Liewe Kollega,
1. GEDRAGSKODE VIR GODSDIENSTIGE ORGANISASIES
Aangaande die kommersialisering van godsdiens, dink ek almal van ons is bewus van die ondersoek en aanbevelings van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe (waarna verwys word as die CRL – “Commission for the Promotion and Protection of the Rights of Cultural, Religious and Linguistic Communities”).
Die AGS van SA het die posisie ingeneem dat daar geen staatsregulering van godsdienstige groepe behoort te wees nie. Ons bepleit selfregulering. Ons baseer ons posisie op 2 gronde, naamlik dat daar genoeg wette in die land is om kommersialisering van godsdiens te stuit en natuurlik die feit dat die land se konstitusie voorsien vir vryheid van godsdiens. Staatsregulering ondermyn hierdie vryheid.
Die Parlement se Koöperatiewe Bestuurs- en Tradisionale Sake se Portefeulje het nie die aanbevelings van die CRL aanvaar nie. Hulle het gevoel dat staatsregulering van godsdienstige organisasies ongrondwetlik sal wees. Nietemin is dit ‘n bekommernis dat godsdienstige misbruik ervaar word in sommige kwartiere. Voorbeelde hiervan is seksuele misbruik en godsdienstige wanpraktyke wat nou die onderwerpe van openbare diskoers is.
Dit is om hierdie rede dat ons ingestem het tot ‘n breë gedragskode vir godsdienstige organisasies soos voorgestel deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Godsdienstige Regte en Vryhede (“South African Council for Religious Rights and Freedoms” – CRRF). Ongelukkig het ons nie die eerste weergawe van die voorgestelde gedragskode vanaf die CRRF ontvang nie. Ons het egter die tweede weergawe ontvang. Die Lede van die NLF (Nasionale Leierskap Forum) is gevra om insette te lewer. Nadat hierdie insette ontvang is het ons Algemene Sekretaris dit aangestuur na die CRRF.
Die onderstreepte woorde en frasies dui die verandering aan die eerste weergawe aan terwyl woorde en frases in rooi die AGS se insette aandui. Ek sluit ook ‘n brief in wat gedateer is 30 Julie 2018 vanaf ons Algemene Sekretaris, Dr Henri Weideman, aan die Sekretaris van die CRRF met verdere opmerkings vanaf ons kant. Hierdie dokumente kan hier afgelaai word:
Proposed Code of Conduct for Religions in South-Africa 2
Letter to SA Council for Religious Rights and Freedoms (003)
2. GRONDONTEIENING SONDER VERGOEDING
Hierdie is ‘n emosionele kwessie wat tans in die publieke domein is. Die AGS het ‘n voorlegging gelewer aan die Parlementêre Komitee wat die kwessie hanteer. In ons voorlegging het ons ook die geleentheid om ‘n mondelinge voorlegging te maak versoek. Ons word die geleentheid gegun om op 5 September 2018 ‘n mondelinge voorlegging te lewer. Vir hierdie doel vra ons jou gebede. Ons sal ook verdere insette waardeer wat bydra tot ons geskrewe voorlegging wat ons vroeër gemaak het. Hierdie voorlegging is beskikbaar by die volgende skakel:
http://afm-ags.org/category/media/
Verdere insette kan ge-epos word aan:
viewpoint@afm-ags.org OF chantalle@afm-ags.org
3. AGS ALGEMENE BESIGHEIDSVERGADERING (GBM) EN NASIONALE KONFERENSIE
Die 2018 AGS Algemene Besigheidsvergadering (GBM) is geskeduleer vir 10-13 September 2018 te Woord-en-Lewe in Boksburg (Gauteng). Die Nasionale Konferensie begin al egter die Sondagaand, 9 September 2018 en sluit af op Woensdagaand, 12 September 2018.
Ons will alle pastore aanmoedig om te registreer en vroegtydig te betaal om onnodige administrasie te voorkom by die GBM. Vermy om in lang rye te staan en verseker dat jou registrasie ondervinding positief is. Alle inligting rondom registrasies is beskikbaar op die AGS webblad:
http://afm-ags.org/category/events/
Neem ook kennis dat registrasies aanlyn gedoen kan word:
http://afm.easychurch.co.za/?page_id=253
Daar is belangrike wysigings aan die konstitusie ( of “constitutional amendments”) wat bespreek gaan word vir goedkeuring deur die 2018 GBM. Hierdie wysigings gaan ‘n beduidende impak hê op die verkiesing van Ampsdraers in 2020. Die wysigings handel oor die ondervinding wat benodig word van diegene wat verkies word om die kerk op ‘n streeks en nasionale vlak te lei, oorgangsmeganismes vir die na-verkiesings tydperk, oriëntasie van nuut verkiesde Ampsdraers en hul kern verantwoordelikhede. Jou bywoning en deelname sal bydra tot hierdie besprekings en besluite wat geneem moet word.
Sondagaand (09.09.2018) sal daar ‘n spesiale diens wees om die 110de Verjaarsdag van die AGS van SA te vier. Spesiale gaste van ander kerk organisasies is genooi om hierdie spesifieke diens by te woon. Jy kan nie bekostig om dit te mis nie! Verder het ons spesiale “PCD” sessies wat voordelig sal wees vir beide pastore en lidmate van die kerk.
Ek moedig alle pastore, gemeenteleiers en lidmate van die kerk aan om hierdie belangrike geleentheid by te woon. Ek sien daarna uit om jou te ontmoet by die 2018 GBM in Boksburg!
Seënwense!
MG Mahlobo