Nuusflits: Vrydag, 24 Maart 2023

Laai die PDF- weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits_Vrydag_24 Maart 2023

HULPBRONNE

Pastorale Brief 1ste Kwartaal 2023Nuut!
https://afm-ags.org/pastorale-brief-1ste-kwartaal-2023/

NOB-Bemagtigingsbesoeke 2023: Datums & PlekkeJy word hartlik uitgenooi!
https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2023-dates-venues/

AGS van SA Nasionale Kalender 2023Opgedateer met die Nuutste Veranderinge (8 FEB)!
https://afm-ags.org/afm-of-sa-national-calendar-2023/

AGS Kollega,

1. BID VIR SUID-AFRIKA

Filippense 4:6 herinner ons daaraan om nie ons dae gespanne en bekommerd deur te bring nie, maar “…maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.” Onthou asseblief om voortdurend te bid vir die vrede en stabiliteit van ons geliefde land. Bid in jou persoonlike gebedstyd en maak ook seker dat jy tyd maak tydens jou gemeentelike aktiwiteite en Sondagdienste.

“Die Here is nie te swak om julle te red nie. Hy is nie te doof om julle te hoor nie..” Jesaja 59:1 (NLV)

2. NOB-BEMAGTIGINGSBESOEKE

Hou Die Vuur Aan Die Brand

Ons sien daarna uit om tydens die 2023 Streeksbemagtigingsbesoeke tyd in bediening deur te bring saam met ons Pastore, Gemeenteleiers, Kerkrade, Departemente en lidmate. Die tema vir 2023 is: KEEP THE FIRE BURNING (HOU DIE VUUR AAN DIE BRAND).

Die Nasionale Ampsdraers het gelei gevoel om te fokus op die Geestelike Basis van Missionaliteit en om tyd te spandeer op wie ons is, en hoe ons leef as Heilige Gees vervulde mense en kerk. Ons sal fokus op (i) Ons Roeping as Gelowiges en Pastore; (ii) Daaglikse Tyd met die Woord en in Gebed; (iii) Die karakter, Waardes en Norme van Heilige Gees Vervulde Mense; en (iv) Hoe om die Vuur aan die Brand te Hou in jou Finansies.

Ons deel graag die oorblywende datums en plekke van ontmoeting vir 2023:

Die programme vir Vrydag en Saterdag is beskikbaar vanaf ons webwerf:

https://afm-ags.org/category/events/

Ons sien uit daarna om jou daar te sien!

3. KONFERENSIES: TEKEN DIE DATUMS AAN!

National Youth Conference

Registreer deur die skakel te gebruik: https://forms.gle/z3JYWdCPtYcXK21k7

Laai die omsendbrief af vir meer inligting: https://afm-ags.org/national-youth-conference-2023/

National Men’s Fellowship Conference

Laai die omsendbrief af vir meer inligting:

https://afm-ags.org/national-mens-fellowship-conference-2023/

National Sisters Fellowship Conference

Registreer deur die Streke asseblief.


Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...