Laai die PDF weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):
AGS Nuusflits: Vrydag, 24 Junie 2022
HULPBRONNE
Pastorale Brief: 2de Kwartaal 2022 (Nuut!)
https://afm-ags.org/pastorale-brief-2de-kwartaal-2022/
2022 GBM & Konferensie: Uitnodiging & Bylaes
https://afm-ags.org/category/events/
2022 NOB Bemagtigingsbesoeke: Jou Terugvoer & Voorstelle
Voltooi die aanlyn vraelys binne 3 minute!
https://www.surveymonkey.com/r/7MSWWY5
1. MY GEBED VIR DIE JEUG
Hier aan die einde van Jeugmaand (Junie) 2022, word my gebed vir ons jeug gevind in die woorde van Psalm 144:12 (NLV): “Dan sal ons seuns in hulle jeug opgroei soos goed versorgde plante. Ons dogters sal hoekpilare wees, uitgebeitel soos vir ‘n paleis.”
Die skrywer praat oor ons jong mans wat gekweek moet word soos kragtige groeiende bome, wat groter groei as wat ‘n mens van hul ouderdom sou verwag. Hulle moet vroeg in hul lewe kragtig en produktief wees. Ons jong vroue moet wees soos versigtig gesnyde hoekpilare, nie net grasieus en mooi nie, maar ook sterk. Hulle moet die strukture van die samelewing dra en saambind soos uitgebeeld deur die beeld van ‘n paleis of ‘n tempel. Hulle moet vroue van karakter en veerkragtigheid wees. Kortom: Ons jongmense moet bemagtig word om ‘n tasbare verskil in ons Suid-Afrikaanse samelewing en al sy diversiteit te maak.
Ons kan almal ‘n rol speel om ons jongmense te bemagtig. Jy kan dit doen deur werklik na ‘n jong persoon in jou kring van invloed uit te reik. Dit kan by die werk wees, of in jou gemeenskap, jou kerk en ook in jou huis. Begin deur teenwoordig te wees, deur om te gee en deur te luister. As jy ‘n jong persoon is: Doen alles in jou vermoë om te leer en om aan groei geleenthede blootgestel te word.
Ons seën die AGS Nasionale Jeugkonferensie wat plaasvind vanaf 24-26 Junie 2022 in die Mittah Seperepere Konferensiesentrum in Kimberley. Die tema is: “Empowered!”
2. ‘N UITNODIGING NA DIE 2022 GBM & KONFERENSIE
Die 2022 GBM en Konferensie is geskeduleer vanaf 18-21 September 2022 en sal plaasvind by die AGS Woord en Lewe in Boksburg, Gauteng. Die tema van die Konferensie is Vertrou op God: ““Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” (Spreuke 3:5-6 AFR83). Verwys na die skakel (https://afm-ags.org/category/events/) om die volgende belangrike inligting af te laai:
a. ‘n Uitnodiging na die 2022 GBM & Konferensie
b. Voorlopige agenda vir die GBM (Bylaag A)
c. Registrasieproses en -vorm (Bylaag B)
d. Notule van die 2021 GBM (Bylaag C)
e. Akkommodasie-opsies (Bylaag D)
f. Konferensie- en PCD-program (Bylaag E)
3. 2022 NOB BEMAGTIGINGSBESOEKE: JOU INSETTE & VOORSTELLE
Jou insette en voorstelle is vir ons belangrik. Ons nooi graag al ons Pastore wat ‘n NOB-bemagtigingsnaweek in 2022 bygewoon het, vriendelik uit om vir ons openhartige terugvoer, insette en voorstelle te gee. Die NOB-lede sal hierdie voorstelle deeglik oorweeg wanneer beplanning vir die 2023-besoeke plaasvind. Ons sien uit daarna om van jou te hoor!
Hierdie kort aanlyn vraelys sal minder as 3 minute neem om te voltooi:
https://www.surveymonkey.com/r/7MSWWY5
4. AGS WELSYN VAKATURE: CEO (PTA, GAUTENG)
Die Kerk se Welsynsdepartement (beter bekend as AGS Welsyn) het ‘n vakature beskikbaar vir ‘n Hoof Uitvoerende Beampte (CEO) gebaseer in Pretoria, Centurion.
Dankie dat jy ons help om hierdie advertensie so wyd as moontlik in Die AGS van SA Kerk te deel. Volg asseblief die skakel om die vereistes vir hierdie pos af te laai asook instruksies oor hoe om ‘n aansoek voor/op Donderdag, 30 Junie 2022 in te dien:
https://afm-ags.org/vacancy-afm-welfare-ceo-pta/
Ons sien uit daarna om jou aansoeke te ontvang!
Seëninge!
Henri Weideman