelike Groete
Henri Weideman

Spread the word...