Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):
AGS Nuusflits: Vrydag, 24 February 2023
FEBRUARIE
HULPBRONNE
AGS van SA Nasionale Kalender 2023 – Opgedateer met die Nuutste Veranderinge (8 FEB)!
https://afm-ags.org/afm-of-sa-national-calendar-2023/
NOB-Bemagtigingsbesoeke 2023: Datums & Plekke – Jy word hartlik uitgenooi!
https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2023-dates-venues/
AGS Kollega,
1. HERLEWING AAN DIE UNIVERSITEIT VAN ASBURY
Wat ‘n gewone geskeduleerde kapeldiens aan die Universiteit van Asbury sou wees, het verander in ‘n voortgaande ervaring van aanbidding, belydenis, gebed, getuienis en toewyding aan God. Die diens gaan nou al byna twee weke onophoudelik aan, en mense van regoor die Verenigde State stroom na die klein dorpie Wilmore in Kentucky. Op ‘n stadium was daar 3,000 mense teenwoordig in die ouditorium en verspreid oor ander fasiliteite op die kampus – terwyl die dorp se polisie hul hande vol gehad het om die verkeer te hanteer.
‘n Herlewing, of soos sommige verkies om dit te noem, ‘n “ontwaking” – dien om die geestelike lewe van gelowiges te laat herleef en om nie-gelowiges die geleentheid te gee om volgelinge van Jesus te word. Sommige kerkhistorici, kommentators en ander kritici probeer evalueer of dit wat in Asbury gebeur werklik ‘n herlewing is en gebruik die kenmerke van ander klassieke herlewings as meetinstrumente.
Ek gaan nie aannames maak oor of dit ‘n tipiese herlewing of ‘n ontwaking is of behoort te wees nie. Ek is daarvan oortuig dat God deur Sy Heilige Gees werk soos Hy wil en nie altyd volgens “historiese” maniere nie. In teendeel, die Here doen altyd iets nuuts. Die belangrikste meetinstrument volgens die Bybel is die vrugte wat uit ‘n gebeurtenis soos hierdie kom. Die woorde van ‘n bekende Nuwe-Testamentiese professor aan die Asbury Teologiese Seminarium van wie ons gereelde terugvoer ontvang, is relevant: “Whatever you want to call it, this is the first time in years anything like this has happened here!”
Dit is duidelik dat die lewens van baie studente, meestal jongmense, beïnvloed is met ‘n hernieude toewyding en passie vir God. Ek sien dit as baie positief en kragtig. Ek sluit af met die woorde van Gamaliël in die tyd toe die Sanhedrin die bediening van die vroeë kerk probeer evalueer het. Hy het basies gesê dat as die doel of aktiwiteit van menslike oorsprong is, dit sal verdwyn. Maar as dit van God af kom, niemand dit kan keer nie. (Handelinge 5:38)
Laat ons aanhou werk en bid om ook herlewing in ons eie land te beleef.
3. NOB-BEMAGTIGINGSBESOEKE
Hou Die Vuur Aan Die Brand
Ons sien daarna uit om tydens die 2023 Streeksbemagtigingsbesoeke tyd in bediening deur te bring saam met ons Pastore, Gemeenteleiers, Kerkrade, Departemente en lidmate. Die tema vir 2023 is: KEEP THE FIRE BURNING (HOU DIE VUUR AAN DIE BRAND).
Die Nasionale Ampsdraers het gelei gevoel om te fokus op die Geestelike Basis van Missionaliteit en om tyd te spandeer op wie ons is, en hoe ons leef as Heilige Gees vervulde mense en kerk. Ons sal fokus op (i) Ons Roeping as Gelowiges en Pastore; (ii) Daaglikse Tyd met die Woord en in Gebed; (iii) Die karakter, Waardes en Norme van Heilige Gees Vervulde Mense; en (iv) Hoe om die Vuur aan die Brand te Hou in jou Finansies.
Ons deel graag die oorblywende datums en plekke van ontmoeting vir 2023:
Die programme vir Vrydag en Saterdag is beskikbaar vanaf ons webwerf:
https://afm-ags.org/category/events/
Ons sien uit daarna om jou daar te sien!
3. KONFERENSIES: TEKEN DIE DATUMS AAN!
National Youth Conference
Registreer deur die skakel te gebruik: https://forms.gle/z3JYWdCPtYcXK21k7 Laai die omsendbrief af vir meer inligting: https://afm-ags.org/national-youth-conference-2023/
National Men’s Fellowship Conference
Laai die omsendbrief af vir meer inligting:
https://afm-ags.org/national-mens-fellowship-conference-2023/
Vriendelike Groete!
Henri Weideman