Nuusflits: Vrydag, 24 November 2023

Laai die PDF weergawe hier af (om maklik uit te druk of per e-pos aan te stuur):

AGS Nuusflits Vrydag_24 Nov_2023

HULPBRONNE

AGS van SA Kalender 2024 – Opgedateer
(Nuwe Opdatering: NCM GBM – 7 September):
https://afm-ags.org/afm-calendar-2024/

R1 per AGS-Lidmaat Veldtog:
https://youtu.be/iu4qoJnjz0w

Liewe Kollega,

Vandag begin die AGS Welsyn Naweek. Ons het meer oor hierdie landwye aksie gedeel in ons vorige Nuusflits (op Vrydag, 10 November 2023) – en ons sluit die inligting weer in hierdie Nuusflits in. Ek wil graag ons Gemeentes en lidmate by voorbaat bedank vir die aktiwiteite wat vir hierdie naweek beplan en uitgevoer gaan word.

Behalwe vir die versoek dat ons hierdie Sondag ‘n spesiale offerande opneem vir die AGS Welsyn, wil ek ook meer bewusmaking skep oor die R1 per AGS-lidmaat veldtog. Hierdie is ‘n AGS Welsyn fondsinsameling inisiatief wat ‘n beroep doen op al ons lidmate om ‘n finansiële bydrae te oorweeg – om die werk wat deur hierdie Departement van ons kerk gedoen word, te ondersteun. Ek deel meer oor hierdie inisiatief in ‘n video boodskap – en versoek jou as Pastoor van jou Gemeente, om hierdie versoek ook nederig met jou lidmate te deel.

R1 per AGS Lidmaat Veldtog – Video Boodskap (Dr Henri Weideman):

AGS WELSYN NAWEEK : 24-26 NOVEMBER 2023

Vanjaar se tema is:
“Church in Community and Community in Church!”

Die AGS Welsyn Naweek is ‘n unieke geleentheid vir AGS Gemeentes om lig te werp op die belangrikheid van “Gemeenskapsbetrokkenheid” as een van die dryfvere van die AGS se missionêre plan. Ons sê nie dat uitreike na ons gemeenskappe eers of slegs oor hierdie spesifieke naweek moet plaasvind nie – maar ons sê dat dit ‘n geleentheid is om ‘n uitsluitlike fokus op hierdie belangrike drywer van missionaliteit te skep. Om uit te reik na ons gemeenskappe met die liefde van God is die kern van missionaliteit.

AGS Welsyn Naweek – ‘n Video Boodskap (Past. Bongiwe Naile) :

Vanjaar daag ons AGS Gemeentes uit om die volgende 4 aksies uit te voer:

    • Bring hulle in! Nooi en dien jou gemeenskap binne die mure van die kerk.
    • Gaan uit! Reik uit en dien jou gemeenskap buite die mure van die kerk.
    • Aanbid en verkondig Sondag ’n welsynsgerigte boodskap – ons voorgestelde geestelike tema vir Sondag is: “Verbind ons geloof met ons aksies.”
    • Neem ‘n Sondag-offerande vir die AGS Welsyn op.

Ons versoek nederig dat ‘n offerande vir AGS Welsyn opgeneem word en in die volgende rekening gedeponeer word:

The Executive Welfare Council of the AFM of SA
ABSA (Centurion)
Takkode # 632005
Rekening # 0105 5290 764
Tipe: Cheque

Gebruik asseblief jou AGS Gemeente se naam as verwysing – die AGS Welsyn wil graag die geleentheid hê om jou Gemeente te bedank vir die ondersteuning en bydrae. Ons moedig jou graag aan om vir ons fotos en videogrepe van jou Welsyn Naweek te stuur sodat ons dit kan deel op die AGS Welsyn se sosiale media platforms. Met hierdie inhoud hoop ons om verdere bewusmaking te skep van die AGS Welsyn Naweek en ander AGS Gemeentes te inspireer om dieselfde te doen: info@afmwelfare.org.za.

Ons is ‘n kerk met ‘n hart vir God, mense en die gemeenskappe waarin ons leef. Dit herinner ons sterk aan ons AGS-visiestelling: “We see a church accessible to all people, celebrating our unity and God-given diversity, empowering our members for caring and changing communities to the glory of God.”

Vriendelike Groete,
Henri Weideman

Spread the word...